Centurion-buurte sonder krag

Argieffoto

Argieffoto

Talle buurte in Centurion is sonder krag weens ʼn probleem by ʼn substasie en moontlike kabeldiefstal.

Die Tshwane-metroraad het in ʼn verklaring gesê Highveld, Zwartkop en Rooihuiskraal is sonder elektrisiteit.

“Daar is ʼn onderbreking by ons Rietvlei-substasie. Tegnici is tans by die substasie om ondersoek in te stel na die oorsaak.”

Eldoraigne sit intussen ook sonder krag, vermoedelik weens kabeldiefstal. “Tegnici stel ondersoek in. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

Daar het die afgelope paar maande gereeld kragonderbrekings in Centurion voorgekom. In Junie en Julie was groot gedeeltes van Centurion gereeld sonder krag. Die Brakfontein-substasie is onder meer geplunder terwyl ʼn brand by die Kentron-substasie uitgebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

veronica ·

Hoe lank nog voordat julle voorkomend optree Tshwane-metroraad?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.