Centurion-buurte sonder krag na kabeldiefstal

Centurion Concerned Citizens het die foto van die gesteelde kabels op hul Facebook-blad gelaai.

Centurion Concerned Citizens het die foto van die gesteelde kabels op hul Facebook-blad gelaai.

Verskeie buurte in Centurion sit vanoggend weer sonder krag weens vermeende kabeldiefstal.

Ina Strijdom, DA-raadslid, sê die kragonderbreking is weens kabeldiefstal by die Brakfontein-substasie. The Reeds, Rooihuiskraal, Amberfield en Wierdapark is van die buurte wat sonder krag sit.

Centurion Concerned Citizens sê op sy Facebook-blad dat lede van die gemeenskappolisiëringsforum en ander veiligheidsmaatskappye, minute nadat die krag afgegaan het by die Brakfontein-substasie was maar dat die verdagtes daarin kon slaag om te vlug. Daar is wel op van die gesteelde kabels beslag gelê.

Dit is die tweede keer in minder as ‘n maand wat groot gedeeltes van Centurion sonder krag sit. Op 29 Junie het die Brakfontein-substasie onder vandale deurgeloop en het verskeie buurte vir dae sonder krag gesit.

Op 30 Junie was daar ‘n brand by die Kentron-substasie in Eco Park en het nog talle buurte ook vir dae sonder krag gesit.

Kgosientso Ramakgopa, uitvoerende burgemeester, het op 2 Julie aangekondig dat daar ‘n kriminele ondersoek gedoen gaan word na sabotasie by Centurion-substasies en dat munisipale amptenare deel sal vorm van die ondersoek.

Ramakgopa het gesê daar was sedert April meer as 450 voorvalle van kabeldiefstal en vandalisme by substasies in Pretoria. Dit het die stad meer as R20 miljoen uit die sak gejaag.

Lees ook:
Centurion-kragkrisis: Inwoner skok homself dood
Centurion-krag: ‘Dit was sabotasie’; munisipale amptenare ook ondersoek
Centurion-gemeenskap staan saam in krag-krisis
Substasie in Centurion brand, kragonderbrekings verwag
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.