Cell C-banier: ‘Dis wraak’

Die banier soos dit oorspronklik gelyk het. Foto: Twitter

Die banier soos dit oorspronklik gelyk het. Foto: Twitter

Die hooggeregshof in Johannesburg sal Donderdag uitspraak lewer rakende Cell C se dringende aansoek om ʼn “lasterlike” banier te laat verwyder.

“Dit gaan oor wraak en vergelding,” het Shem Symon Woensdag aan die hof gesê. Symon verteenwoordig George Prokas, die sakeman wat die banier laat oprig het. “Ons het ʼn eerste respondent [Prokas] wat ʼn verbruikersadvokaat is. Hy dring aan op die reg om gehoor te word.”

Volgens Symon het Prokas vir ʼn lang periode probeer om die dispuut met Cell C op te los voor hy die banier laat oprig het. Symon wou weet hoe Cell C vir ʼn tussentydse interdik kan vra vir iets wat reeds gebeur het. “Dit is ʼn reaksie in die moderne omgewing van elektroniese media waar verbruikers nee sê.”

Prokas het die banier Vrydag by die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland laat oprig. Die banier het gelui: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City. Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!”.

Christopher Whittcutt, Cell C se regsverteenwoordiger, het aangevoer die banier is ʼn lasterlike stelling en onbeskaamd so.

Die hof het gehoor dat daar in 2013 ʼn dispuut tussen Prokas en Cell C ontstaan het nadat hy ʼn selfoonkontrak vir sy seun uitgeneem het. Die foon se toegekende nommer het egter aan ʼn ander persoon behoort en is deur die persoon gebruik. Dié persoon het ʼn rekening van nagenoeg R5 000 gehad. Prokas het die stoporder vir die foon in Oktober verlede jaar gekanselleer.

Prokas het vroeg in 2014 ʼn motor probeer koop waarna hy verneem dat hy as ʼn slegte skuldenaar gelys is weens die R5 000 wat nie betaal is nie. Hy het Cell C genader om die situasie te probeer oplos maar teen einde Oktober was daar nog geen vordering nie.

Prokas het e-posse aan Cell C gestuur waarin hy aangedui het dat hy die banier gaan oprig indien sy klagtes nie hanteer word nie. Prokas het R61 200 betaal om die banier te laat maak en op te rig.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nestus ·

Groot besighede het hulle eie reëls en individue kom altyd tweede wanneer hulle benadeel word. Indien CellC die persoon gehelp het, soos wat ‘n verantwoordelike besigheid moet doen, sou daar geen hofsaak gewees het nie…. maar hulle het mos hulle eie reëls en gee nie om hoe hulle nalatigheid die individu beïnvloed nie. Sal graag wil weet wat die uitspraak gaan wees.

Riaan Slabbert ·

Pragtig Prokas. Ek staan 100% by jou. Wens ek het die geld gehad om sekere instansies so aan te vat.

Ashtia Horne ·

Dis nie wraak nie. Wat het geword van klientediens. Dis jammer dat mense tot sulke lengtes moet gaan oor hulke nie klientediens kry nie. Miskien is dit n oogoopmaker. Veral vir sulke groot maatskappye.

Naas ·

Mnr Prokas, ‘n dubbele Bells vir jou! Hierdie konglomorate met baie geld in die bank sal jou lank in die hof kan besig hou om jou finansieel uit te mergel. Jy moet egter vas staan. Al gee die hof Cell C gelyk het jy jou punt gemaak. Ek twyfel egter want dis hulle fout dat jy as slegte skuldenaar gelys is. Gee hulle gas!

Stewart ·

Die swak diens kom oral voor. Dit wil voorkom of meeste mense agter die toonbank dink hulle doen jou n verskriklikke groot guns om jou te bedien, is nooit opgevoed om te weet dat die kliente die belangrikste persoon in die besigheid is nie. Go for it mr Prokas, eis sommer die banier ook van hulle, nou het jy hulle aandag ten einde.

Jennifer ·

Ek dink publiek raak so Frustreerd want hierdie groot haaie worry net nie. Ek het so met Vodacom ook gesukkel en wou my polse stukkend kou. Ek het op die ou einde die iPad ter sprake in trane stukkend ge gooi en aan die bestuurder van Vodacom gegee as geskenk . Daar is die consumer protection act maar hulle lag vir jou. Ek het nie eens n response hulle op my mails gekry nie. Ek ondersteun die man Wat die banner gemaak het. Dis tyd dat ook hierdie firmas sien hulle kan nie weg kom met als omdat consumers klein is nie.

Louis le Roux ·

Die nalatenskap van regstellende aksie.
onopgeleide en onopleibares wat in hoogbetaalde poste aangestel word. Was die anderdag by een van hul takke in Centurion Mall om databondel op my dongle te kry. Kannie help nie want hulle het een of ander kode hê. Gaan toe na die ander tak in dieselfde kompleks. Stap 10 min later uit met databondel gelaai. Hoe dan nou? Vra maar net.

amelia ·

Jammer, maar ek dink niks van Cell C nie. Baie van my vriende is by hulle en hulle is miskien die goedkoopste, maar ek weet hoeveel smse en hul nie bereik nie. Hul opvangs is pateties! Dit is ‘n goeie voorbeeld van betaal peanuts en kry bokkerol diens.

Martie ·

Regstellende Aksie gaan nog die land lam le! Hulle dink niks van op en wakker klientediens nie, jy pla hul of val hul gesprekke in die rede met medewerkers. Hulle het die idee dat hul gearriveer het en jy moet jou mond hou en mag niks se want daar is net 2 woorde in hul woordeskat – apartheid of diskriminasie ! Want verder as dit gaan hul vermoee nie om te redeneer waaroor besigheidswereld werklik gaan nie. Mr Prokas jy is in die posisie om namens derduisende SA’s te praat gee hulle gas! Sterkte! ek is een van duisende mense met jare se ervaring en kry nie werk agv Regstellende Aksie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.