Centurion-areas sonder krag ná substasie brand

Foto: Twitter

Talle buurte in Centurion is sonder krag nadat ʼn substasie Vrydagaand tydens ʼn storm deur weerlig getref is.

Die Tshwane-metro het gesê die Brakfontein-substasie is deur weerlig getref wat gevolglik ʼn brand veroorsaak het.

Amberfield, Heuweloord, Rooihuiskraal-Noord, Hennopspark en Wierdapark is van die buurte wat deur die voorval geraak word.

Volgens die metro is tegnici op die toneel en word die omvang van die skade nog bepaal. Daar sal na verwagting eers later vandag vasgestel kan word hoe lank dit gaan neem op die kragtoevoer te herstel.

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ellisras ·

My seun het ‘n generator gaan koop. Stap net agter die dreuning aan.

Buite Stander ·

Ek hoor baie generators, dit klink soos a Boswell en Wilkie sirkus.

Tant Ralie ·

Betrek die grondeisers, hulle moet die probleem help oplos.

Ai.. ·

Hehehe ai ja nee bel net die BEE mense hul sal dit vinnig uitsort nes die laaste 24 jaar…

Johanna Botha ·

Baie elektriese kaste word ook net oop gelos dat reen kan inkom en daar skop die krag uit …..wonder hoekom ??????

John ·

Was dit werklik die oorsaak? Hoekom soek hulle nie nader aan die aarde die oorsaak nie. Die koerante waarsku juis teen sabotasie. Maar Eskom erken nie maklk sy fout nie…

IK ·

Dit is rehabilitasie wat plaasvind, dit moet lyk soos dit gelyk het voor die koms van kolonisasie. Afrika was toe woes en leeg . . .

Dries du Toit ·

Jaaaa dit is seker wat hulle moet kry. Hier by my is daar n begrafnis. Busse vol aan gery. Die skote van outomatiese gewere kletter al vir n halfuur lank. Een liberalis hier vra dat ons die polisie moet bel. Haaaa haa wat n grap

Ag tog ·

Dis maklik om grappe te maak as jy geld het vir n generator.. …ons sal maar kerse gebruik en water op die vuur kook

Stephen Namibia ·

Nogal goed gestel Buite Stander beskryf dit baie raak.

christa ·

DIE SUBSTASIE MOET OP GE GRADEER WORD SOOS AL DIE ANDER DIENSTE WAS DIT RERIG DIE WEER OP NOU HIERDIE AREAS GAAN SONDER BEURT KRAG WEES WAT VOLGENS MY OOK N KLOM NONSENS DIS DIE A N C EN EFF WAT AGTER DIT SIT STEL BIETJIE ONDER SOEK IN

Gordon ·

Goeie more Almal.

eerstens wilo ek net hier almal gerus stel, ek was persoonlik op die toneel vrydag aand toe die substasie gebrand het, ons kan bevestig dat dit wel n weerlig straal was, volgense die persoon wat ons in kennis gestel het, het gese dat die weerlig straal so duk soos 4 bakkies was. Van my kant af wil ek net se well done aand centurion brandweer wat binne minute daar was ook aan die elektriese spanne, die transformers wat geslaan is was teen saturdag aand 00:00 vervang en krag was weer van 00:30 aangesit, hulle het baie hard gewerk en well done aan almal wat daar betrokke was. ek en my vrou was tot 00:30 vrydag aand op toneel gewees besig om die brandweer te help met paaie toemaak sodat hulle spasie gehad het om te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.