Cele waarsku teen Twitter-profiele in sy naam

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het gesê hy neem met kommer kennis en stuur ʼn sterk waarskuwing uit teen enigiemand wat vervalste Twitter-profiele onder sy naam bedryf. Hy het ook sy teleurstelling en walging uitgespreek oor die plasings op van dié Twitter-profiele.

Die minister stel dit onomwonde dat enige Twitter-profiel of enige ander sosialemediaprofiel onder sy naam vals is en dat niemand magtiging het om enige sosialemediarekening namens hom te bedryf nie. Alle amptelike kommunikasie oor sake uit die kantoor van die minister van polisie sal deur sy kantoor versend word.

Die minister neem ook kennis, sedert sy aanstelling, van kommentaar op sosiale media oor hom van werklike individue en verwelkom en ontvang dit alles as “boublokke vir ʼn gesamentlike poging om ʼn veilige Suid-Afrika vir almal te skep”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.