
Die nuwe Cell C-banier. Foto: @jhb_flash op Twitter.
Die banier hang by die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland, Johannesburg. Dit het aanvanklik gelui: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City. Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!”. Bo aan die banier het daar in baie klein skrif gestaan: “waargeneem deur die eienaar van die banier as”.
Cell C het hierna om ʼn dringende interdik aansoek gedoen en geëis dat die banier verwyder word. Die hooggeregshof in Johannesburg het egter Cell C se aansoek van die hand gewys en die selfoondiensverskaffer beveel om die kliënt wat die banier opgerig het, se regskostes te betaal.
Die banier is, kort voordat die hofaansoek aangehoor is, deur ʼn onbekende persoon geskend en het toe gelees: “Die mees bruikbare diensverskaffer in SA soos ervaar via Cell C Sandton City. Ons is lief vir Cell C.”
Op die huidige banier is die Cell C-logo verwyder en lees nou: “Cell C – deur die eienaar van die banier waargeneem as die mees nuttelose diensverskaffer in SA soos ervaar via Cell C Sandton City.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Ek was vir jare lank ‘n baie tevrede Cell C kliënt gewees. Ongelukkig kan ek die laaste jaar nie meer so sê nie, aangesien ons soortgelyke probleme as die ongelukkige kliënt wat die banier opgerig het ondervind. Ek verstaan absoluut sy frustrasie en hoop van harte Cell C beplan om spoedig iets aan hulle huidige swak diens te doen!!
Tong in die kies….. ek hoor Oscar is van Vodacom oor na Cell C en blykbaar tevrede met die diens………