Die Tshwane-metroraad het in ʼn verklaring gesê Highveld, Zwartkop en Rooihuiskraal is sonder elektrisiteit.
“Daar is ʼn onderbreking by ons Rietvlei-substasie. Tegnici is tans by die substasie om ondersoek in te stel na die oorsaak.”
Eldoraigne sit intussen ook sonder krag, vermoedelik weens kabeldiefstal. “Tegnici stel ondersoek in. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”
Daar het die afgelope paar maande gereeld kragonderbrekings in Centurion voorgekom. In Junie en Julie was groot gedeeltes van Centurion gereeld sonder krag. Die Brakfontein-substasie is onder meer geplunder terwyl ʼn brand by die Kentron-substasie uitgebreek het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Hoe lank nog voordat julle voorkomend optree Tshwane-metroraad?????