Cele reageer oor EFF-dreigemente

Popcru sê Malema se uitlatings is ‘n oproep tot geweld teen polisielede en hul gesinne. (Foto: EFF/Twitter)

Bheki Cele, die minister van polisie, het reageer op die EFF se dreigemente dat hulle polisiebeamptes en hul gesinne in hul huise sal uitdaag.

Cele het die uitlating veroordeel en beskryf dit as onverantwoordelik en doen ʼn beroep op polisiebeamptes om hulself te beskerm indien hulle op enige manier bedreig word.

Maroela Media het vroeër berig Julius Malema, leier van die EFF, het oor die naweek direkte geweld teen polisiebeamptes en hul gesinne aangemoedig.

Cele het gesê hy wil Suid-Afrikaners verseker dat sulke dreigemente nie ligtelik beskou word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. “Ek dink die EFF-leier het ʼn lyn oorgesteek. Jy kan nie die polisie dreig en dink hulle gaan net met arms gevou staan nie. Die werk van die polisie is duidelik in die Grondwet uiteengesit – om te beskerm, misdaad te voorkom, dit te bestry en te ondersoek,” het hy bygevoeg. “Die polisie is ook daar om die wet te onderhou en af te dwing. Niemand het die reg om die polisie te dreig terwyl hulle hul werk doen nie.”

Hy is vol vertroue dat polisiebeamptes bekwaam is om hulself te verdedig indien hulle aangeval word. “Die bedreiging van polisiebeamptes en hul families sal nie geduld word nie. Wetstoepassers kan nooit gebruik word as ʼn lokval vir politieke myle nie.”

Die polisievakbond Popcru het vroeër uitgevaar oor Malema se uitsprake. Malema het in Mohokare tydens ʼn saamtrek gesê die polisie dink hul uniform gee aan hulle ʼn vorm van meerderwaardige mag. “Ons sal julle sien nadat julle die uniform uitgetrek het, snags in julle huise …” het die EFF-leier gesê. “Ons sal hulle op dieselfde manier behandel as wat ons in die 80’s gedoen het. Ons sal hulle nie net by protesoptogte die stryd aansê nie, ons sal na hulle huise toe gaan en hulle in hul eie huise saam met hul eie gesinne uitdaag. Ons is nie bang vir die polisie nie… blêddie lafaards. Ons sal kom vir julle. Een vir een in julle eie gemaksones.”

Popcru het die opmerkings as neerhalend bestempel teenoor die rol wat die polisie speel in die handhawing van openbare orde.

Richard Mamabolo, woordvoerder van Popcru, het gesê Malema uiter ook verdere dreigemente wat moontlik kan lei tot onregverdigbare aanvalle in gemeenskappe op polisiebeamptes en hul gesinne. Hy sê Suid-Afrikaners kan nie aangemoedig word om wapens teen mekaar op te neem nie. “Ons doen ʼn beroep op Malema om hom van sulke dreigemente te weerhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek hoop die polisie manne is reg vir die dreigemente asook ons as burgers, want die Mal-emma kan mos maak wat hy wil pffft! Waar is die MRK nou? Ek sien nêrens dat hulle hom probeer aan vat nie…… O ja 2 stelle reëls is mos van toepassing

Punisher ·

“Cele het die uitlating veroordeel en beskryf dit as onverantwoordelik en doen ʼn beroep op polisiebeamptes om hulself te beskerm indien hulle op enige manier bedreig word.”

En so ook vir die res van die bevolking beskerm jul op enige manier as jul bedreig word !!!!!! En sê ook sommer wat jy wil want “Freedom of speech” word sonder gevolge gebruik maar moet net nie n boer wees nie.

SomeOne ·

‘n boer het nog nie eers sy mond in daardie rigting oopgemaak nie, dan is hy klaar in die tronk

SomeOne ·

“Om die wet af te dwing” nou hoekom dwing cele nie die wet af nie, arresteer mal- emma en kry klaar

Persheks Adri ·

Hulle was dan hand om die blaas in Senekal in die hof SomeOne pffft

SomeOne ·

dan moet cele ook maar in die pad gesteek word, swak van ‘n man in sy posisie

Chris dupreez ·

Cele, doen nou vir eenkeer iets goeds en sit malema ordentlik op sy plek, in die selle

Aai ·

Sal nooit gebeur Malema roer die pot dat die aandag van hulle af is om te kan korrup wees.

