Centurion-busongeluk: Man dood, 61 beseer

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Een man is Sondagaand  in Centurion, Gauteng, dood en 61 mense beseer nadat ʼn bus ʼn ligte voertuig van agter getref het.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die N14-snelweg plaasgevind.

“Twee mense in die voertuig is ernstig beseer,” het Majija gesê.

Majija sê dit wil voorkom of die voertuig onklaar geraak en in die vinnige baan van die snelweg stilgestaan het, toe die bus dit getref het.

Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes bygestaan en hulle is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie Erasmus ·

Sovêr ek weet is mens veronderstel om, as jou voertuig probleme gee, een rooi driehoek ‘n ent agter die voertuig te plaas (weet nou nie die distansienie, en een voor. En wat ek nie kan verstaan nie, as jy voel jou kar gaan moeilikheid gee, hoekom nie links beweeg om uit die vinnige baan uit te kom nie? Ek wonder hoeveel mense ry met hierdie rooi driehoeke in hulle karre rond?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.