Cele maak skokbesonderhede bekend by student se begrafnis

Cele tydens die begrafnis.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, het Saterdag by die begrafnis van Uyinene Mrwetyana (19) in Oos-Londen skokbesonderhede oor haar laaste oomblikke bekend gemaak.

Mrwetyana, ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Kaapstad, het op 24 Augustus vermis geraak. Verlede week het dit aan die lig gekom sy is verkrag en met ʼn skaal doodgeslaan in die Clareinch-poskantoor, waarna haar liggaam in Lingelethu-Wes gestort is. Die man wat glo erken het dat hy die jong vrou vermoor het, is ʼn 42-jarige poskantoorwerknemer.

Volgens Cele het die verdagte glo vir die polisie van Mrwetyana se laaste oomblikke vertel in ʼn bekentenis. “Ek het gehoor dat daar ander vroue is op wie hy dieselfde modus operandi probeer gebruik het,” het Cele gesê.

Hy het gesê Mrwetyana het hard teruggebaklei teen haar moordenaar. “Sy het haar balans verloor en geval. Hy het haar toe verkrag. Sy het weer opgestaan en baklei. Hy het toe ʼn voorwerp in die hande gekry en haar doodgeslaan.”

Volgens Cele het die verdagte aan die polisie gesê hy het besef wat hy gedoen het en het ná die voorval drank gaan koop en begin drink aangesien hy nie geweet het wat anders om te doen nie.

“Hy het haar liggaam toegedraai en dit in ʼn motor se kattebak gelaai en dit geneem na waar hy woon. Hy het hierna die liggaam verbrand, ʼn vlak graf gegrawe en haar liggaam daarin geplaas.”

Uyinene Mrwetyana

Die poskantoorwerker is volgens Cele voorheen van poging tot verkragting aangekla, maar die klag is later teruggetrek.

Cele het ook bekend gemaak dat pres. Cyril Ramaphosa opdrag gegee het dat alle sake van verkragting en aanranding wat teruggetrek is, hersien word, veral waar vrouestudente by betrokke was.

Hy het gesê daar is ʼn voortgesette oorlog teen vroue in die land en het ʼn beroep op ouers gedoen om hul seuns verantwoordelik groot te maak.

“Macho seuns dink hulle besit alles van vroue. Daar is ʼn 13-jarige wat vir moord in hegtenis geneem is en ʼn 12-jarige wat vir verkragting vasgetrek is. Mense staan op en vra waar is die polisie. Ek dink ʼn mens moet vra waar is die ouers?”

Cele het ook ʼn beroep op alle polisiebeamptes in polisiestasies reg oor die land gedoen om nooit slagoffers van misdaad weg te wys nie, veral nie vroue wat aan geslaggebaseerde geweld onderwerp is nie.

“Dit is nie julle as polisiebeamptes se werk om vir vroue wat sake van seksuele aanranding en teistering aanmeld te vra watter klere hulle aangehad het tydens die voorval nie. Julle moet hulle met uiterste professionaliteit en sorg behandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JV ·

Gaan die arme tannie wat op n plaas buite Bethelem vermoor is, se familie ook besoek word. Sy is ook wreed aangerand en vermoor. Sterkte vir die tannie se familie.

Matewis ·

Jy wou seker jou kommentaar onder die tannie se berig geplaas het… Die ras van ‘n slagoffer of wie by die begrafnis was maak nie die seer minder nie. Ons is nie baie verdraagsaam nie en baie selfgesentreerd. ENIGE moord op ENIGE persoon is erg. In enige samelewing sien mense oor die algemeen die moord van ‘n jongmens as “erger”. Lesufi was by die skool van die ontvoerde dogtertjie, het jy daar ook kommentaar gelewer en gevra of hy na elke ontvoering besoek gaan aflê? Sterkte aan haar geliefdes en ALMAL wat a.g.v. geweld ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.

$ ·

Lesufi was daar nie oor die meisietjie ontvoer is nie, maar oor die meesterbrein agter die ontvoering´n onderwyseres in diens van die skool (en dus sy verantwoordelikheid) is.

