Cele se kop geëis oor verkragting-uitlating

Bheki Cele (Foto: SAPD)

ʼn Herrie het ontstaan oor die uitlating wat Bheki Cele, minister van polisie, gemaak het oor die bendeverkragting van ʼn groep van agt vroue in Krugersdorp, Gauteng.

Hy het in ʼn onderhoud met eNCA gesê dat een van die slagoffers, ʼn 19-jarige vrou, “gelukkig was om deur een man verkrag te word”.

Die verkragting het verlede Donderdag plaasgevind toe ʼn groep van 12 vroue (onder wie sangeresse, modelle, aanbieders en ʼn grimeerkunstenaar) en tien mans besig was met die verfilming van ʼn musiekvideo toe hulle oorval is deur ʼn groep gewapende mans wat in komberse geklee was. Van die vroue is toe verkrag en die groep is beroof.

In die onderhoud vertel Cele van die verkragting en begin verduidelik hoe een vrou deur tien mans verkrag is, gevolg deur agt, ses, vier en drie mans. Hy verwys laastens dan na die vrou wat deur een man verkrag is.

“Die een 19-jarige vrou was gelukkig, as jy dit gelukkig kan noem, om deur een man verkrag te word,” het Cele tydens die onderhoud gesê.

Die DA sê hy is gewalg deur Cele se uitlating.

Die verdagtes is tydens ‘n multi-dissiplinêre optrede in hegtenis geneem. (Foto: Polisie)

“Minister Bheki Cele het baie gruwelike dinge in sy rampspoedige loopbaan gesê, maar hierdie jongste stelling is eenvoudig onvergeeflik en kan nie geïgnoreer word nie,” het Nazley Sharif, die DA se woordvoerder van vroue, gesê.

Sharif sê daar is meer as genoeg rede dat Cele afgedank moet word.

“Die feit dat Suid-Afrika die verkragtingshoofstad van die wêreld is, dui reeds duidelik op die absolute gebrek aan regeringsreaksie en gebrek aan sorg vir oorlewendes asook geen aanspreeklikheid nie.

“Dit is onvergeeflik dat ons minister van polisie sulke uitlatings oor ʼn baie ernstige saak maak. Cele se opmerking toon ʼn totale gebrek aan sensitiwiteit teenoor vroue en oorlewendes van verkragting. Dit skep ʼn algehele verbreking in vertroue in hom.”

Verskeie politieke partye braai ook nou vir Cele omdat hy die publiek mislei het toe hy ná die Krugersdorp-verkragtingsvoorval sy versekering gegee dat die polisie goeie vordering maak met die agterstand in DNS-toetse.

’n Verslag van Junie wys daar is ’n agterstand van 150 131 DNS-toetse. Luidens die Julie-verslag het die agterstand die daaropvolgende maand tot 180 381 gegroei.

Die DA het reeds ʼn petisie van stapel gestuur waarin Cele se kop geëis word. Meer as 27 000 mense het reeds hul handtekeninge gegee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Cele het die vermoë om op die verkeerde tyd op die verkeerde plek te wees. Sodra hy sy mond oopmaak sê hy die verkeerde dinge. Werklik merkwaardig

annie ·

In ‘n diverse land met ‘n groot bevolking wat neig na totale wetteloosheid het dringend ‘n regering nodig wat uiters streng wet en orde handhaaf. Human rights is die grondstof van verval en chaos. Ons opposisie-partye kan net skreeu vir geregtigheid en verlam toekyk hoe die storm naderkom. Dit is ongelukkig so dat die Sjina-styl van streng beheer en die afskaal van unies en betogings nodig word. Wie sal die redder wees wat sê ‘dis nou genoeg’? Beslis nie CR nie. Wie dan?

Republikein in die Wes Kaap ·

Sy is nie ‘n politikus nie. ‘n Akademikus en amptenaar is sy wel, maar sy sal klippe kou om die ANC te tem.

Cherokee ·

As ek reg onthou is haar dogter ‘n lid van die eff. So dit klink nie asof sy die regte beleid voorgeskryf het nie.

KatjieDeKat ·

Skandalig en walglik om so iets te sê. As dit met sy dogter of n familielid gebeur het sou hy gou sy deuntjie verander het. Absolutely disgusting!!!!

Corne123 ·

Al wat gese gaan word is hy is misverstaan en weereens wegkom daarmee kyk maar gaan. ie sy job kwyt wees nie.Sad sad sad verby

PieterJ ·

Gelukkig vir hom is hy onaantasbaar, siende hy een van die vorige benadeeldes is. In my opinie, permanent benadeel.

Roebs ·

Tyd dat jy uittree en iemand wat weet wat hulle doen inkom asook iemand wat die land se belange op hart dra en ook die veiligheid.

Wondermaarnet ·

Dit is omdat hy net 1 breinsel het. As dit sy familie was wonder ek wat hy sou sê en doen.

