Cele se ‘boeliegedrag’ kan die Kaapse rolprentbedryf miljoene kos

Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Die polisieminister Bheki Cele se “boeliegedrag” toe hy glo ʼn rolprentspan Woensdag tydens sy besoek aan strande in Kaapstad van die Kampsbaai-strand verjaag het, kan die Kaapse rolprentbedryf nagenoeg R24 miljoen kos.

Só sê Dan Plato, Stad Kaapstad se uitvoerende burgemeester.

Cele het na bewering ongeveer 16 polisiebeamptes aangesê om die rolprentspan van die strand af weg te jaag ten spyte daarvan dat die span oor ʼn geldige permit beskik het wat deur die Stad Kaapstad uitgereik is.

“Cele is nie meer die nasionale kommissaris nie – hy is in 2012 uit die pos ontslaan en is nou ʼn minister wat geen mag het om ʼn polisiebeampte op te lei nie,” het Plato in ʼn verklaring gesê.

“Cele se onwettige optrede sluit in die uitreiking van opdragte aan operasionele polisielede, wat hy nie gemagtig is om te doen nie.”

Die Stad het reeds die hooggeregshof genader om ʼn interdik toe te staan wat die polisie verhoed om verder onwettig in die wettige verfilming van rolprente in te meng. Die saak word Vrydag aangehoor.

Plato het ook gesê hy sal aan pres. Cyril Ramaphosa skryf om te vra of hy die vernietigende en onwettige gedrag van Cele ondersteun, en indien nie, watter stappe hy beplan om die minister se boelietaktiek aan te raak.

Die saak is ook na die parlementêre etiekkomitee verwys.

Nóg 11 rolprentspanne het die Stad ingelig dat hulle hul werk eers sal staak uit vrees vir verdere finansiële verliese, indien hul verfilming moontlik ook ontwrig word. Hierdie kansellerings is teen ʼn koste van R1,2 miljoen per filmspan.

“Hierdie koste sluit nog nie eens hotelle, vlugte en ander koste vir honderde filmspanlede en ondersteuningspersoneel in nie. Almal voldoen aan die nodige Covid-19-regulasies terwyl die bedryf stadig maar seker weer sy voete ná die maande lange afsonderingstydperk vind.”

Plato het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, geloof nadat hy Woensdag teen Cele opgestaan het en sy swak begrip van die nasionale Covid-19-regulasies reggestel het.

Albert Fritz, die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het ook Cele se gedrag veroordeel. Hy sê polisielede werk hard om eerder misdaad in hul gemeenskappe te beveg. Hy sê polisieteenwoordigheid is juis nodig in gebiede wat veral op vakansiedae soos Woensdag erg onder misdaad gebuk gegaan het.

“Vanjaar was daar altesaam 1 640 moorde in die 11 prioriteitsgebiede, wat almal in die Kaapse Vlakte geleë is. Dit beslaan 44% van die moorde in die provinsie vir hierdie jaar,” beklemtoon Fritz.

“Swaar gewapende polisiebeamptes is nie nodig om toesig te hou oor die nakoming van gesondheids- en veiligheidsprotokol deur gesinne op Wes-Kaapse strande nie, veral nie as die polisie en die Stad se wetstoepassers reeds uitgebreide feestydplanne in werking stel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hennie ·

Die ANC se “god” complex word al hoe meer sigbaar… Maar die regte God slaap nie!

Strandloper ·

Snaaks hoe vinnig ENCA gister die berig verwyder het. Dit was n toonbeeld van obsolute onnoselheid en mags misbruik.

Johan ·

Wie dink hy is hy! Polisie en weermag is nie daar om burgers te boelie nie. Regulasies teen n siekte toestand moes nooit so afgedwing geword het nie, net soos met ander siektes moes dit slegs n media veldtog gewees het (wat dit was) NIKS meer nie. Nou sit ons met n polisiestaat wat geen respek v enige regte het nie en wat ook nie weer gaan stop nie, almal dink dis hul kan vir ander sê wat om te doen, nes die ou met die hoed.

Pappa Beer ·

Hoekom gaan vat hy nie sy tjommie met die rooi beret aan oor doodsdreigemente wat openlik gemaak is nie? Cele dink hys die Lone Ranger, hy moet oppas waar hy krap, dit raak nou n saak van viktimisering.

JM ·

Cele wil tog so graag in totale beheer wees; ál manier wat hom belangrik laat voel. Hy moet jammer gekry word! Iemand wat minderwaardig is tree só op.

Hennie J ·

Al hierdie dinge wat almal teen hierdie buffel aanhangig wil en gaan maak sal hom geensins pla nie. Hy is mos n erekende boelie wat deur our people beskerm word, MAAR hoekom is die metro se mense nie n bietjie kreatief nie en konfronteer hom met n regsaksie wat insluit n persoonlike kostebevel weens die skade wat hy persoonlik aangerig het.

