Cell C-banier weer verander

Die nuwe Cell C-banier. Foto: @jhb_flash op Twitter.

Die nuwe Cell C-banier. Foto: @jhb_flash op Twitter.

Die Cell C-banier wat deur ʼn ontevrede kliënt by ʼn winkelsentrum in Johannesburg opgerig is, is weer verander, het The Star Donderdag berig.

Die banier hang by die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland, Johannesburg. Dit het aanvanklik gelui: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City. Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!”. Bo aan die banier het daar in baie klein skrif gestaan: “waargeneem deur die eienaar van die banier as”.

Cell C het hierna om ʼn dringende interdik aansoek gedoen en geëis dat die banier verwyder word. Die hooggeregshof in Johannesburg het egter Cell C se aansoek van die hand gewys en die selfoondiensverskaffer beveel om die kliënt wat die banier opgerig het, se regskostes te betaal.

Die banier is, kort voordat die hofaansoek aangehoor is, deur ʼn onbekende persoon geskend en het toe gelees: “Die mees bruikbare diensverskaffer in SA soos ervaar via Cell C Sandton City. Ons is lief vir Cell C.”

Op die huidige banier is die Cell C-logo verwyder en lees nou: “Cell C – deur die eienaar van die banier waargeneem as die mees nuttelose diensverskaffer in SA soos ervaar via Cell C Sandton City.”

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fransie ·

Ek was vir jare lank ‘n baie tevrede Cell C kliënt gewees. Ongelukkig kan ek die laaste jaar nie meer so sê nie, aangesien ons soortgelyke probleme as die ongelukkige kliënt wat die banier opgerig het ondervind. Ek verstaan absoluut sy frustrasie en hoop van harte Cell C beplan om spoedig iets aan hulle huidige swak diens te doen!!

Elizabeth ·

Fransie, ek stem – hoekom nou die howe se tyd mors met hofsake en prokureurs ryk maak; spreek die probleem aan en bou so weer ‘n goeie naam vir jou firma. Is dit nie waarna elke besigheid strewe of behoort te strewe nie?

Eben ·

Elizabeth absoluut waar … kan nie dink dat Cell C deur dit alles gaan en dan verloor hy die hofsaak ook. Kom ek wees eerlik, ek sal NIE eers kyk in die rigting van Cell C vir enige produk van hulle op die tafel. Ek is bang dit gebeur met my ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.