George ·

Dan se die mense satan bestaan nie. Wag tot jou dogter verkrag word, of beter, jy, dan wonder ek of jy nogsteeds gaan se “gelukkig net een”

piket ·

Neewat Katje en George, Dink julle REGTIG dit gaan hom pla?

ES ·

Dis wat gebeur meet kaderontplooiing… mense wat totaal onbevoeg is word ministers. Kyk na Thandi Modise, Minister van Verdediging en Militere Veterane – sy het blykbaar ‘n onderwysdiploma, glad nie bevoeg vir haar werk nie. Haar “ewekniee” in ander lande was meestal self in die weermag of het weermag agtergrond en het in die range opbeweeg.

Ons land is ‘n grap – nie ‘n snaakse een nie.

piet ·

Ministers word dikwels ontplooi in portefeuljes en velde waarin hulle nie studeer het nie. Gebeur deur die hele wereld, dis baie gewoon. Ons het dan al presidente gehad wat net matriek het.

Annelize ·

Hy is ‘n absolute verleentheid en smetklad, net soos die res van die regering, vir hierdie land. Tyd dat sy Bheki vir hom toegeklap word.

Kokerboom ·

Die verwaande skepsel is ‘n groot verleentheid vir land. Sy ego oortref sy intellek en vermoeë!EN…CR bly stil!!!!

Wielspore ·

Die man is nie in staat om sy plig as minister van Polisie uit te voer, vervang hom. Ditto

Sobymykoolkop ·

Kan die DA asb aandui hoeveel ministers ens ens al afgedank is sedert hulle met hierdie belaglike eise van hulle kom. KADERS dank nie KADERS af nie want almal se hande is in die koekieblik. Boonop is Bheki ń zulu.

Maan&Sterrekind ·

Gelukkig se Jy….. ek as n slagoffer van verkragting beskou dit glad nie as gelukkig nie. Of dit nou 10 Mans is en of dit 1 man is, die letsel wat dit los is n lewenslange vonnis!!!!!!

Elma ·

Het julle rerig nog nie agtergekom dat die skepsel/misbaksel onaantasbaar is nie?

Jannie van Niekerk ·

Weereens ‘n bewys dat die die vent msidaad soos verkragting en plaasmoorde deur en deur goedgesind is.

Jack ·

Hy kan nie afgedank word nie want hy is ‘n ZULU.CR weet dit en weet dat hy groot teenstand sal kry as Cele afgedank is.

Mien ·

Nie net Cele se kop moet waai, die HELE ANC regering moet waai!!!!

Swerwer ·

Vieslik, wys maar net weereens dat Hoed onbevoeg is om sy pos gestant te doen.
Dit kom eintlik daarop neer dat hy nie omgee wanneer vroue verkrag word nie, in ‘n mate
keer hy verkragting dan goed.

Michael ·

Cele is nie die probleem nie-dis CR wat die probleem is. Wanneer gaan mense besef hy is die grootste gevaar vir die land?

Miena ·

Wel sy adjunk David Mabusa is nie veel beter nie. Kyk hoe het hy MP destyds as voormalige Premier in die grond in gery. Ons sukkel nou met die nagevolge van die gebrande pere. Wie dink jy bly dan oor om hom op te volg? Onthou die regerende party gaan iemand moet in daai pos sit as CR uitgaan… Het jy n ander voorstel waarna ons goewerment sal luister?

Michael ·

Die hele ANC is korrup, maar CR is die grootste gevaar. So in die ANC is daar nie juis bekwame en eerbare leiers nie, maar enige ander een is minder gevaarlik as CR, hy moet so gou moontlik verwyder word

Peter ·

Ek hou niks van die vent nie, maar word sy woorde en bedoeling nie uit verband geruk nie?

KatjieDeKat ·

Al wat ek kan dink, is dat hy dit gesê het, omdat hy Weet watter vieslike gewelddadige hool SA nou is, en dat dit erger kon gewees het vir die meisie, sy kon vele kere verkrag En vermoor gewees het. Maar as Minister van Polisie is dit nog steeds n VIESLIKE, LAAKBARE ding om te sê. In sy posisie behoort hy eerder om vergifnis te pleit by die bevolking. Omrede HY sake So ver laat versleg het dat Een verkragting, iets is om as n meer positiewe uitkoms te beskou. Hy behoort homself so te skaam dat letterlik AL wat uit sy mond moet kom, moet wees: ” Ek is So bitter jammer, asseblief vergewe my, Nou gaan ek dinge regruk”. Almal probeer die positiewe kant van n slegte situasie sien maar HY word Betaal om misdaad te probeer keer, sodat geen mens Een verkragting of Een aanranding of Een plaasaanval, as n positiewe ding hoef te beskou nie! Pateties, Cele, PATETIES!!

Nie Verbaas ·

Weereens n bewys van totale tekort aan enige breinselle maar Ramapokker sal hom daar hou want hy weet te veel van sy doen en late.