Nel ·

Is dit nou die tyd en plek om by ‘n begrafnis al die gruwel besonderhede bekend te maak?? Die strofe uit ‘n gedig van R Kipling maak elke keer as ek dit lees vir my meer en meer sin… “East is East, and West is West, and never the twain shall meet”. Kulture en denkwyses wat soos dag en nag van mekaar verskil.

Asmain ·

Dit is nou regtig nie die tipe inligting wat die familie op n begrafnis wil hoor nie…respek vir niks, alles ontaard in n politieke sirkus

Willehond ·

Ag dis net als blah blah! Hy was maar heeltemal stil gedurende die gemors die laaste ruk nou wil hy darem ook iets se!

marieta ·

dis baie opvallend dat daar niks gese en gedoen was by die ander jong vroue wat ook in die kaap vermoor is nie….. Jesse en Meghan en baie ander ….en die president en media het geskitter in hulle afwesigheid….. is hulle dood minder belangrik…. is hulle ouers en gemeenskappe minder belangrik? …. daar is so baie jong vroue onlangs vermoor en hulle geliefdes was nie besoek nie…. is dit diskriminasie of is ek en ons gemeenskap net ekstra sensitief?….

Elize ·

Ek kyk nou die nuus en wonder net wat die jongeling se dood dan nou soooo uniek gemaak het dat daar n tv uitsending van haar diens gemaak moes word. Het ek iewers iets gemis?

Tinkerbelle ·

En die ras van die seun wat die 2 dogters in hul koshuis vermoor het? En die ras van die seun wat sy hele familie vermoor het om die plaas te erf? En wat van die ras van die dogter se 13 jarige boetie wat haar molesteer? Mens kry goeie en slegte mense in alles rasse. Wat van die SWART seun wat ‘n tannie voor ons skool gehelp het om haar kar uit die pad te stoot terwyl die WIT seuns vir haar gelag het? Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie… Ek werk by ‘n skool wat baie gemengde rasse het en sien goed en sleg by alle rasse. Opvoeding bepaal gedrag, nie ras nie. Iemand is vermoor en nou maak ons dit ‘n politieke gesprek en vat dit terug na ras. Ai, dit is baie hartseer… Ek kan verstaan dat omstandighede in die land ons haat teenoor ander rasse aanblaas, maar as ons ander so oordeel op grond van ras, is ons nie aan dieselfde skuldig nie?

INA ·

Ek dink die wedersydse haat in hierdie land, maak mense sò afgestomp, dat hulle nie enige simpatie of empatie met ander se pyn & hartseer het nie… Ek is bàie jammer vir die ouers & geliefdes vd oorledene. Haar dood was wreed &
èlke ouer behoort daardeur geraak te word. Èk het ñ kleindogter wat ook tans besig is om te studeer aan ñ bekende Universiteit. Hulle was bykans ewe oud & as so-iets met haar moet gebeur, sal ek my verstand verloor!!! Die moordenaar het ñ goeie landsburger se lewe op ñ gruwelikke wyse geneem; wàt het kleur daarmee te doen??? Mý hart bloei vir haar geliefdes, asook dié van die dame wat op haar plaas by Betlehem vermoor is.. Dis wreed & daar gaan nog talle mense op diè wyse sterf. Ek huil oor èlke moord & bid dat God sal ingryp & dinge in ons land sal verander… Ons is àlmal bang dat een van ons, òf ons geliefdes volgende sal wees… Hierdie dinge gebeur oral, maar dit gaan erger in SA as in meeste ander lande. Vergeet van ras & kleur & bid vir genade… Ons kan in èlk geval, niè àlmal die land verlaat nie!!!

Nie minder nie ·

Ina, dit gaan nie daaroor dat die dood van ´n ander ras minder saakmaak of hartseer en seer is nie: dit gaan daaroor dat dit onkonsekwent hanteer en betreur word deur die land se leiers – hulle tree na vore slegs wanneer ´our people ´ geraak word, en is tjoepstil wanneer die slagoffers nie van ´our people’ is nie.

