Cele se uitspraak oor prioritisering van plaasaanvalle ‘diskrimineer’

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: SA Polisie)

Die burgerregtegroep AfriForum het die minister van polisie, Bheki Cele, se stelling dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie, skerp gekritiseer, terwyl die landbouorganisasie TLU SA eis dat Cele moet verduidelik oor of plaasaanvalle en -moorde die aandag ontvang wat dit dringend benodig.

Die minister het vandeesweek in die parlement, in antwoord op ʼn vraag van die DA, gesê dat die misdade nie as prioriteit geklassifiseer word nie omdat dit reeds onder ander misdade soos moord, poging tot moord, seksuele aanvalle, aanranding en roof as statistiek vasgelê word.

Volgens Cele word dié misdaad volgens die polisie se nasionale landelike veiligheidstrategie hanteer. Dié plan is vroeër vanjaar in werking gestel.

“Vir die minister gaan dit blykbaar oor die semantiek en nie die beskerming van menselewens nie. Navorsing het reeds bewys dat die tipe aanvalle en moorde op plase ander elemente as die ‘normale’ moord- en roof-voorvalle het,” het Henry Geldenhuys, president van TLU SA, gesê.

“Vir ons is die beskerming van ons lede – die landbouers wat elke dag die kos produseer wat Suid-Afrikaners eet – die belangrikste kwessie. Die minister moet ook weet dat landbouers saam staan en dat hulle die land kan lamlê indien voedselproduksie geaffekteer word.”

TLU SA sê die onlangse plaasaanvalle gaan gepaard met uitermatige vlakke van geweld en rassespanning. Dit word verder op ʼn mespunt gedryf deur uitsprake van die EFF oor grondkwessies en Cele wat kommersiële boere as disrespekvol uitkryt en toelaat dat hulle verskree en beledig word.

“Die minister laat landbouers in die land in die steek. Ons grense word nie beskerm nie, veediefstal neem al hoe meer toe en plaasaanvalle word al hoe meer gewelddadig. Ons terugvoer wys ʼn kommerwekkende element van rassehaat in aanvalle. Dit is goed en wel dat die minister sê hy beskou die moord van enige Suid-Afrikaner as ernstig, maar dit is ook tyd dat hy besef dat ras wel ʼn rol speel wanneer dit by plaasaanvalle kom.”

AfriForum het Cele se stelling oor die prioritisering van plaasmoorde intussen as “irrasioneel en diskriminerend” bestempel.

AfriForum het intussen ’n aanlyn petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê Cele se uitdruklike stelling – dat plaasmoorde nie ’n prioriteit is nie – bevestig wat hy meen nog al die jare die werklikheid in Suid-Afrika is.

“Die bewering dat dié misdaadverskynsel nie geprioritiseer kan word nie omdat dit bloot ’n verskyningsvorm van ander misdade is, is irrasioneel omdat alle prioriteitsmisdade verskyningsvorme van ander misdade is,” sê Roets.

“Renosterstropery is ’n verskyningsvorm van stropery; transitorooftogte is ’n verskyningsvorm van motorkaping en ander misdade; koperkabeldiefstal is ’n verskyningsvorm van diefstal; bendegeweld is ’n verskyningsvorm van moord, aanranding en ander misdade; geweld teen vroue is ’n verskyningsvorm van ’n aantal misdade. Só kan ons voortgaan.

“Cele se uitspraak is niks anders as diskriminasie teen boere nie, omdat dit klaarblyklik nie by die regerende party se politieke projek inpas om hom met die veiligheid van voedselprodusente te bemoei nie,” sê Roets.

“Feit is: Plaasmoorde is ’n unieke misdaadverskynsel wat unieke gevolge vir die samelewing as geheel inhou. Dit op sigself is genoeg gronde om dit te prioritiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Belinda ·

Dan word hy ‘n sak vol geld betaal vir sulke nikswerd antwoorde.

pestilensie ·

Rasseklasifiseering is so in ons land ingeweef dat moord op n witman eintlik nie n misdaad is nie . Moord op n swartman deur n witman word wel in n baie erenstige lig gesien . Nie een van ons ministers kan plaasmoorde veroordeel sonder die woord “ maar”

Persheks Adri ·

Is dit huh groot hoed?

Ons sal onsself beskerm teen die regering en die res van die wêreld. Dan moet julle daai mal groot hoed op sy plek hou om NIE ons blankes te ontwapen NIE! Neem kennis en maak ‘n nota Cyril en kaders!

Pieter ·

Dit is tyd dat ons boere op hou kla en stanpunt in neem. Dink ons boere regtig die ANC kommuniste is gepla oor ons tyd dat ons wakker skrik

Frannie ·

Dit bevestig net vir my dat die regering agter die plaasmoorde sit.

