Centurion-buurte sukkel al ʼn week lank met water

waterInwoners van verskeie voorstede in Centurion moet al ʼn week lank oor die weg kom met min of geen watertoevoer na hul huise nie.

Johan du Toit, ʼn inwoner van The Reeds, het Donderdag aan Maroela Media gesê dit is ʼn bitter ongemaklike situasie. “Sedert verlede Donderdag moet ons tevrede wees met ʼn dun straaltjie watertoevoer wat aan ses mense wat hier bly se behoeftes moet voldoen,” het Du Toit gesê. “Ons kan nie stort, wasgoed was of die tuin natmaak nie. Hier is skaars genoeg om te drink, en as mens versigtig te werk gaan, skaars genoeg sodat die toilette kan spoel.”

Du Toit het gesê hulle kom oor die weg om gebottelde water te koop en te drink. Dit word ook gebruik om koffie mee te maak. “Ons gaan stort en was ons wasgoed maar by familie.”

Hy het gesê wat hom die meeste frustreer, is dat inwoners nêrens op die metro se webwerf kan sien wat die probleem is nie, en as ʼn mens die inbelsentrum bel, kan niemand die nodige inligting weergee  nie. “As ons net weet wat aangaan, dan kan ons daarvolgens beplan,” het hy bygevoeg.

Raadslid Casper McDonald ken die inwoners se frustrasie oor die kwessie al te goed, en word oorval deur inwoners wat by hom wil weet wat gebeur en hoe lank die onderbrekings gaan voortduur. “Dit is ʼn moeilike vraag om te beantwoord want een van die verskeie probleme wat tot die krisis bydra is die vervalle infrastruktuur van die streek se  waterpype,” het McDonald aan Maroela Media verduidelik.

“Die probleem het verlede Donderdag begin toe ʼn waterpyp in die omgewing gebars het. Die lekkasie is reggemaak, waarna die pyp weer op ʼn ander plek gebars het. So gaan dit aan. Sodra een lekkasie reggemaak word, bars die pyp op ʼn ander plek. Omdat die pype al ouer as 20 jaar is, kan dit ook nie meer behoorlik onderhou word nie. Weens al die lekkasies wat voorkom kry die stelsel nie tyd om te herstel nie. Die hele infrastruktuur val plat en die metro het nie geld om dit behoorlik in stand te hou nie,” het McDonald aangevoer.

Hy het gesê al manier hoe die probleem volkome opgelos word, is om die pyplyn te vervang. “Die metro doen nou net krisisbeheer. As hulle behoorlik beplan het en voorkomende onderhoud toegepas het, sou dit beter wees.” Hy het bygevoeg dat die gebrek aan vaardigheid om sulke probleme te hanteer, ook tot die probleem bydra. “Dit is eintlik skandelik om te sien hoe die metro Centurion se inwoners behandel. Die gebied sorg vir 20% tot 30% van die stad se inkomste, dan is dit die dank wat hulle kry,” het hy gesê.

McDonald het gesê voorstede soos The Reeds, Amberfield, Rooihuiskraal, Wierdapark, Pierre van Ryneveld en Valhalla ervaar al weke lank waterprobleme weens die vervalle infrastruktuur.

Maroela Media het die metro Woensdag om kommentaar genader en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leonora van Biljon ·

Glo my! Ek is een van hierdie mense en bly in The Reeds. Hierdie is belaglik en kan nie so voortgaan nie! Casper doen alles in sy vermoë om ons te ondersteun en te help en ek weet hy kan ook net soveel doen. Maar dit maak ‘n mens moedeloos om heeltyd in ‘n “muur” vas te loop wanneer jy antwoorde probeer kry. Hoop regtig dit word nou gou uitsorteer!

Annon ·

Ek kan net nie verstaan as ander gebiede geraak word deur “droogte” dat dit in ‘n artikel moet ontaard nie. Ons was nou self vir ‘n week sonder water en niemand kan jou eers help as jy ‘n oproep maak nie. Gauteng is nog bevoorreg om nie so te sukkel soos ons hier in die Witbank omgewing nie.

Bielie ·

Die kaders in Twane kan R65 miljoen uitgee vir ‘n konsert wat nie plaasvind nie, maar daar is boggerall geld om pype te vervang. Go figure?

casper ·

Die agteruitgang van infrastruktuur in ons mooi stad is stadig maar seker besig om nader aan ‘n algehele ineenstorting te beweeg. Prioriteite van die ANC geleide regering is die rede hiervoor. Neem net in ag dat daar laas maand R65 miljoen aan ‘n fees betaal is wat nooit die lig gaan sien nie. Die hele debakel met die omstrede organisasie, wat laas jaar R 40 miljoen by Johannesburg op dieselfde omstrede wyse gebuit het, kon pa gestaan het vir die voorkoming van gemors waarin ons ons nou bevind. Die DA het hierdie vermorsing by Openbare beskerming vir ondersoek in gedien om deel uit te maak die ondersoek wat reeds ingestel is om die soortgelyke saak van Johannesburg te ondersoek.

Iets wat glad nie in Tshwane gebeur nie is vookomende onderhoud. Hierdie uiters noodsaaklike beplanning is juis daar om die ineensterting wat ons tans beleef te voorkom. Dit is tyd dan Tshwane ‘n nuwe regering kry wat weer basiese dienste lewer in gevolge die relevante wetgewing. Geld mors op onwettige wyksverkiesings, feeste en straatnaamveranderinge is nie deel daarvan nie. Ons amptenare het nie die fondse beskikbaar wat nodig is om hulle werk te doen.

Colleen ·

i hear everything that is being said but what I am unable to understand is that the situation in The Reeds seems to be affecting only a few streets. Why? We are told that the reservoir needs to fill, if this is so then surely everyone would have such low water pressure? Really frustrating as I too am one of those that has sat for 8 days with little or no water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.