Cele se verskonings oor DNS-agterstand verwerp

Minister Bheki Cele (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

TLU SA het geen simpatie met Bheki Cele, die minister van polisie, se slapelose nagte oor die onaanvaarbare agterstand met DNS-toetse in die polisie se forensiese afdeling nie.

“Hy is die oorsaak van die agterstand en behoort opsy te staan sodat ʼn kundige persoon sy gemors kan opruim,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.

Die organisasie het reeds in Maart vanjaar ʼn petisie van stapel gestuur om die minister se kop te laat rol. “Onder sy wanbestuur van die departement is die SAPD se vuurwapenregister en die stelsel wat DNS-bewyse stoor afgeskakel voordat daar enige alternatiewe stelsel in plek was. Hy het gister in die parlement erken dat meer as 200 000 bewyse onverwerk lê en wag. In Januarie en Februarie het die forensiese afdeling nie eers die nodige middels gehad om DNS-monsters te verwerk nie en Cele het eers later daarvan uitgevind,” het Geldenhuys bygevoeg.

“Hoe erg moet ʼn minister in hulle pos droogmaak om afgedank te word?” wil Geldenhuys weet. “Hoeveel gesteelde wapens of selfs dienspistole moet in die hande van misdadigers land voordat daar teen Cele opgetree gaan word? Hoeveel boere, gesinne en plaaswerkers moet in vrees vir hulle lewens wag op nog ʼn aanval omdat DNS-bewyse nie verwerk word nie?”

Geldenhuys meen die situasie is onaanvaarbaar en hy doen ʼn dringende beroep op president Cyril Ramaphosa om minister Cele onmiddellik af te dank.

TLU SA sal nou ook ʼn skrywe aan die portefeuljekomitee oor polisie rig dat die minister uit sy pos ontslaan moet word.

“Cele moes nooit as die minister van polisie aangestel geword het nie. Hy is in 2013 afgedank as polisiekommissaris oor korrupsie. Hoe op aarde het dit hom nie gediskwalifiseer as ʼn kandidaat in enige pos te doen met wet en orde nie?”

Ondersteun gerus TLU SA se petisie om Cele afgedank te kry hier: https://www.tlu.co.za/tsamaea-cele/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Maar ou adoons loop soos groot mnr op die strand rond en pla mense wat onskuldig is. As jy n skelm is dan word jy n menister van die ANC gemaak.

SjN ·

Daar is puik kanidate wat bevoeg en bekwaam is om dit reg te ruk en te handhaaf, haal net politiek uit die aanstelling.

Jack ·

Vir die ANC word jy aangestel om dat jy lojaal is of was teenoor daie ANC.Geen bevoegdheid of kundigheid is nodig vir die werk.Geen graad,ervaring of kennis nodig.As jy misdaad rekord het is jou kanse nog beter. Nou ja dan kan jy verstaan hoekom Cele daar is.Hy is daar vir sy vet salaris aan die einde van die maand.Geen ander rede.

Strandloper ·

Ons beskaafde taal laat my sukkel om n behoorlike opinie te gee….sonder om lank en hard te vloek.

KB ·

Tata, koebaai en nicht wiedersehn…moenie dat ons jou verhinder nie.

Oubobbejaan ·

Ja mnr Hoed was meer bekommerd oor wit mense op strande as sy werk.

Persheks Adri ·

Cyril gaan hom nie laat hamba khaye nie hy’t nie die ruggraat nie! Hoe slegter jy is hoe verder klim jy die leer pateties verby!

Elize ·

Mens MOET ‘n kriminele rekord hê om ‘n hoë pos in die ANC te kry

Nie Verbaas ·

Hierdie man is totaal onbevoeg. Hoe het hy minister van polisie geword as hy as kommissaris afgedank is? Kader plasing?

Danny ·

Raar maar waar – net nog ‘n bewys dat die staat ons mense faal. Daagliks. Laat ons alles privatiseer!!!

Willem ·

Dit gaan uiteindelik nié oor Cele se kundigheidof sy onkreukbare karakter nie. Dit gaan oor sy stamverband en sy politieke steun al dan nié vir Rhamaphosa. Sy vermoëns is op die vlak van strandpatrollies en beslis nie op die vlak van forensiese wetenskap nie.

Genis ·

Die probleem is, Cele pas in die ANC kraal… Hy praat hulle taal… Hoekom sal die ANC wil he, plaas moorde moet ondersoek word? Hulle EFF vrinne propogeer dit dan? O ja en Cyril noem daar bestaan nie so iets nie?

Anoniem ·

Cele moet eerder daai hoed van hom weggooi en kaalkop loop. En Wie glo nog sy stories????Wat beteken hy as Minister????

Jakes ·

Nes al sy medeministers in die parlement is hy net so onbevoeg om sy werk te doen. Die grootste sirkus ter wereld.

Elize ·

#Celemustfall. Hy is ‘n swak minister. Hy hoort nie in so ‘n belangrike pos nie.

Tom ·

Ek is nou geen kenner op duur hoede nie, maar ek verstout my om te sê die hoed op die meegaande foto is ‘n bietjie knap of hoe?

Nico ·

Het hy ooit kennis van polisiëring of het dit status van minister op ‘n skinkbord gekry.

Jack ·

Hy bly n verskoning vir n staatsamptenaar. Is met korrupsie uit en met korrupsie weer terug. Nogal n generaal van waar gehaasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.