Chris ·

Hy vra waar is die ouers wat doen hulle? Sy regering het mos n wet daar gestel dat n kind nie getug mag word tydens sy op voeding nie. Sy regering het mos die grondwet so opgestel dat n krimineel meer regte as sy slagoffer het. Sy regering het mis die wet opgestel dat n krimineel onskuldig is tot dat hy eendag skuldig gevind sal word. Nou wil hulle op die wa spring en dreig met ernstige stappe. Net alkes praaitjies vir die afgelope 25 jaar want as hulle optree sal hulle stemme verloor . Net as jy wit is werk sy regering se wette anders

Wees Wys ·

Verskillende faktore speel ‘n groot rol in misdaad, oa dwelms en dagga. Die grootste vyand van huwelike, vroue en dogtertjies vandag is egter die monster wat veilig wegkruip binne-in elke huis en binne-in die selfoon en alle toerusting waarop internet beskikbaar is. Dit is die monster pornografie. Terwyl hierdie monster uit die hel vrylik onder ons rondloop, sal die een verkragting en moord na die ander plaasvind. Ons moet dit verwag, want ons laat hierdie monster toe om tussen ons te woon. Kombineer verskillende verslawings en jy het die perfekte resep vir nog ‘n verkragting en moord. Ons samelewing maai slegs wat ons saai.

Kallimaari ·

Chris, die sg. wet van “onskuldig tot skuld bewys” is nie ‘n ANC wet nie, dis ‘n internasionale aanvaarde regs-praktyk, wat ek bid nooit verander nie. Sou dit verander soos ek vermoed jy hoop, kan (sal) dit ontaard in ‘n monster wat teen werklike onskuldige mense gebruik sal word. As jy op aanklag skuldig verklaar word, sal die staat geen vinger verroer om jou onskuld te bewys nie. Hulle sal bloots agteroor sit en kyk hoe jou hofsaak oneindig voortsleep terwyl jy in aanhouding is weens jou skuldige status.

Lia ·

Tinkerbelle, ek stem 100 % saam met jou! Mense moet besef dat die geveg tussen goed en sleg is, ipv tussen swart en wit. Dan sal ons kan hande vat en saam opstaan teen alles wat verkeerd is!

John ·

Ons kort nou net nog ‘n SABCD… die D vir begrafnisuitsendings wat nou feitlik daagliks die limelight gooi op die grillige gebeure in diè land en ‘n begroting spesiaal vir die helde en beroemdes wat daagliks ons midde verlaat. Die minister is reg: Waar is die ouers? Dit is hulle wat ons kinders moet opvoed en waarsku en oppas… wie ook misdadigers se ouers is/was, wat hul taak versaak het, of kom alle misdagers van Mars of Jupiter? Waarom moet begrafnisse die geleentheid wees vir verontkuldigings en die vertoon van modehuise se nuutste uitrustings… vir ‘n groot aanloop vir nog ‘n sad show?

Ed ·

Ongesien ras of kleur, as iemand doelbewus en vooraf beplande moord pleeg moet hy die doodstraf kry

Heidi ·

Stem saam met n vorige kommentaar, haal die politiek en raskleur uit. Dis n tragedie dat vrouens en kinders afgemaai word, baie keer deur n man wat of die pa of man is. Cele se ook n waar ding, waar is die respek wat veronderstel is om geleer te word in die ouerhuis. Kinders word in hoeveel gevalle in vaderlose liefdelose huise grootgemaak. Die Woord word nie geleer nie, naasteliefde en respek word geignoreer. Intussen word die een gruwelike moord na moord gepleeg. Al gaan Cele na elke moord toneel in SA , ongeag van kleur. Ons land is in n geweldskrisis en om verder bitterheid en verdeling te verkondig help niks.

