Cele oor tee by JZ – ‘Dit was net water’

Bheki Cele. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Ek het nie tee gedrink nie, net water.” Dit is hoe Bheki Cele, minister van polisie, Donderdag sy omstrede besoek aan oudpres. Jacob Zuma by Nkandla probeer regverdig het. Cele het nie veel uitgewei oor die gesprek nie en net gesê: “Ons het oor verskeie dinge gepraat. Ek het van sy bekommernisse aangehoor en sal sien aan watter hiervan ons aandag kan gee.”

Die besoek kom in die week van Zuma se minagting van die Konstitusionele Hof se bevel wat hom verplig om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Die DA het die byeenkoms intussen as oneties en teenstrydig met die parlement se gedragskode beskryf. Die party wil nou hê die parlementêre etiekkomitee moet Cele se gedrag ondersoek en versoek ook dat hy moet verduidelik in watter hoedanigheid hy met Zuma vergader het.

“Dit is onreëlmatig en ongekend vir ʼn minister van polisie om ‘teepartytjies’ te hou met iemand wat volgens baie mense in ʼn tronksel opgesluit moet word omdat hy die hof se bevel geminag het,” sê Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder.

“Cele het vermoedelik met Zuma in sy hoedanigheid as ANC-NUK-lid vergader. Dit is egter nie toevallig dat die minister deur die ANC gestuur is om met Zuma te vergader nie, aangesien die saak van Zuma se minagting nou verband hou met Cele se portefeulje as minister van polisie.”

Volgens die DA oortree Cele in besonder artikel 4 van die parlement se gedragskode wat bepaal dat parlementslede by alle geleenthede moet optree in ooreenstemming met die openbare vertroue wat in hulle gestel word. Lede moet ook openbare vertroue én vertroue in die integriteit van die parlement handhaaf.

“As Cele nie met Zuma in sy hoedanigheid as minister van polisie vergader het nie, waarom het hy dan by Nkandla aangekom met ʼn polisiekonvooi waarvoor die belastingbetaler betaal het? As openbare geld by hierdie vergadering betrokke was, moet die geld terugbetaal word en die besonderhede van die vergadering openbaar gemaak word. Die voortgesette misbruik van openbare geld vir die interne twis van die ANC moet tot ʼn einde kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Werner ·

Hier is n groot gekonkel aan die gang.Hulle is vrek bang vir Zuma hy regeer lyk my nog steeds.Dit was net oe verblindery dat ou Cyril kwansuis die staaspresident was

Alleen Wolf ·

Natuurlik regeer hy nog deur kopdoek, hulle is geskei op papier maar nie in die werklike lewe nie
As ek of jy die hof minag arresteer hulle jou sumier, sluit hulle jou onmiddelik toe.
Nou wil Cele en kie kyk hoe hulle hom kan tegemoet kom, belaglik verby.
Nou rerig ‘n piesang republiek met ‘ n klomp piesang vretendes aan die stuur

Drico ·

Tee, dop of water…dit maak nou nie n snars saak wat jy gedrink het nie Cele. Binnekort gaan daar by bendelede en moordenaars en wat nog ook tee gedrink word om te hoor watter bekommernisse hul het met arrestasie en hoe hul geakkommodeer kan word…
BELAGLIK EN ERG PATETIES!!

LANA is ELANè ·

Daar gaan niks hiervan kom nie. Almal maak net seker hulle is op dieselfde bl. Eers Malema, nou Cele, wie is volgende wonder ek, seker die magtige ACE.

Persheks Adri ·

Hulle beraam groot planne! Wonder of hulle regtig dink ons vertrou hulle aangesien hulle nie eers weet wat vertrou en integriteit beteken nie pffft!

SomeOne ·

cele jy is nie so cheap om net water te drink, jy is gewoond aan die beste whiskey wat daar is

Porseleintjie ·

Geregtigheid sal nooit seevier in SA nie. Om gedragskodes te verstaan en te leef verg karakter en dis iets waaroor ons regering nie beskik nie.

