Cell C soek interdik teen staking oor bonusse

Die selfoonmaatskappy Cell C wil ʼn interdik van die arbeidshof bekom teen ʼn staking van lede van die Inligtingkommunikasie Tegnologie Vakbond (ICTU).

Werknemers is ongelukkig oor die niebetaling van agterstallige prestasiebonusse.

Cell C het in ʼn kort kennisgewing aan sy kliënte gesê die werknemers het hul voorneme bekend gemaak om Maandag te staak, maar die maatskappy wil dié staking onwettig verklaar. “Wees gerus dat ons alles in ons vermoë doen om die veiligheid van werknemers, verskaffers en kliënte te verseker,” het die maatskappy gesê. Die polisie is ook op bystand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maljan ·

Wel as hulle nie presteer het nie, Kan hulle nie bonuses wil afdwing nie. Die deur dat hulle alklaar weer wil staak skryf ook ikabod op die volgende bonus.

Trol ·

Agterstallige bonusse vir agterstallige werk klink vir my ook regverdig. Die staking sal ook hulle werkverrigting agterstallig maak. Die alternatief is natuurlik hulle doen die werk waarvoor hulle nie net betaling wil EIS nie, maar bonus ook of hulle bedank en gaan soek ander werk. Stakings is so kolonialisties

marous ·

Die polisie is op bystand . Gaan hulle sms boodskappe met die voet aflewer ?

Carl Jordaan ·

Prestasie bonusse is n klug. Jy word dan reeds betaal om te presteer. As jy onderpresteer, behoort jy gefire te word. Die greep van vakbonde op die bedryf is besig om die ekonomie, te knak. Miljoene wil werk, maar kry nie werk nie. Ander wat werk het, soek n rede om hulle maatskapy af te dreig.

fred ·

die 3 selfoon maatskappye is alma groot BEE-ers..daar is baie wat net daar is om die BEE punte kaart goed te laat lyk…en ons betaal hiervoor deur die duurste data tariefe te hê…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.