Miena ·

Dalk moet daai meisie – wat haarself gelukkig moet ag – dan maar die saak verder vat en hoedeman in persoon gaan strafregtelik aankla. Is daar enige prokureurs hier wat haar kan help dalk? Erens moet daar van iemand seker maar voorbeelde begin maak word. Niemand is bo die wet verhewe nie… of verstaan ek die Konstitusie verkeerd?

BenA ·

Dit is onaamvaarbaar dat n minister so n uitlating maak…
Hy is hoogs onbevoeg en moet vervolg word deur die MRK vir so n uitspraak en afgedank word… Is n verleentheid vir o s land.

Esme ·

Bheki Cele gaan in sy pos bly tot einde van dae. Hy word deur die ANC beskerm en as Cyril hom uitskop, gaan hy die President saam met hom aftrek. Is dit nie pateties? Daardie arme vroue het soveel vernedering en hartseer beleef en hulle kry nie eers ondersteuning van ons Regering nie.
Bheki, jy is skandalig en ‘n skande vir die ANC.

Fran ·

Ons sit met ‘n Goddelooslike regering wat heksery beoefen en voorvadergeeste aanbid. Moet niks anders verwag van die skepsels nie. Die enigste ding wat hierdie land nog met genade bo hou is die gebede van Christene. Ek glo dat die Here ons gebede verhoor en dat Jesus in elk geval die dood oorwin het lank gelede. Staan vas in die geloof Christen. Jesus kom Sy bruid haal!

Sonblom ·

Of dit nou 1 man is of 10 wat ‘n vrou verkrag, verkrag bly verkrag. My vraag aan hierdie simpel sot is wat sou hy gesê het as dit sy dogter of vrou was? Ek weet nie eers of het hy ‘n vrou nie.

Keelvol ·

Dit het nou tyd geword dat die anc afstand van die regering doen.

Andre ·

As dit nie so tragies was nie kon jy hom ons eie Mr Bean genoem het. Gewis nie die amp polisie minister waardig nie maar dan het die ANC kader ontplooing vervolmaak

Vonkprop ·

Ek wonder net wat sê die slagoffers vir Cele wanneer hy met hulle ontmoet na die tyd. Ek weet beslis wat ek vir hom sal sê, met of sonder sy lyfwagte.

Anton ·

Ek dink Cele is ‘n volslae idiot maar hierdie is net ‘n verskoning deur die ruggraatlose DA.
Plaas hulle sit daagliks druk op hom met die feite oor hoe sy ondersteuners daagliks uitgemoor word

VaalDonkie ·

Ek stem nie saam met die oproer nie. Ek weet wat hy bedoel het, en hy het homself net baie swak uitgedruk. Ek hou nie van die man nie, maar hy het dit nie bedoel soos daar beweer word nie.

John ·

Hy is heetemal reg, Hy was nooit n tuin werker nie. Niemand moet hom ook ooit met n tuin werker vergelyk nie. Tuinwerkers werk verskriklik hard en moet ook meeste van die tyd vir hulself kan dink. Iets wat hy niks van weet nie.

Marcello ·

Die staat is nie net agter met DNS toetse nie, maar ook met uitslae van Otopsies, ‘n Peroon wat nie medies gehad het nie, en dood gekry is in haar huis, is ‘n Otopsie opgedoen, en daar is vir die ouers van die persoon gesê: Hulle kan eers oor 5 jaar vir hulle die uitslag gee.

Maritza ·

Voel amper jammer vir hom want dit kan nie lekker wees om so ongeletterd te wees nie :)

Chris dupreez ·

Dit kom maar net uit n leë dop, soos sy mede kaders en skelms

Johann ·

Gaan luister na die hele onderhoud. Hierdie magsmal Ramapoza kader is TOTAAL onbevoegd. Hy kan bloot nie n gesprek handhaaf nie. Word by herhaling gevra wat sy gevoelens is oor die siek situasie…vermy dit. En dan”I cant cry every day”????? En loof sy polisie vir totaal onverwante sake???? En loof homself oor hoe vroeg hy reageer het NADAT HY NIE GEWEET HET WAAR KRUGERSDORP IS NIE???? Loof homself toe hy Kommisaris was…en umm en uh en e e e e e…onsamehangende disfunksionele ANC kader! SHAME ON YOU!!!!!!!

Niklaas ·

Bheki Cele het vele magtige vriende in die kabinet en is onaantasbaar. Ons sal verniet wag op stappe teen hom.

Sarel ·

Cele sal bly sit waar hy sit hoeklm weet gee mens nie..
In due verkede het fue ANC al bly vasklou aan onbevoegde persone maar huidige
Administrasie vat die koek….Cele….Mthetwa..
Sisulu…..Mbalula….om.maar paar te noem

PersHeks ·

Die enigste ding wat die nar goed kan sê is “sharrap…sharrap! Ek skaam my dood vir ons “leiers”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.