In diepte ·

Ek is regtig jammer vir almal wie hul onskuldige lewens op so ‘n wrede manier moes verloor. Ek voel net die skuldiges moet swaarder gestraf word. En daar is van julle wie vra hoekom sekere sake die land tot stilstand gebring het. Sy was ‘n student en ek dink die studente self het die optog begin. Dis al verskil, en steeds is daar weer hoeveel vroue na die optogte vermoor. Steeds gaan die skuldiges voort want straf is speletjies vir hulle

laspos ·

My ondervinding van die polisie nadat sake aangemeld is ,het keer op keer bewys dat elke polise lid dink hy /sy is n regter en dat hulle sal besluit wat en wie vervolg sal word en hoe die klagstaat sal lyk,dit is hoekom so min mense vetroue in die polise het,met my laaste saak was die oorspronklike verklaring gekopieer die oorpsronklike verklaring vernietig, toe is die kopie by die hof ingehnadig en die saak is uitgegooi wees die oorspronklikheid van die verklaring, albei die polisie lede betrokke by die saak is toe aangekla en het, nadat ek n skriftelike klag aanlyn ingedien het ,net n skriftelike waarskuwing ontvang deur die ondersoel span.Bitter swak diens en omkopery is aan die orde van die dag.

JD ·

Ek stem saam met baie van die kommentaar hier genoem. Lees die boek van dr Jan Bothma “Pornografie. Sal jy hierdie dwelm neem?” Hierdie boek is gebaseer op wetenskaplike navorsing oor die uitwerking van pornografie op die menslike brein. Misdade soos verkragting, molestering, gewelddadige optredes en geweld teen vroue en gesinsgeweld, kan na pornografie herlei woord. Dis tyd dat sulke navorsing bekend bemaak word in ons skole en gemeenskappe. Maak gebruik van die navorsing wat hierdie man bied.

Aggies ·

@Tinkerbelle
Ek stem volkome met jou saam. Dit gaan heeltyd of dit wit of swart was.
Ekt al my kollega se Daily Sun gevat en deurgeblaai. Gaan kyk wat gaan in die invormele nedersettings aan. Ons lees nie alles wat in hulle woon gebiede aangaan nie. ALMAL KRY SWAAR IN SA. ALMAL GAAN GEBUK ONDER MISDAAD MOORD EN ROOF!!! Kom ons bid eerder vir ons mooi land en probeer weer die ARK bou. One Act of Random Kindness a day!!!

johan twee ·

Toe Bheke Cele daadwerklik hardhandig teen die skelms wou optree wou die mense regte mense hom kruisig en het hom biae sterk veroordeel so wat moet die arme man doen Hy wou rowers voor die voet skiet .toe was die hel los !!! miskien moet ons eers hierdie mense regte ouens/vrouens in lyn kry. ????

Attie. ·

Al wat sleg is aan die MM nuus is die spul simpel kommentaar. Skaf dit af asb MM

Vossie ·

Genl???? Hy is lankal nie meer ‘n Generaal nie. Hy is ‘n Minister.

Magda ·

Die Polisie is nie wat dit moet wees nie, maar JA waar is die ouers ? Die mense maak net kinders om kinder toelaag te kry, daar meot n WET in gebring word -Jy kry toelaes vir net 2 -3 kinders – as jy meer het – jou probleem want hoeveel kinders word weggegooi maar word daar ooit weer opgevolg of daai geld wat uitbetaal word. SO jammer dat onskuldige mense wo wreed verkrag en vermoor word en ONS patetiese regering – NOU JA daar is nie n woord om hulle te beskryf nie – JULLE SKULD IS AL WAT EK SE. JULLE SKULD.

Dries Moolman ·

“Ouers moet hulle seuns verantwoordelik grootmaak.” Interessant. Is die President nie bewus van die statistieke rakende die ‘gesins-model’ in SA nie? Meerderheid pa’s afwesig. Ma’s ongetroud. Ouma maak kleinkind groot. Begin deur mense te leer van verantwoordelike optrede as dit kom by die MAAK van die seuns!

Engelsman. ·

Be glad that the students demanded something must be done about gender violence. Uyinene is a symbol for black and white women in South Africa. They have at least at last got a reaction from Government for harsher sentences and no bail for sex offenders. No woman is safe going to the Post Office, a restaurant toilet at home etc etc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.