Cele ook na Wes-Kaap oor polisiemoorde

Bheki Cele, minister van polisie, tydens sy besoek aan KwaZulu-Natal die afgelope week. (Foto: SA Polisie)

Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek Dinsdag ook Wes-Kaap ná ʼn vlaag bendeverwante moorde en ʼn lokval wat die afgelope naweek tot die moord op twee polisiebeamptes gelei het.

In een van die jongste voorvalle in dié provinsie is sers. Mnakwazo Mdoko (46) en konst. Mninawa Breakfast (28) Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn patrollie in Kraaifontein in ʼn hinderlaag gelei en doodgeskiet. Hulle is van hul dienspistole beroof.

Een verdagte is reeds in verband met die moorde aangekeer.

Cele sal na verwagting ʼn oorsigbesoek aan die Kraaifontein-polisiewyk bring en sal daarna Mdoko en Breakfast se familielede besoek.

Cele sal ook die Mitchells Plain-polisiestasie besoek ná die onlangse vlaag moorde in die gebied.

Die minister het reeds KwaZulu-Natal die afgelope week besoek nadat vier polisiebeamptes verlede week in die provinsie vermoor is. Cele het vroeër gesê die polisie in KwaZulu-Natal is onder beleg.

Maroela Media het berig sersante Makhosaze Mdlangathi en Mfikelwa Mtolo, verbonde aan onderskeidelik die Plessislaer- en Richmond-polisiestasie, is voorgelê en deur gewapende aanvallers in Taylor’s Halt in die uMngungundlovu-distrik vermoor.

Konst. Royal Mfihloyakhe Ndlovu het verlede Donderdag op ʼn voorval van gesinsgeweld in Chatsworth gereageer. Nadat hy die huis binnegegaan het, is die 44-jarige Ndlovu in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood.

Sondag is konst. Mbuso Nzimela aangerand en doodgesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frederik C ·

Miskien gaan hy hierdie keer self probeer “kitesurf”.

Genis ·

Ai wat kan se, rampokker veld, en dink van die diennaars kan ook vuil wees… Mens moet oppas wie jy oppas… SA is eindelik n toksiek konkoksie van rampokkery…

Hennie J ·

Dit is n skande hoe ons polisie nou uitgemoor word, n skande wat aan die deur van hoedman en sy kaders gele word. Onwillekeurig moet een nou ook vra of die ongekende vlaag moorde op polisielede nou die piesangregering tot die besef sal bring waardeur ons boerdery gemeenskap elke dag gaan as sitting ducks sonder enige diensbare polisieplanne en optrede.
Algehele anargie is ons voorland en my pleidooi is: wees voorbereid!

Stephanus ·

Hennie, op jou vraag is my mening dat, solank hoedjie daardie pos beklee, is die kanse skraal dat hulle die gemeenskap beter sal kan dien. As hy kan tee drink saam met die wetteloses kan hy, en diegene wie hy verteenwoordig, as ondersteuners van die wetteloses besou word. Die energie, bronne en tyd wat daar bestee was om van mees onsinnige covid regulasies af te dwing, skep die indruk dat hy en diegene wat hom adviseer, n gebrek aan insig oor die werklike toedrag van sake in die land toon. Meer geweldadige optrede teen die polisie kan verwag word solank as wat hoedjie sy volgelinge in die openbaar tot groter geweld aanspoor. Hy vervul nou nie meer n lynfunksie nie en moet daardie tipe gesprekke vir diegene los wat aan die hoof van die polisie staan. Laastens, sal daar meer selektief te werk gegaan moet word met die werwing van polisie lede. Daar is net te veel lede wat by kriminaliteit betrokke is terwyl die fisiese postuur van sommige lede die diens skade berokken.

Lindi ·

Sjoe die man ontaard in ‘n professionele “traveller” Vlieg hy sootoe?

Pieter ·

Ek is seker hy doen…… Met SAA…… Op die belastingbetaler se onkoste, want dis mos vir “amptelike pligte”

Hennie J ·

Nee hy ry seker, want dan kan hy meer wit mense intimideer.

Vernon ·

Nee maar dis mos strande oppas,plaas dat hy planne beraam om geweld te stop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.