Cele oor Senekal: ‘Dis nie ʼn piekniek’  

Bheki Cele buite die hof. Foto: Christel Cornelissen

“Dis nie ʼn piekniek nie. Dit weet ons almal.”

Só het die minister van polisie, Bheki Cele, buite die landdroshof in Senekal gesê waar twee vermeende plaasmoordenaars aansoek doen om borgtog.

Sekwetje Mahlamba en Sekola Piet Matlaletsa word beskuldig van die moord op die 21-jarige Brendin Horner, ʼn plaasbestuurder van die streek.

Saam met Cele is die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo. Die leier van die EFF, Julius Malema, is ook in die hof.

Volgens Cele het sowat 3 000 mense van verskillende organisasies of partye Vrydag na die dorp opgeruk. Geen ernstige voorvalle is tot dusver aangemeld nie.

Cele sê die polisie het sedert Donderdag sy teenwoordigheid in die dorp beduidend verskerp. Verskeie hooggeplaaste offisiere is boonop sedert verlede week, toe chaos aanvanklik tydens die beskuldigdes se eerste hofverskyning uitgebreek het, op die dorp om die situasie te monitor.

Cele sê een mens is tot dusver vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen in hegtenis geneem. Verskeie padblokkades is in die omgewing opgestel en volgens die minister is verskeie gewapende mense aangesê om terug te draai.

Julius Malema, Bheki Cele en Ayando Dlodlo in die hof. Foto: Christel Cornelissen

Die twee beskuldigdes se borgtogaansoek word na verwagting laatmiddag hervat en volgens die minister is die polisie voorbereid op enige gebeurlikheid.

“Ons sal wat ook al die uitspraak [oor die borgtogaansoek] is, hanteer,” het hy gesê.

Dlodlo het gesê hoewel geen groot voorvalle aangemeld is nie, was daar plek-plek oproer “wat ʼn mens sal vind wanneer mense met verskillende sienings bymekaarkom”.

Sy het ook gesê sy glo nie dat mense vandag na die dorp gekom het met die spesifieke doel om geweld aan te hits nie.

Volgens die polisie word nog inhegtenisnemings ook steeds verwag in verband met verlede week se oproer. André Pienaar, ʼn sakeman van die dorp, is tot dusver die enigste persoon wat in verband met die geweld buite die hof aangekeer is. Hy is steeds in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Net ek ·

Sy ook gesê sy glo nie dat mense vandag na die dorp gekom het met die spesifieke doel om geweld aan te hits nie.

Kom aan wie glo hierdie stelling van Dlodlo. Die eff het dan reeds gesing kill the boer kill the farmer, wat is dit anders as geweld aanhits?? Aangesien borg vir Mnr Pienaar nie toegestaan was nie, sal dit net wys hoe korrup die regstelsel is as hierdie 2 moordenaars borg kry………………..

Misky ·

Sy dink nie mense het gegaan om geweld aan te hits nie….. Is sy doof en nie gehoor wat die EFF skares vanmore gesing het van “Kill the Boer” nie? Ag asseblief tog man en lieg vir iemand anders!!!!

Debbie ·

Hoe sê hulle “Birds of a feather , flock together” Hoekom nog wonder oor hulle.

Pieter Rubeus ·

Dit is baie duidelik vandag dat CELE en MALEMA die terroriste is. Daar was geen rede vir die EFF om daar te wees in die eerste plek nie. Cele se plig is om Malema toe te sluit daar en dan vir opstokery en publieke oproer. Die EFF is lankal nie meer ‘n politieke party nie en is duidelik ‘n daar vir oorlog en opstokery. Kyk na die plekke waar hul lede was en die skade wat reeds aangebring is en ek sien nog geen arrestasies nie.

Jessica ·

Hulle is kop in een mus. As Malema se mond kan toebly sal baie sake aansienlik verbeter. Malema dra die broek in die huis. Indien enige persoon dink hy is onskuldig aan aanhitsing tot RASSEHAAT en aanmoediging van moor op blankes, gaan sien asb n oogarts, want daar is fout met jou en dalk ook n kopdokter.

Louis ·

Hierdie is net weereens ‘n bewys dat almal in hierdie land, Rama inkluis, bang is vir Malema. Hoekom word hy daar toegelaat, gaan kruip seker weg in die hof oor die papbroek bang is hy kry seer buite. Ek wil weet: “wat se belange het hy by hierdie hofsaak?” Ek weet nie hoekom word hy daar geduld? Hy gee tog nie ‘n blou duit om vir die vermoorde, met ander woorde hy is daar ter ondersteuning van die moordenaars!

Jywilwat ·

Kan enige iemand my sê hoekom malema in die hof toegelaat is?

Charmain ·

In watter hoedanigheid is die EFF by die hof? Om die beskuldigdes te ondersteun of net vir sensasie?

Kokerboom ·

Dit wys weereens dat Min Dlodlo duidelik uit voeling met werklikheid is en leef op ‘n ander planeet.Dit wys ook dat anc diep bang is vir EFF!Ek wonder ook wat die partytjie van BBP’s die belastingbetalers vandag gekos het? Maar nou ja die mense bekommer hul mos nie oor geld..daar is mos altyd!!Hou ASB op die raskaart speel!!!

Chris ·

Every Thing For Free and All Notably Corrupted is kop in een mus. Bevestigend is dat die EFF eintlik die ANC se Junior league vervang het.

Persheks Adri ·

Is dit huh? So die lied wat die rooi petters sing is reg? “Kill the boer.” EFF het klaar die dorp verniel en ons boere maak skoon. 

Jannie van Niekerk ·

Malema sê die EFF is daar om “staatsbates” te beskerm. Dit beteken dat die twee plaasmoordenaars wat in die hof is, die “staatsbates ” is wat hulle beskerm. Cele, Dlodo en Malema sit juis knus langs mekaar om hulle helde, die twee plaaasmoordenaaqrs te ondersteun. En wie gaan met my stry?

Chris ·

Ek as persoon en belasting betaler met geldige TV lisensie, kan verstaan dat hy bekommered was. Gelukkig was ou Julius daar, om sy hand vas te hou.

Annatjie ·

Die eff is die militere vleuel van die anc hulle is broers

Cecilia ·

Niemand behalwe d EFF het gegaan met d doel om geweld aan te moedig. Duidelike bewyse vd wapens wat hul gedra het en d Kill the boer liedjie wat hulle gesing het. D SAPS was te slapg#$%t om hulle te ontwapen soos hulle d boere ontwapen het. Dis n SIEK samelewing wasrin d ANC en EFF d land gedompel het

Esta ·

Cele was lekker bang vir die boere, baie polisie rondom hom, wapens word weg gevat maar nie die EFF s’n nie want hulle is tjommies…

Koevoet ·

Kan Pieter Groenewald aub vir Bheki Cele vra met volgende Parliament sitting, waarom hy nou spesifiek langs Malema moet sit. Is hy daar om Malema se hand vas te hou of Malema syne.
Weet ook nie wat soek Malema binne die hof nie! Hy het mos genoeg van sy eie sake wat hy nie wil bywoon.
‘n Maand gelede was hy reeds GrootBek by een van sy verskynings:
“Any court that requests us to appear without necessarily a trial, is risking our lives and the lives of ordinary people because you will know that as public figures, when we come here, a lot of people will want to interact with us and we don’t know who is in a good state of health and who is not.
Kan nie eers sê Malema het dubbele standaarde, want hy het geen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.