Cele gemaan om permanente Opod-hoof aan te stel

Bheki Cele. Foto: @GovernmentZA/Twitter

Bheki Cele, minister van polisie, het sy eie sperdatum van September misgeloop om ʼn permanente hoof van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), aan te stel, het die Demokratiese Alliansie Maandag gesê.

Die waarnemende hoof, Victor Senna, is al 232 dae lank in die amp, het DA-LP en woordvoerder oor polisiesake, Andrew Whitfield, gesê. “Dit is ook al 81 dae sedert die minister aan die parlement gesê het dat dié noodsaaklike instansie teen September vanjaar ʼn permanente hoof sal hê. Vandag is die laaste dag van September en die instansie het nog steeds nie ʼn permanente hoof nie.”

Whitfield het gesê Opod kan nie sy mandaat vervul om korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bestry sonder sterk leierskap nie. “Slegs 894 uit 6 153 sake is gedurende April – September 2018 afgehandel, aldus die Opod-halfjaarverslag. Dit is slegs 14,5% van al die sake wat by hulle aangemeld word.”

Hy het bygevoeg Opod het steeds ʼn gebrek aan kapasiteit en hulpbronne. “Die huidige personeelkorps van 2 519 lede en die groot agterstand in sake ondermyn sy vermoë om ʼn doeltreffende waghond te wees om ons polisie aanspreeklik te hou en verhinder pogings om ʼn eerlike en professionele polisiediens te verseker.”

Die DA versoek opnuut ʼn toegewyde, onafhanklike en beslissende leier vir Opod. “Suid-Afrikaners verdien ʼn eerlike en professionele polisiediens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

sweis ·

Hoe stupid is dit 2500 lede om die wetstoepassers te polisieer oor hulle geen dissipline en leierskap het nie,ek gaan dit weer sê gee ons n onafhanklike tuisland waar ons onsself kan regeer sodat ons ontslae is van hierdie tipe onbevoegde narre.

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar julle HET dan ‘n onafhanklike tuisland gehad van 1652 af tot 1990……….en toe gee julle dit weg? Nou skree almal weer vir ‘n “eie” tuisland? Ek verstaan nie….. As jy nie die eerste een kon oppas, ontwikkel, uitbrei en verdedig nie……..hoe beplan julle om die “nuwe een” te versorg?

Anoniem ·

Belaglik klomp narre nie een minister vat hul pos ernstig op nie. Datums word net uit geskuif tot almal vergeet kyk maar dieselfde met die e tol dit moes einde Augustus afgehandel wees maar nog steeds niks gebeur. Hoekom? Want hulle het nie die vermoee om probleme op te los nie hulle kan dit wel veroorsaak.

Johan ·

Hulle’t nie die kognetiewe vermoë om iets aan die minister-met-sy-hoed voor te skryf nie. Die hoofnar sit met ‘n total onbevoegde polisiemag wat ‘n skrikbewind teen ons blankes voer! As die dom minister tog maar kon aandag gee aan bv. Anton van Tonder van Cullinan se saak waar hy hierdie hopelose SAPS hom, eerder as die sand-diewe kon toesluit…..

Ons sien elke dag die magmisbruik, die hoë range sonder kwalifikasies, dronk lede aan diens, die diefstal van die SAPS se geldkoffers, maar meneer dink hy is die “man of the match!!” Hoe gouer hulle van hom ontslae raak, hoe beter!!

Willie ·

Gemaan, miskien moet iemand vir Cele son, sodat hy die lig kan sien?

Jerry ·

Net vir die interessantheid, OPOD presteer lankal swak, die nie ‘n nuwe ding nie. Die persepsie dat Robert Magoos Bar Bride die plek goed laat werk het, is totaal verkeerd. Kyk maar hulle jaarverslae. En kyk hoe vrot is die SAPD en metropolisie van korrupsie

Maljan ·

Moes die man al lankal op pensioen gewees het nie? Dalk het sy hoed weggewaai en het sy kaal kop te koud gekry om te onthou! Gee hom n hoed.

Willehond ·

Hy wag sodat sy kandidaat net gou graad R slaag vir die derde keer. Dan sal hy hom aanstel. Terugwerkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.