Gatvol... ·

Hulle kan nou maar vir Zuma toesluit volgens die lasbrief en sommer vir Cele ook vir dwarsboming van die gereg!

Androclus ·

Zuma weet iets wat hulle nie wil hê moet uitlek nie,maar die Zondo kommissie moet hom net druk dan sal die sweer bars.

Misky ·

Hier word reg voor ons oë gekonkel en hierdie flou verskonings is net `n rookskerm. Definitief iets aan die broei en die manne wil stories agtermekaar kry dat almal selfde liegstorie kan opdis as paw-paw die fan slaan

Michal ·

Hey Cele, ek het ook n paar bekommernisse, kom gooi n draai dan kyk jy hoe jy aandag daaraan kan gee, ek sal vir jou lekker yskoue water gee, ek belowe

Alexander ·

Die hele spul is dissipels van satan en ons Hemelse Vader sal met hulle afreken

Persheks Adri ·

Oorlog dis wat hulle soek! Die mentaliteit darem eish

Anoniem ·

Dit kan net in Afrika gebeur dat ‘n minister van polisie ‘n welwillendheidsbesoek aan ‘n krimineel rig om te verneem wat sy griewe is en waarmee hy kan help. Cele moes eerder met 50 Njala’s en 200 polisiemanne daar opgedaag het en hom gearresteer het. Sedert wanneer onderhandel jy met ‘n krimineel?

Anti-Verkramp ·

Ek dink dis nou redelik duidelik dat Zuma tot elke prys beskerm (stilgehou) gaan word. Daar is net te veel hooggeplaastes in die ANC wat in die moeilikheid gaan kom as Zuma uitkom met die sak patats. Die Zondo kommissie is net ‘n rookskerm om te maak asof iets aan die saak gedoen gaan word en om tyd te koop. Ek dink hy gaan ‘n boete kry vir minagting van die hof en die hele storie gaan dan ‘n vinnige dood sterf. Die kriminele sake van korrupsie sal nooit van die grond af kom nie.

Baardman ·

Idioot, wat maak dit saak of dit tee, water of mampoer was…..julle het gekonkel

Jr ·

Dit is die antwoord van n totale dwaas wat dink almal in hierdie land het n distinction van 30% vir matriek gekry.

agnes ·

As ons regeringsministers gaan gesprek voer met kriminele dan weet die hele wereld hoe korup ons regering is. Seker weer n saak van omkopery of waarom het Cele by Zuma gaan water drink? Drink hy ook water by ander kriminele?

Kobus ·

Ons ou landjie is destyds verkoop nou gaan dit net slegter met die gemors wat hier regeer

Herms ·

Almal gaan kuier by zuma omdat almal ‘n vinger in die pie het. Hulle is bang zuma vertel want dan met hule oor tronk toe. Skelm goed.

pompies ·

Hierdie gaan ons miljoene kos want die minister sal nou by elke een wat die hof min ag moet gaan hoor wat is hulle griewe en hoekom hulle nie wil verskyn nie. Hy het nou klaar die voorbeeld gestel. Hy is net so korrup as wat zuma, ace en n hele klomp ander is, onthou die Vd Waltpark gebou saga wat hom sy eerste polisie job gekos het onder zuma. Toe gee cr hom bevordering na minister wys net hoe skelm hulle is want zuma het gese hy moet polisie minister wees.

twaalfboor ·

As EK die wet oortree, gaan hy ook by my kom water drink en van my bekommernisse uitluister?

Lian ·

Nee, Mnr Cele , dis die persepsie dat julle ontmoet en iets bespreek het. As minister van Polisie , kan jy nie met persone onder verdenking gesien word nie . Dus is al die getuienis / bewyse nikswerd en het jy die hofsak(e) gesaboteer. Hoe rym dit met die huidige misdaadvoorkomingsasies ?

Gatvol... ·

Kan ons nou maar ook aandring dat Cyril en Cele eers by ons kom besoek af lê as daar ‘n lasbrief is vir ons inhegtenisneming? Hulle besef nie hulle skep nou vn probleem en verkeerde indruk vir die SA nasie nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.