
‘n Skermskoot uit die advertensie.
Maroela Media het vroeër berig die GRS het meer as 50 klagtes ontvang oor die advertensie. Die advertensie wys hoe ʼn man inkopies doen, vir parkering betaal, brandstof ingooi, onder ʼn e-tolhek deurry, onder beurtkrag gebuk gaan en rekeninge betaal. Die aksies gaan telkemale gepaard met ʼn bronstige hond wat die man aan sy been beetkry.
Die klaers het onder meer aangevoer dat die advertensie ʼn hond wys wat seksuele dade uitvoer en dat dit ongeskik en eksplisiet is vir blootstelling aan kinders. Daar is ook aangevoer dat die advertensie misleidend is aangesien dit gedrag toon wat nie algemene gedrag onder honde is nie en dat dit moontlik op dieremishandeling neerkom.
Die GRS het bevind hoewel die advertensie ʼn seksuele metafoor bevat, dit ʼn metafoor is wat die teikengehoor sal verstaan om die boodskap oor te dra dat Cell C ʼn produk of diens aanbied wat beter waarde vir geld is, in teenstelling met ander instansies waar ʼn mens “uitgebuit” word.
Volgens die GRS is dit verstaanbaar dat hoewel sommige mense die advertensie as kras en in swak smaak sal beskou, die ooglopende metafoor nie verlore sal gaan vir die gemiddelde verbruiker nie. “Die klagtes word gevolglik verwerp en die respondent word daaraan herinner om by sy onderneming te bly dat die advertensie slegs uitgesaai sal word tydens waterskeidingsperiodes en tydens programme wat nie op kinders gemik is of waarskynlik deur hulle gekyk sal word nie.”
Klik hier vir die vorige berig en om die advertensie te kyk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Cell C dra die boodskap oor dat hy beter diens lewer as ander, klomp snert. Ek het Cell C data gekoop ter waarde van R300 en die data het ‘n verval datum, die Cell C toring in ons dorp het foutief geraak en Cell C kon nie onderdele bekom. Nou het die data verval sonder dat dit gebruik is. Die inbelsentrum beskik oor onbevoegde personeel, so ook Cell C op FB en so ook Cell C winkel Riverside Mall Nelspruit. Nie een van die instansies kan binne 6 weke die probleem (my geld terug gee) oplos.
Die ad is bloot werklike swak smaak.
AG DAVE ‘GET REAL’ DIE ADVERTENSIE IS NIE VIESLIK NIE. HET JY AL GESIEN WAARNA DIE KINDERS KYK OP HULLE SELFONE EN LAPTOPS? WORD WAKKER! MOENIE KINDERAGTIG WEES NIE. EK KRY OP MY OUDERDOM SKAAM VIR DIE GOED WAARNA DIE KINDERS KYK. DIE ADVERTENSIE GEE IETS OM OOR TE GLIMLAG. DANKIE CELL C
DIe ad is toonbeeld van die hoe siek ons samelewing is. Alle produkte moet mos geadverteer word met of kaalbasse of seksuele ondertone! Is dit dan nou al wat mense se aandag trek?
Die Vader behoed die arme kinders van die klaers sou hulle in die publiek twee bronstige brakke gewaar wat die roep van die natuur antwoord. Die kinders sal seker psigo terapie nodig he. Mense kan so kleinlik wees…