Debbie ·

Ek kan nie verstaan dat daai verskoning van n mens en sy aanhangsels kan se en doen wat hulle wil maar niks word daaraan gedoen nie. Hulle mag dreig met die dood ens. Dit hou net nie op nie

Chris ·

Ons moet nie stupid wees nie! Hulle mag dit sê want dit is amptelike ANC beleid. Nou sê ek: Malema en sy gespuis moet oop oë slaap. Ek kom vir hulle snags in hul huise wanneer hulle nie meer op hul getalle soos tydens betogings kan staatmaak nie

Anel ·

Pleks word die malle toegesluit en aangevat. Maar wat die hoedman? Waarsku die polisie om op hul hoede te wees!!! Wat rook die ou? Iemand maak dreigment en ek moet versigtig wees. Dis nie ‘n onbekende nie, grote Griet!!! Sluit die terroris toe!!! Laat ek nou so dreigment maak? Dan was ek binne minute toegesluit en die sluit was weggegooi. Ek hoop eintlik een van hierdie polisiemanne hou kop en haal die malle uit. Verweer: hy het my probeer doodmaak. Openlike dreigement wst ek glo wêreldwyd versprei is.

Snowball ·

Dié ‘speech’ klink maar vir my so ‘n bietjie ‘hoed in die hand’. Doen liewer iets, lê ‘n klag of arresteer hom vir terrorisme. Malema se uitlatings is intimidasie en aanhitsing tot geweld teenoor die staat en sy burgers om ‘n politieke doel te bereik, dis terrorisme.

Persheks Adri ·

Ek hoop hoed weet ons gaan onsself ook beskerm Snowball! Ek is dik vir die dreigemente en moord en dood!

lmpr ·

Cele. Ons het gesien hoe styf jy em Malema teen mekaar in die Senekal hofgebou gesit en praatjies uitruil het.

Petrus ·

Wat praat “hy!” van die 1980’s!!! Hy was toe nog nie eers gebore nie man. Ooo, hoe styg my Bloeddruk nou!

Werner ·

Aag ou useles cele jy moes hom ook nou al toegesluit het hoor.Nou moet die polissie hulself beskerm en weer jou werk vir jou doen.Wat n pateet

Johan ·

Hoekom neem hulle die lafaard nie in hegtenis nie. Die is mos eerste graadse voorbeeld van terrorisme.

Jaco ·

Die swart EFF wil meestal swart polisie, wat deur die ANC regering beheer word, by hulle huise teiken. Vreemd. Hoekom? Die EFF kan tog nie die meestal swart polisie ook vir rassisme wil “straf” nie. Hoe kan swart polisie dan rassisties wees? In SA is rassisme mos net rassisme wanneer wit mense lelik is met swart mense.
Maar nouja, miskien is die EFF aksie teen die ANC-beheerde polisie ‘n “blessing in disguise”. Hoe langer dié 2 partye vassit met mekaar, hoe langer word onteiening sonder vergoeding uitgestel.

Mariana ·

Hulle sit nie werkik vas nie, dis maar net wat hulle ons wil laat glo…..

Sarel ·

Hy word steeds soos ‘n Stout kind met Hzndskoene hsnteer .Hoeklm?

Boerkind ·

Wat sou mnr. Cele gedoen het as mnr. Hofmeyer of Groenewald sulke uitlating gemaak het? My vermoede is dat daar ONMIDDELLIK ‘n arrestasie sou wees. Dubbel standaarde mnr. Cele?? En mnr. Rampokker? Doodstil??

Mariana ·

En hy kry net altyd nog ‘n kans. Hoekom is hy nie summier toegesluit nie. Nee daar sal gewag word tot iemand deur die minions vermoor word en dan kom hy ook weer weg want hy is te veel van ‘n lafhard om dit wat hy dreig self te doen.

Truthful ·

Malema kry net .n waarkuwing? Hy het mos nou klaar boodskap uitgestuur en die dade gaan gepleeg word…wat het van voorkoming is beter as genesing gebeur??