Aai ·

As hulle nie optree en streng raak teen die mense wat dit pleeg sit hulle 100% agter dit.

Nic ·

cele jy eet elke dag die boere se kos maar jy gee glad nie om of hulle vermoor word nie
ek hoop dit pla jou elke keer as jy ons boere se voedsel eet .jy is n skande vir ons land

Werner ·

Dit pla hom defnitief nie hy dink hy sal die kos goedkoper invoer.So hy soek eerder stemme ten koste van die boere.Ons boere sal moet voorbery om na onsself te kyk want die regering sal nooit die komandos terugbring nie.Maar gelukkig het ons hulle nie nodig om die komandos terug te bring nie want dit is n boere ding ons kan dit sommer self instel . Die ouens moet maar net bereid wees om self in te spring

Jannie van Niekerk ·

Dit beteken maar net dat ons liewe minister plaasaanvalle en moorde goedgesind is.

Persheks Adri ·

Julle is in elk geval useless verby so ons sal na onsself kyk! Los net ons wapens uit. Jy is ook nie vir ons ‘n prioriteit nie nog minder jou mense of jou mening tsek man!

Aai ·

Julle moet nie vergeet hulle leer hulle kinders die kos kom van Checkers af.

Genis ·

Die problem is jou Nar, daar n verskil tussen n mes steek in n tavern waar almal gesope is, en niks tot die ekonomie bydrae.. Die dood van n produktiewe boer het verykende gevolge, op die familie, gemeenskap, die land.. Maar ja ek moet dit ook eko, dis net weer n bewys hulle sit agter die ewil.

Blikkies ·

Ek se ook die Regering sit agter die Plaasmoorde. Hulle wil nie help nie, So, ek neem aan die aanvallers moet nou maar net so wreed vermoor word sonder genade as hulle gevang word.

Hoekom ·

As hulle nie die ooreenkomste van CODESA nakom nie dan stel ek voor dat ons dit ook nie nakom nie. Tyd vir ingryping en as dit lei tot burger” ” dan is dit maar so…

Nie Verbaas ·

Verwys net na vroeer berig oor verdomming van Suid Afrika.

Nie Verbaas ·

Gelukkig word respek verdien en nie afgedwing nie. Net soos gepoogde intimidasie n teken van minderwaardigheid is.

Woef ·

If you can’t beat them, join them – maak soos al die vakbonde: STAAK! Die boere moet hulle produkte terug hou vir ‘n week of twee sodat die regering kan besef wat hulle werklik beteken. Blikkies kos sal net so lank hou onder miljoene mense. Geen pap en vleis, brood of vars vrugte en groente nie.

Tienie ·

Vlg jaar is dit Bevolking SENSUS jaar.

Dit is dan tyd om te weier om jou inligting aan hulle te verskaf….

Jacobus ·

Baie van opskrifte op MM suggereer dat ANC glad nie haastig of van plan is om misdaad van watter aard te belemmer nie. Mr Cele ons en boere betaal julle vet salarisse en sit kos op die tafel. En om julle eie ondersoekers nie te beskerm nie is verraad. Net die useless cronies word opgepas!

Nicole ·

Die ding moet ook eers van die honger omkom voordat hulle sal besef ñ Zim situasie is HULLE voorland!

Michael ·

Nicole die probleem is dit pla hulle nie as die burgers van honger omkom nie. Onthou dis die burgers wat sterf van die honger, nie hul leiers nie. Kyk maar na Zim en ander Afrika lande-die burgers sterf in hul miljoene van die honger maar die leiers leef in weelde soos min ander leiers in ander lande. So Zim skrik hulle geensins af nie-hulle sien net die rykdom van die Zim leiers nie die ellende van die burgers nie

Johann ·

Boere moet vir so twee seisoene net ophou produseer, maar ons sal hulle dan finansieël moet ondersteun.

Melanie ·

Minister van polisie… geen wonder…. Ek eerder my tong in my kies sit!!

RS ·

Verwag niks minder nie. Ook van daai wat nie n idee het waarvan hy praat nie. Sak vol wind.

Bielie_vd_Bosveld ·

Ek is stom geslaan – Wat kan hulle (ANC) tog daaruit baat om die erns van die situasie te ontken?
Hoekom beskou die een kant van die rasse-spektrum die misdade as uiters ernstig, terwyl die ander kant heeltemal ontken dat daar ‘n probleem is. Is hy bewus van al die optogte, en van Swart Maandag wat beplan word.

Dit maak seer, as mens so gering ge-ag word. Uiters opsetlik en gevoelloos.

Schalk ·

Besef hy dat die voedsel op sy tafel gelewer word deur mense oor alle rasse en geslag aan mense soos hy? Besef hy dat boere die land se groottste bate bly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.