Cele moet opskud met nuwe Opod-hoof, sê komitee

Bheki Cele. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Die portefeuljekomitee oor polisie het minister Bheki Cele gemaan om die proses te versnel om ʼn nuwe hoof vir die Onafhanklike Polisiedirektoraat (Opod) aan te stel.

Die komitee het Donderdag gesê die minister sal skriftelik uitstel moet vra by die speaker van die Nasionale Vergadering vir die aanstelling ná die komitee verlede jaar besluit het om nie die kontrak van die voormalige Opod-hoof, Robert McBride, te hernu nie. Die komitee het reageer op ʼn aanbeveling deur Cele.

“Die Opod-wet bepaal dat die minister die vakante pos binne ʼn redelike tyd, minder as ʼn jaar, moet vul,” het die komitee bygevoeg. “Die kontrak van die voormalige hoof het op 28 Februarie 2019 verstryk, wat beteken ʼn nuwe hoof moes teen 28 Februarie 2020 aangestel gewees het. Die komitee maan dus die minister om die proses te versnel om ʼn geloofwaardige kandidaat te nomineer sodat die komitee en die parlement die nominasie kan bevestig of verwerp.”

Die komitee is van mening dat ʼn bevoegde persoon aangestel moet word om aan die hoof te staan van só ʼn noodsaaklike instansie. “[Opod] is die waghond oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die komitee is dus in afwagting dat die minister die aanstellingsproses moet afhandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael ·

Ek dink Oppod is net nog n bodemlose gat vir belasting geld,hulle taak is om die disfunksionele polisie te polisieer,maar wie polisieer hulle. Die vorige hoof was n persoon met n kriminele agtergrond so wie is volgende in lyn tsafendas se neef?

Nie Verbaas ·

Is dit moontlik om iemand aan the stel wat volkome bevoeg is en nie sal toelaat dat hy/sy geboelie word om gunstige besluite te maak nie?

Genis ·

Besig om die CV te bestudeer om te kyk of hy of sy krimineel opgewasse is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.