Johanncb ·

Mnr Malema en die EFF kry hopeloos té veel publisiteit! Hulle floreer daarop! Ignoreer vir ‘n slag en kyk wat gebeur!

Alex ·

….. nou wat van arresstasie? Vat hom tronk toe en laat hy voel wat dit is om opgesluit te word. Dalk kom hy n bietjie tot inkeer. IEC, waar is julle. De-registreer sy party wat geweld promofeer.

ES ·

Alex, ek is bevrees as dit met hom gaan gebeur gaan hy as ‘n held beskou word sodra hy uit die tronk kom. Net soos ‘n sekere president wat destyds vrygelaat is.

Pieter ·

Ja ou cele jy en malema het mos lekker gesit en gesels in senekal. Julle ANC het mos die ding gebaar kry vir julle ou winnie het hom mooi geleer.

Yvonne ·

Wat gaan Cele daaraan doen….niks, so die polisie is basies uitgelewer aan Malema….hy besluit wie mag lewe……wat n gemors is ons land nie in nie

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder of Oompie Hoed regtig ernstig is hieroor? Hy en Malema is dan beste pelle. Hoekom is Malema nie agter tralies omdat hy geweld teen polsie aanhits nie?

Bernard ·

Richard Mamabolo, woordvoerder van Popcru, het gesê Malema uiter ook verdere dreigemente wat moontlik kan lei tot onregverdigbare aanvalle in gemeenskappe op polisiebeamptes en hul gesinne. Hy sê Suid-Afrikaners kan nie aangemoedig word om wapens teen mekaar op te neem nie. “Ons doen ʼn beroep op Malema om hom van sulke dreigemente te weerhou.”

Ag rerig Mamabolo, dis so goed jy se vir ‘n stout kind, “Volgende keer as jy weer stout is, gaan ek met jou raas. Wie is malema, en wat maak hom so spesiaal? Hy kan doen en se wat hy wil, hy kom niks oor die. Inteendeel, daar word GLADNIE teen hom opgetree nie. Hierdie uitspraak van Mamabolo is swakker as wanneer jy met ‘n kind raas wat stout was. Dis typ dat daar daadwerkelijk teen malema opgetree word en hy verantwoording moet doen vir sy dade en sy uitsprake!!!!!

Hennie J ·

En hulle duld sulke verregaande uitsprake nog? Hoe pateties !
lol:snaaks dat die vakbonde nog nie vra vir privaat sekerheidswagte om die polisiebeamptes te beskerm nie.

Jackie ·

Hoekom word hy nie vir haatspraak en opreiery aangella nie. Hou hom so besig met hofaksies dat hy nie tyd vir sy gesin het nie.

JohnnyS ·

Malema pleeg blatant ‘n kriminele oortreding “Aanhitsing tot geweld” en al wat Cele kan doen is om dit te veroordeel. Weet seker nie hoe om ‘n saak dossier te open.

Janee! ·

Mnr Cele jy kan nie eindlik kwaad word nie want jy het langs jou vriend in Senekal in die hof gesit terwyl hulle wetteloos buite tekere gegaan het ….hulle het ook toe gedreig ……hulle dreig al lankal om mense uittemoor …boere ….oumense …kinders….hoekom doen jy ook niks daaraan nie….jou polisiemag is inelkgeval net n klug

Wil ook net sê ·

Jy is heeltemal reg as jy sê dat die polisiemag ‘n klug is, want daar bestaan nie so iets in ons land nie. Hierdie “mag” bestaan dalk onder enkele individue, maar die res van die polisiebeamptes is deel van die SA Polisiediens

Herpiet ·

Die probleem is sy bek maak sy volgelinge tot daad. Mense word elke dag vermoor.

Nozi ·

Ek het nou regtig meer as dit in die berig verwag. Nog steeds niks teen malema nie maar bloot net wees gereed om juself te beskerm. So, wat malema se en doen is maar reg.

Ferryman ·

Enige aanval of moord op ‘n Polisie beampte of sy gesin moet in die wet omskryf word as ‘n misdaad met ‘n swaarder straf as gewoonlik.

