‘Cele se retoriek oor vuurwapens klink soos Hitler, Amin’

Bheki Cele. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Polisieminister Bheki Cele is besig om teen Suid-Afrikaanse burgers te veg in plaas van misdadigers, het die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (Chasa), Woensdag gesê en sy “retoriek” vergelyk met dié van diktators.

Chasa het reageer op die minister se uitlating dat dit “wonderlik” sal wees om tydens die hersiening van die Wet op Vuurwapenbeheer by te voeg dat individue glad nie vuurwapens moet besit nie. Cele het Dinsdag dié uitspraak in Johannesburg gemaak waar polisiebeamptes vuurwapens en ammunisie ontvang het as deel van die land se vuurwapenamnestie.

“Dié tipe retoriek is vroeër aangewend deur Adolf Hitler, Joseph Stalin, Pol Pot, Idi Amin en Kim Jun-Ill,” het Chasa bygevoeg. “Dit is nog meer kommerwekkend dat die minister erken dat hulle besig is om te werk aan nuwe wetgewing, maar glad nie noem dat dit al sedert 2011 die geval is nie. Die afgelope vier jaar is daar boonop geen poging aangewend deur elemente in sy departement om tydens die proses met wettige en geakkrediteerde vuurwapenbelangegroepe in verbinding te tree nie.”

Die organisasie het bygevoeg hy is “versigtig optimisties” maar waarderend oor die “beperkte kontak” van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie wat betref die wysiging van die wet. “Die realiteit is dat die SAPD self op elke vlak deur misdadigers geïnfiltreer is en die lede wat nie persoonlik betrokke is nie, moet gedemoraliseerd en gemarginaliseerd voel.

“Cele lei dié fiasko en het duidelik geen idee hoe om misdaad te bestry nie. Dit is dus sy posisie om eerder oorlog te voer teen die wetsgehoorsame burgers van die land. Wettige vuurwapeneienaarskap vereis die deeglikste ondersoek, opleiding en nakoming.”

Chasa het bygevoeg wetsgehoorsame vuurwapeneienaars is hoofsaaklik ook diegene wat in diens is of ondernemings besit en werk skep. “Dit is tyd dat dié persone aan die minister wys dat sy retoriek verkeerd is en dat hy ʼn plig het om te fokus op misdaadbekamping – van bo af ondertoe. Mediageleenthede oor niksseggende gebeurtenisse sal nie meer sy mislukkings as ʼn leier wegsteek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan Venter ·

Hy het agter gekom dis makliker om mense dmv amnestie van hul wapens, waarmee hulle hul naasbestaande, hul plaas, hul besigheid en eiendom kan beskerm, te ontneem as wat dit is om misdadigers te vang, die een doen jy dmv wetgewing van agter jou lessenaar af, die ander een moet jy opstaan en rondbeweeg.

Hannah Van der Merwe ·

Whahahahahha. Ek my wapen ingee???? n Wapenvrye suid afrika?????Whahahahahahahaaaaaaa.

Wayne ·

Cele klink vir my veral soos Dingaan net voor hy Retief en sy manne gemartel en geslag het. “Los julle wapens buite die kraal, dan vier ons ‘n wonderlike fees!” Diegene wat hulle wapens ingee sal later met Retief vergelyk word, en al wat hulle uit die geskiedenis geleer het is dat hulle niks daaruit geleer het nie. Diegene wat nie Ramaphosa en Cele se mense is nie sal hulle op elke terrein moet verset teen ontwapening, wat insluit gewapende verset. Oorgee is nie ‘n opsie nie, want dit is gelyk aan uitwissing.

Haan ·

Wayne jy is 100% reg. Indien n persoon dan voel hy móét ontslae raak van sy wapen kan hy dit eerder in die see gaan gooi. Eerder as om dit vir hierdie wetters te gee.

Freddie ·

Cele kan maar gaan slange vang die domme vent. Op die platteland het ons ‘n skietyster nodig teen misdadigers, wilde diere en slange.

Hy was ‘n MK bevelvoerder. Het MK al hul wapens oorhandig?

Akademi Buktu ·

Die eenvoudige waarheid is dat die ANC pre-1994 kriminaliteit aangeblaas het as een van hul strategieë teen die destydse regering. Nou kan hulle self nie die vreeslik oorgewig baba wat hulle gebaar het beheer nie. Dus, ons gee maar die “skraal en gesonde mense” die skuld vir die heersende kriminele vetsug.

Jan ·

CHASA is 100% correct, Cele en sy kaders weet nie hoe om of wil nie misdaad bestry nie en daarom val hulle wettige wapen eienaars aan.

Jan ·

Die SAPD se onvermoë om misdaad te bestry en klaaglike swak wapen beheer maak dat hulle wettige eienaars se wapens wil teiken. Dit is ook moontlik dat hierdie ‘n hoër gesag ontwapenings oogmerk is met ‘n verskuilde agenda.

Wayne ·

Ongelukkig is die moontlikheid waarna jy verwys die werklikheid!

Wayne ·

Cele klink vir my net soos Dingaan so 182 jaar gelede toe hy aan Retief en sy manne gesê het, “Kêrels, los julle gewere buite my kraal dan hou ons ‘n wonderlike fees!”

George in Bloem ·

My wapens gaan nerens…..ooit nie. Hulle bly net waar hulle is. Die polisie kan nie eers hulleself beskerm nie en boonop is die meeste van hulle korrup,onbevoeg en krimineel ook op die koop toe. Oor die swape van GFSA laat ek my liewer nie verder uit nie.

Bekommerd ·

Dingane conceived a plot to kill all of them. Piet Retief and his men were invited to a party to celebrate the return of King Dingane’s cattle. They were requested not to bring their weapons to the king’s kraal. On 6 February 1838, once they were all inside the kraal they were attacked and killed by Dingane’s followers. Laat mens wonder ne??

Willem Pelser ·

Die woordvoerder van CHASA moet Europa – The Last Battle (2017) van Tobias Brattt kyk en daarna Adolf Hitler uit sy/haar veralgemenings uitlaat – Gunfree South Africa is heel moontlik deel van die kabaal waaroor “The Last Battle” gaan?

JohanR ·

Nee ou Bheki Cele en GFSA. Daar moet darem ‘n gelinseerde wapen, of ‘n weggesteekte wapen/s wees waaneer die hordes vir ons kom. Julle dink moes die Afrikaner is ‘n domme! Het die voortrekkers by Bloed Rivier hulle wapens ingehandig?

Johan Venter ·

Ek kan julle ‘n brief gee dat Bheki Cele nie meer ‘n vuurwapen het nie, hy en die hele kabinet het hul vuurwapens al met die eerste amnestie ingehandig.

Careltjie ·

Wie de dinges dink hy is hy? Wapens is daar vir sportdoeleindes ook en nie net vir jag nie. Die mense met wettige gelisensieerde vuurwapens, wat aktief deelneem aan sport, is nie moordenaars nie. Gaan kyk maar. Om te skiet is ‘n kuns. Maar ja, as jy nie kan skiet nie en die SAPD nog minder, dan probeer jy dit doen wat hy nou doen.

Chris ·

My wapens en ek voldoen aan die wette en vereistes wat die sap daar gestel het . My wapens gaan nerens heen nie . Geen onderhandeling . Geen ingee .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.