Androclus ·

AL MANIER OM VAN HULLE ONTSLAE TE WORD IS OM ONS KRUISE OP DIE REGTE PLEK TE TREK,WAAR HET HULLE AL IETS GOEDS GEDOEN.

Cherokee ·

Gaan leer wat beteken een mens en stem. Dan sal jy hopelik nie weer sulke dinge uitskreeu op die forum, nie.

Michael ·

Dis nie boeliegedrag nie-dis kommunisme met die volle ondersteuning van die ANC. Indien die burgers nie gaan opstaan nie gaan dit wees hoe dit van nou af gaan wees. Net ons as burgers kan dit verander-nie howe en klagtes en kommissies nie-die word almal deur die kommunistiese ANC beheer. En dis nie net hier-dis ‘n wereldwye begewing na kommunisme. Ons moet nou wakker word of dit is vir ewig te laat

Swanie ·

Bly hy in die Kaap? Het hy alweer n klomp van die belasting betaler se geld gemors om Kaap toe te vlieg saam al sy lyf wagte en comrades net om mense van die strand af te jaag. Dit kon n gewone konstabel ook gedoen het. Free Holliday . Thank you tax payer. PS Hy lyk soos mr Bean met sy pak op die strand.

Hoekom ·

Hy mag in ‘n vliegtuig sit saam sy groot “entourage” maar jy as gewone burger mag nie alleen op die strand sit of loop nie…

Jakes ·

Die omstrede minister is nes Malema vir die verkeerde dinge in die nuus. Het hy en sy departement nie genoeg werk soos om moorde, plundery en gewapende roof te ondersoek nie?

Lindi ·

Vat die klomp ‘n “poop scoop” saam om die strand skoontemaak na die perde? Miskien vir as ‘n sekere persoon klaar sy gemors gesaai het uit sy mond?

Anel ·

Hy is meer gepla oor kleineghede as ware misdaad. 1600+ moorde die afgelope tyd net in die Kaap. Hoeveel van daardie moordenaars is gevang? Maar hy is bekommerd oor mense hulle werk doen. Hy hoirt nie in die posisie van minister nie, nig minder in die regering. Hy dink hy is ‘n god. Wens hulle wil besef daar gaan meer mense dood aan ander oorsake as die vurus. Hoe gouer mense net hul lewens kan voortgaan, sonder al hierdie foefies, hoe gouer gaan almal se liggame kans kry om weerstand op te bou. Geen mens kan in’ n kiemvrye wêreld oirleef nie, want dit bestaan nie. Verder, die mense hier aan die suid punt van Afrika, is van die sterkste mense in die wêreld. Ons het soveel kieme en goggas hier, en ons oorleef steeds. So Cele, jy en jou regering, gaan spring in die dam!!!

Dine ·

DIK TA TOR. Besig om die nasie in n greep van kommunisme te dwing.

Jaco ·

Dis alles teen wit mense gemik. Vreemd dat hulle nie net van ons ontslae raak nie. Hulle hou dan nie van ons nie. Deporteer ons eens en vir altyd na Europa, Amerika, Kanada en Australië.

Hercules ·

my ma sou gesê het: “Bheki Cele is nietsie wat ietsie geword het”

nou is hy ‘n onopgeleide, onopgevoede, ongeskikte, magsbehepte en eensame ANC minister!!

Anton ·

Snaaks dat die “ministers” al ewig in die Kaap is en nooit in die areas wat hulle ondersteun nie

gatgogga ·

Wel, ons het gesloer om werk te maak van afstigting vir die Kaap – dis nou te laat, want niks kan meer gered wordnie. Slaap nou maar rustig voort.

Kosie ·

En die ANC se “boeliegedrag” het die hele land al miljarde gekos. Jammer dat die DA nou eers wakker word, want hulle is dan sulke groot voorstaners van die inperkinge en die inentings. Wat van AL die mense wat nou werkloos is, en nie net uit die rolprent bedryf nie. Ongelukkig is die DA se oggend en aand praatjies nie baie konsekwent nie. Ons moet seker maar dankbaar wees dat hulle darem uiteindelik iets geopper het. Vat die regering hof toe en vind uit wie die besluite maak; moet nie opgee as die regering toegee nie en laat ons sien wie eintlik die land regeer… Ek glo nie ons is meer onder beheer van die ANC nie, maar onder beheer van die WGO se mense.

Karin ·

DANKIE CELE SO VERLOOR HARDWERKENDE MENSE HUL INKOMSTE WAAR DIE BEDRYF VIR HOELANK NIE N INKOMSTE GEHAD HET NIE HOE SLAAP JY

Hoekom ·

Weereens word wit mense en hulle besighede geteiken. Hulle wil ons ekonomies verwurg. Ons moet hulle belaglike regulasies volg maar hulle (die ANC cartel) kan nie eers die deposito betaal vir die entstof nie….

Chris ·

Die ou gesegde mag maak korrup. Meer mag maak meer korrup. Wat het mens verwag? Die regime stel niemand teleur nie. Ons sien nog net die ore van die seekoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.