Cell C-banier geskend

cell cDie Cell C-banier wat deur ʼn ontevrede kliënt by ʼn winkelsentrum in Johannesburg opgerig is, is geskend.

Die banier hang by die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland, Johannesburg.

Maroela Media het vroeër berig oor die banier wat lui: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City. Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!”.

Die banier het Woensdagoggend egter anders gelyk en lees nou: “Die mees bruikbare diensverskaffer in SA soos ervaar via Cell C Sandton City. Ons is lief vir Cell C.”

Intussen sal die hooggeregshof in Johannesburg Woensdag Cell C se dringende aansoek om die banier te laat verwyder, aanhoor.

“Die kliënt en WorldWear-winkelsentrum se bestuur het Donderdagaand briewe gekry waarin daar geëis is dat die banier verwyder word,” het Karin Fourie, woordvoerder van Cell C, Maandag gesê. “Ons eis is deur die kliënt en die sentrum se bestuur geïgnoreer en Cell C het besluit om ʼn dringende aansoek te bring om die banier te laat verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Etienne ·

Cell C laat dit vir julle ‘n les wees. Moenie vir een oomblik dink julle is untouchable nie. Ek self het 3 kontrakte met julle en my diens nie na wense nie.
Ons is nie hier vir julle nie, julle is hier vir ons as kliënte en as gevolg van ons. Telkom lees baie mooi julle lot kom vinniger as wat julle vermoed.

Susan Jordaan ·

Ek haal my hoed vir hierdie sakeman af. Dis nie net Sandton tak nie, maar Cell C ingeheel. Die swakste netwerk denkbaar. Ek wil hulle dienste nie eers gratis he nie.

Theresa ·

Geskend. Ha ha!! Dis vreeslik snaaks. Die sakeman se saak is klaar duidelik gestel en as Cell C se mense nou onderaan gaan verf “We love Cell C” beteken absoluut niks.

charmaine ·

Arrogansie is n lelike ding….dan kan jou op jou kniee bring!

Elizabeth ·

Hoe kinderagtig om nou maatjies te stuur om die banier te verander. Hulle moet liewer hul diens verbeter in plaas van infantiel optree!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.