Cele stel nuwe waarnemende Opod-hoof aan

Minister Bheki Cele (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Terwyl Robert McBride vasbeslote is om deur ʼn hofgeding weer in sy pos as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangestel te word, het die minister van polisie Vrydag ʼn nuwe waarnemende Opod-hoof aangestel.

Victor Ofenste Senna, tot nou die finansiële hoof van Opod, sal in ʼn waarnemende posisie die leisels van die polisiewaghond oorneem. Senna se nuwe posisie is sedert gister van krag.

Die departement van polisie sê in ʼn verklaring minister Bheki Cele het Senna (40) vir ʼn tydperk van drie maande aangestel. “Wat nodig is op hierdie vlak van bestuur is die wysheid en begrip om die land se fundamentele mandaat soos deur die Grondwet aangedui te handhaaf. Mnr. Senna moet dit sy prioriteit maak om te verseker dat Opod onafhanklik bly en sy bedryfsmandaat sonder vrees, voordeel of vooroordeel uitvoer,” het Cele gesê.

Senna, wat voorheen in die Gautengse departement van gesondheid en by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) werksaam was, is in Februarie verlede jaar as die finansiële hoof van Opod aangestel. Hy was voorheen ook agt jaar lank die direkteur van finansies in die departement van wetenskap en tegnologie.

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Cele sal in die week met die senior bestuur van Opod, asook die provinsiale hoofde, vergader oor die nuwe aanstelling. Woensdag sal hy en Senna ook voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie verskyn sodat die nuwe Opod-hoof aan die komiteelede voorgestel kan word.

Cele het reeds vroeër vanjaar aanbeveel dat McBride vervang moet word wanneer sy termyn op 28 Februarie tot ʼn einde kom. Die portefeuljekomitee oor polisie het dié aanbeveling aanvaar en McBride is amptelik uit die kussings gelig. Die komitee het aangevoer sy redes om nie McBride se kontrak as hoof van Opod te hernu nie is weens die verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen McBride en Cele, asook bewerings van wangedrag teen Opod-lede wat deur die Openbare Beskermer ondersoek word en die feit dat McBride geen sekerheidsklaring het nie.

Nou het die voormalige Opod-hoof ʼn dringende hofaansoek ingedien waarin hy aanvoer die komitee se besluit was “onwettig en ongeldig” en moet “hersien en ter syde gestel word”. McBride glo sy verwydering is polities gemotiveerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marco polo ·

So ‘n finansiele ou met geen polisie ondervinding word aangestel as hoof van Opod? Hoe lekker lag die Zuptas en Bosasa skurke nou.

marco polo ·

Jammer, regstelling. Moet wees hoe lekker lag die skurke in die polisie nou.

Afrikaner ·

Julle moes vanoggend Dawie Roodt en Tim Du Plessis se praatjie op Ontbytsake gehoor het, kyk gerus na die heruitsending. Dinge kook. Hulle beweer McBride is ook in die spervuur omdat hy hooggeplaasdes in die visier gehad het. So wat nou Cyril, vra hulle.

Hendrik van George ·

Ek het nog nooit enige tyd vir bom planter Mcbride gehad nie, en verbly myself met sy huidige posisie. Wat egter kommerwekkend is, is dat die hoof van die instelling weereens deur ‘n politikus aangestel word. Hulle is veronderstel om onafhanklik te funksioneer…

Daan Erasmus ·

Ons kan Mc Bride by Tshwane aanstel. Daar kom mos nou ‘n vakketure. Met die dat die Metro Polisie Hoof nie as ‘n Spietkop gekwalifiseer is nie.

Johann ·

Ok… so die bomplanter word weggejaag en die nuwe een kan geld tel? Seker belangrik want hys so obvious daar om die wat gevat het mooi te help om nie gevang te word nie?

zoom zoom ·

Die man het by SASSA ook gewerk en kyk wat se gemors het daar plaasgevind. . Cele en sekere ANC lede is bang vir die waarheid.

JAN ·

McBride is ‘n anti-sosiale risiko vir al sy naastes.
Celle [ oud Koevoet nie waar nie?] is ‘n absolute skitterende polisieman En geliefd onder die wittes en swart personeel.
Hy het tientalle lede van kaper bendes laat doodskiet en een lewend gehou vir inligting.
Kapers en moordenaars word summier doodgeskiet. Dis al antwoord.
Oe ek LIEF Celle !!

Lekker ·

Aan Dawie Roodt – bepaal jou maar by ekonomiese sake. Aan Tim du Plessis – jy weet seker dat McBride ‘n selferkende moordenaar is en di eondersoeke by Opod word nie deur homself gedoen nie. Opod se rekord teen polisie korrupsie is lagwekkend swak. Good riddance of bad rubbish McBride, gaan terug spietkops toe

Cherokee ·

‘selferkende moordenaar’? Soek jy nou witvoetjie of probeer jy na die beste van jou ver(domde)ë om ‘n moordenaar vry te skelt? Loop lig outjie want ten spyte van jou verontskuldiging is jy steeds ‘n kroek

marous ·

Polities gemotiveerd ? Is hy dan nie een van hul struggle broers nie ?

IK ·

Is die hooftooisel ‘n Battersby-hoed? Sjoe, hy lyk goed daarmee . . .

Hennie ·

Eers n geld teller toe by SASSA nou by obot magtag kan hierdie persone nie die begrip van verantwoordelikheid besef nie net so goed jy stel n staats president aan wat lewenslank tronkstraf uit dien. Hulle het nie n begrip van enige wysheid en geen oordeels vermoeë nie.

tamboti ·

Die hele gemors tedanke daaraan dat ANC nie een opregte en wetvresende kandidaat het wat GESKIK is vir die pos nie! As hul gehad het sou hul lankal die aankondiging van die nuwe hoof wat McBride sal vervang, gemaak het. Nou moet hul agterna die finansiele outjie as tydelike hoof aanstel. Seker moet hul wag tot na die verkiesing om te besluit watter faksie gaan die ander vervolg. SA word nogsteeds as gesylaar gehou in die era van Ramafloppie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.