Patch ·

ENIGE MOORD moet as ‘n misdaad met DIE SWAARSTE straf omskryf word.

Connie ·

Ja net jammer mal-emma stuur ander en gaan nie self nie, wonder nou wie is die lafaard, stuur ander om sy vuil werk te doen.

MakersMark ·

Die ground forces hol weg vir ouers wat taai klappe uitdeel by Brackenfell 1. Nie veel beter gedoen teen die traanrook en waterkanon by Brackenfell 2 nie. Wonder hoe gaan hulle opdraf teen groter vuurkrag as die polisie regtig gaan terugskiet ?

Rose ·

Hy kan raas, blaas en dreig, maar kom niks oor nie. Hoe stupid dink hulle is ons, dit is voor die hand liggend dat hy die staat se bekerming geniet. Hy moes summier van terrorisme aangekla word en hoort in die tronk. Daar is sy trawante by Brackenfell klaar vrygelaat op n waarskuwing, na al die barbarisme, terwyl die ou van Senekal nog in die tronk sit.

AndréS ·

Met ander woorde Malema en EFF regeer die land
Hulle is totaal immuun tot enige vervolging

Andries ·

In geen ander land ter wereld sal sulke uitlatings geduld word van ‘n lid van die parlement nie. Sy Botswana stommiteit het hom sy ANC lidmaatskap gekos. Sal dit nie wonderlik wees as hierdie uitlating hom sy politieke loopbaan kos en hy uit die politiek verban word nie. (Of as die weerlig hom slaan nie.)

Snowball ·

Groter kans dat weerlig hom raak sal slaan as wat die slapgat regering iets gaan doen. All peas in the same pod…

Zhara ·

Hulle sit dan hand om die blaas in Senekal………Hoekom is hy dan nou geskok oor sy tjommie.

Genis ·

Hoe doen hulle beroep om Malema om dit stop te sit.. Dis krimineel, hy moet onmiddelik uit die parlament geskors word, en krimineel aangekla word? Is dit nie so nie, of het ek dit mis? Waar is die regskenners?

Agter die skerms ·

Malema is net absoluut ‘n grap – dreig mét ‘n pistool – se vir die wit mense hy gaan hulle doodmaak – nog steeds word niks niks gedoen daaromtrent nie – dit is mos nie rassisties op enige manier nie – wat ‘n grap man. Hierdie man kom net weg met alles.

Dries ·

Maar julle tweetjies het lekker gesit en hande vashou in die Senekal se hof, wat is nou fout?

Pieter ·

Leë nuttelose mooi woordjies met absoluut geen dade. Kan mos nie te kwaai wees met jou maatjies nie. Ek stel voor elke polisieman en vrou doen self wat nodig is, moenie enige leiding can cele verwag nie.

Regverdigheid ·

Waar is ons Presedent hoekom word EFF toe gelaat om te doen wat hul wil….. is hul in beheer of jy Mnr Presedent tree op hoekom mag hul doen net wat hul wil .

Mallie ·

Wel Malema wil die land oorneem. Hy gaan dit doen met n burgeroorlog. Wie gaan hom keer??

Blomme ·

Dis jammer dat Malema die septer in die land swaai.. Selfs die president is bang om die arrogante opsweper aan te vat. Watter mag het hy oor hulle? Wonder maar net?

Bella ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie geregtelik opgetree word teenoor Malema en sy volgelinge nie. Daar word openlik haat en geweld aangemoedig en al wat daar gesê word is “ag nee man buti, moet nou nie so wees nie”!

Die Goodwoodianer ·

Cele se woorde is ook maar flou. In plaas daarvan moet daar ñ saak van terrorisme teen hom oopgemaak word.

judith ·

Heel duidelik kom hy weg met als. Hoop daar sal iets van kom. Hy kan sê en maak net wat hy wil. En so glip hy weer deur die gereg se vinger…..Hoop hy word op di vingers geklap

Karina ·

En toe ons almal gekla het oor die boere wat so wreed vermoor word, toe word niks genoem nie. Noudat die polisie bedreig is, word Cele wakker en blablabla oor Malema se dreigemente. Gmf.

