‘Cele ‘n belediging vir landbou’

Bheki Cele toe hy nog nasionale polisiehoof was. Foto: GCIS

Bheki Cele toe hy nog nasionale polisiehoof was. Foto: GCIS

Bheki Cele se aanwysing as die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, is ‘n belediging vir die landbougemeenskap, het die Vryheidsfront Plus gesê.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor grondsake, sê Cele se aanwysing is ‘n belediging aangesien hy as kommissaris van polisie onthef is uit sy pos weens wanadministrasie en korrupsie.

“Cele is daarom eintlik nie geskik vir enige uitvoerende pos nie, maar die ANC beskou hom as goed genoeg vir die landbou wat op ‘n eerbare manier voedsel verskaf in Suid-Afrika. Die media het vroeër vanjaar ook berig die OB-ondersoek het onder meer voorlopig bevind dat Cele nie gekeer het dat geld onreëlmatig verkwis word met die bouwerk by Nkandla nie.”

Groenewald sê Cele was sedert Julie 2009 polisiehoof, maar dat hy in Oktober 2011 geskors is en in Junie 2012 afgedank is. “Dit is duidelik dat die regering drastiese grondhervormingsplanne wil deurvoer en nie kans sien dat ‘n persoon soos dr. Pieter Mulder in die uitvoerende gesag is waar hy die regering kan ontbloot vir sy hervormingsplanne nie.”

Groenewald sê landbou is ‘n strategiese bedryf en regverdig ‘n ervare en kundige minister en adjunkminister ter wille van die boere van Suid-Afrika. “Die waarde van dr. Mulder as adjunkminister van landbou, bosbou en visserye gaan nou eers besef word weens sy afwesigheid wat landbou gewis tot nadeel sal strek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Franco ·

Maak nie saak waar hy geplaas sou word nie, hy is in elkgeval ‘n belediging in enige pos.

henk ·

Wat is erger, die verleentheid wat cwele vir landbou is, of die verleentheid wat Zuma vir SA is? Ek vra maar net……

Grassie ·

Natuurlik sal die VF+ raas omdat Cele aangestel is. Dit beteken dat Zoempas hulle leier uit die soustrein uitgesmyt het. Dit kan egter vir ons ‘n goeie gevolg hê. Nou dat Dr Mulder nie meer ‘n amp het wat hy moet oppas nie, en boonop kwaad is, kan hy dalk uiteindelik begin om die taak te verrig waarvoor die behoudende Afrikaners hom aanvaklik ingestem het.

jakes ·

Cele: Shoot to kill. Hoop die plaasaanvallers en nie die boere. Goddank Tina WEG- SY onbevoeg vir enige pos.

JOHANNES BLOM ·

GRASSIE HET jy enige bewys vir die vraag oor Dr Mulder en die soustrein indien nie mot jy stil bly want Dr Mulder was in sy 5 jaar as adjunk minister nooit let wel nooit in die nuus oor wan gedrag of verkwisting van geld nie.Om Cele daar te he is so goed jy vat ‘n straatleer en maak hom adjunk minister.Met die NOP en grondhervormming is dit beteken hy is nie daar nie want nou kan die DA nie WOLF skree nie.Dr Mulder het baie ruggraat meer as wat baie ander politici kan se en sou ek jou vra om te pasop wat jy se.

Grassie ·

JB – Ek het so groot geskrik vir jou dreigement om te pasop dat my broek begin bewe het en my tande klap so brrrrrr opmekaar.
Jy moet liewers jou taalgebruik, sinsbou en algemene skryftrant in orde kry voor jy met grootmense probeer kommunikeer. Jy skryf ‘n geradbraakte Afrikaans.
Net so terloops – om op die soustrein te wees beteken nie noodwendig oneerlikheid nie. Dit beteken dat jy in ‘n lekker possie sit waar jy ‘n buitensporige salaris, toelae en ander voordele kry waarvoor die arme belastingbetaler moet opdok.
Wat die “ruggraat” betref waarvan jy skryf – as Dr Mulder dit nou begin wys en ‘n vegter vir die Afrikanersaak word sal ek hom begin steun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.