Cell C hof toe oor banier

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Cell C gaan Maandagoggend ʼn dringende hofaansoek bring om ʼn banier wat deur ʼn ontevrede kliënt by ʼn winkelsentrum in Johannesburg opgerig is, te verwyder.

Die aansoek sal in die hooggeregshof in Johannesburg gebring word teen die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland.

“Die kliënt en WorldWear-winkelsentrum se bestuur het Donderdagaand briewe gekry waarin daar geëis is dat die banier verwyder word,” het Karin Fourie, woordvoerder van Cell C, gesê. “Ons eis is deur die kliënt en die sentrum se bestuur geïgnoreer en Cell C het besluit om ʼn dringende aansoek te bring om die banier te laat verwyder.”

Maroela Media het Vrydag berig oor die banier wat lui: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City. Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!”.

Cell C het Vrydag in ʼn e-pos aan Maroela Media gesê hulle kan bevestig dat daar ʼn dispuut is met die kliënt wat verantwoordelik is vir die banier en dat hulle poog om die saak op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elizabeth ·

Plaas dat hulle hul swak diens uitsorteer – nou hol hul hof toe. Ek sal MY so skaam as iemand dit van my besigheid moet sê/doen, ek sal ALLES in my vermoë doen om die kliënt se probleme aan te spreek. Dink net, die tevrede kliënt sal mos dan oral vertel Cell C gee om en het alles uitgesorteer! So wen jy eerder nuwe kliënte by! Wel, hulle moet, weet die skade is gedoen, almal lag vir hulle en persoonlik sal ek nou nooit eers dink om hul te ondersteun nie!

charmaine ·

Dis nou kommer wekkend want ek wil my kontrak met n ander useless maatskappy kanselleer en Cell C toe gaan, sal dit wys wees?

MartinLJ ·

Verander maar gerus van een useless na ‘n ander.

Ons moet net onthou dis nie MTN, Vodakom of Cell C wat swak is nie, dis die Diesnverskaffer self.

Wonder-Net ·

Ja-Nee, tipies Cell C…. :-)
Ek het ook al my deel van hul onhulpvaardige houdings gehad.

Ghost ·

Geluk aan die winkel wat saam staan teen diensverskaffers wat swak dienste lewer. Ons is ongelukkig in n samelewing waar n groot hoeveelheid verskaffers nie omgee oor hulle dienste en om probleme op te los nie. Sien dit daagliks in winkels soos Checkers en Pick a Pay, wat die toue lank staan dan gin en gaap die kasiere en maak praatjies en help nie mense nie.

Theresa ·

Pleks laat julle liewe die gemors regmaak en nie nou worry oor die banier nie. Maar dis omdat die banier “ware woorde” bevat dat julle nou regop spring.

Paul ·

Dis darem so ironies, die groot Maatskappye het die geld om vreeslike advertensies te loots op al wat media is, hoe irriterend dit ook al is. Hulle wil hulle omset vergroot met dom mense wat hulle nog laat vang met advertensies. Daarinteen as die publiek alle kanale gevolg het om sy regte te beskerm en daar geen gehoor gegee word aan sy probleem nie wend hy hom na iets drasties soos ‘n banier om sodoende sy probleem opgelos te kry. Ek hoop die Regter wat die aansoek aanhoor vee dit van die tafel met koste. Daar is geen manier hoe die publiek, sonder groot finansieel kostes sy stem kan laat hoor nie. Dis onsin en as ‘n verskaffer van ‘n produk nie sy kant bring nie moet die benadeelde ‘n maklike manier hê om dit aan die groot klok te hang.

Rieks ·

Hallo Paul – myne ook nie – seker omdat ek een van die ander verskaffers by die naam genoem het – :-( volgens my is hulle almal dieselfde. Groot beloftes en verder NIKS!

Stof ·

‘n Werknemer van die sentrum wat deur ‘n Cell C verteenwoordiger gedreig is, is baie ongelukkig omdat van hom verwag word om die verwydering sonder medewete van die sentrumbestuur te doen. Hy het verduidelik dat die sentrum sy salaris betaal en hy dus nie sy werk in gevaar mag stel deur buitestaanders se versoeke te mag oorweeg nie. Die name wat hy daarna genoem is, was veelkleurig en het hom insig gegee in ‘n stukke van sy karakter wat hy nie dag hy had nie… Die realiteit is dat enkele werknemers nie geviktimiseer kan word omdat hulle werkgewers dalkies aan ander aanstoot gee nie. Hierdie mense werk in ‘n klimaat waar werk skaars is en dit moeilik sou wees om ander werk te kry sou hulle bestuur hulle in die pad steek oor buitestaanders se opdragte wat nie deur die sentrumbestuur geverifieer is nie. Hulle het gesinne om voor te sorg, en neem die verantwoordelikheid om hulle werk op te pas. Daarvoor eer ek hierdie werker. Voordat ons dus oordeel, laat ons eers die hele prentjie kry. WSJD?

daan badenhorst ·

Tipies sell C, dit sal nooit nodig gewees het vir al die oproer as hulle maar net hul kliente wat tog die melkkoeie van die besigheid is net bystaan met diens, dis tog waarvoor hulle betaal

carel ·

ek het ook al met cell cccc gesukkel – miskien moet hulle tot die besef kom jy kan nie mense soos gemors behandel nie – ek gaan sommer vandag vir hulle kennis gee en oorgaan na n ander verskaffer – as ons saam staan en hul kompetiesie ondersteun sal hul dit in hul sak voel.

Dalk is die maatskappy nie so sleg nie maar sekere mense binne die maatskapy maak hom sleg…..as n klant n probleem het en kla verwag hy dit moet opgelos word – as cell CCC nie wil help nie steel hulle mos sy geld?

nee kom nou mense …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.