Wil ook net sê ·

Ek dink hy is nog steeds vas aan die slaap. Malema hoort agter tralies!

agnes ·

En die rooi misgewas loop nog rond! Kom weg met meer as moord.

Adam Adriaan ·

Ou cele blaf teen die Suid Ooster wind. Niemand hoor hom nie. Nog minder Malema

Theuns ·

Bekkie Cele het 2 weke gelede langs sy tjom Mal ema gesit in Senekal terwyl hy die familie en voorsitter van die boere vereninging buite laat sit het. Bekkie het dadelik die betogers in Senekal begin greig oor die enekel voertuig wat verbrand is. Hy wag egter 4 dae- JA VIER DAE0- om op st vrined se greigement teen die po;losie te reageer. Mal ema en publiek het geen respek vir die “minister” nie. Ook doodstil oor miljoene rande se skade met vtagmotors en treine wat afgebramnd word. Ook nie woord oor die veldbrande in Vrystaat na beroepe deur sekre groep nie. Hy is onbetroubaar. Mal ema moes SATERDAG reeds arresteer word vir aanhitsing tot geweld as wet vir almal selfde is. Wie is in beheer van SAPD?

Anton ·

Al wat Cele hoef te doen is niks. Volgende keer as hulle Brackenfell of Senekal toe gaan, stuur geen polisie nie. Ons sal dit sommer vir jou uit sorteer ????????

AH ·

Woorde en nog meer leë woorde……..Ek glo nie ‘n enkele woord uit ou Cele se mond nie. Hy is net so ‘n agterbakse skurk soos ‘n groot persentasie van die SAPD wetstoepassers.

Anoniem ·

IS DAAR NIEMAND WAT MALEMA KAN AANVAT NIE.??? IS DIT NIE HAATSPRAAK NIE????

Kokkie ·

As die leier van ‘n politieke party in enige land in die wêreld sodanige openbare dreigement teen die polisie maak, sit hy met sy gat in die tronk. Nie Malema nie. Hy sit styf teen die minister van polisie in die hof. Hy sal moet lig loop !

Elsa ·

Hierdie man moes lankal in n tronk gestop word saam met geharde misdadigers

Erika ·

Mall ema het dit regekry met Clicks ..Toe is dit Brakenfell… (terwyl die ANC nie n sal vinger veroer nie )- Toe Bevorder hy homself Bo die wet ….As Die Govermant Staan vir Geregtigheid Ongeag Kleur sou hulle hom lankal gestop het

JohanR ·

Soe ou Bheki Cele as dit nou ‘n wit boer Sondag met die naam Jan Moolman wat die worde op ‘n vergadering geuiter het sou hy al in die tronk wees. Hoekom is Malema nie in die tronk nie? Dit is ‘n baie eringstig uitering as jy polisuemanne en hulle families in hulle huise wil doodmaak…..it’s borders on high treason and terrorism! Oe by the way….julle kon niks uitrig met wetstoepassing in Brakenfell soe ek dink nie polisiemanne bewe juis in hulle broeke vir jou dreigemente nie. You had you asses kicked in Brakenfell! Nou wag daai kleerling mense van Kraaifontein vir julle.

gehasie ·

Cele, Malema se Luitenant! Nie een vd twee is wetsgehoorsaam nie!

johanf ·

Minister Cele, as ek in jou diens was het ek bedank, regtig, oordeel jy net, en die ou netelige sakie is afgehandel…… Jy is ń skaamte vir jou mense, hul families, en SA.

Derek ·

Hoekom tree die minister van polisie nie op nie, hy het die mag om dit te doen? As Julius Malema ander dreig met geweld is daar mos n wet wat hom die mag gee om op te tree as voorkoming! Dit lyk eerder of by bang is on die wet AF te dwing!

JessieBezt ·

Amazing! Nou dat die Polisie gedreig word, word daar onmiddellik aandag gegee, en soos hulle herken is die polisie meer bekwaam is om hulself te verdedig in hulle huise as die algemene mens op straat of plaas boer! Nou eers word Malema se dreigemente ernstig opgeneem! Wat van die “Shoot the boer song” of die kere wat hy openlik dreigemente teenoor blankes gemaak het? Ons regering is n ruggraatlose grap!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.