Centurion-egpaar aangeval: ‘Hulle het gekom om ons te vermoor’

Leon Jones se kopbeserings. Foto: Concerned Citizens Centurion

Leon Jones se kopbeserings. Foto: Concerned Citizens Centurion

Die Jones-egpaar van Centurion wat Donderdagoggend ten aanskoue van hul tienjarige seun in hul huis in Eldoraigne, Centurion, aangeval is, het Vrydag vertel van die vreesaanjaende ervaring en hoe hulle vir hul lewens moes veg.

Leon Jones het vanuit sy hospitaalbed met Maroela Media gepraat en gesê hy is vas oortuig dat die vier aanvallers gekom het om hulle dood te maak. “Daar was nie sprake van stilsit en doen wat hulle sê terwyl hulle vat wat hulle wou hê nie. Ek het wakker geword van die eerste hou met ʼn moersleutel teen my kop en my vrou het wakker geskrik van die pyn nadat hulle haar die eerste steekwond in haar arm toegedien het. Al wat ons kon doen is om vir ons lewens te baklei,” het hy gesê.

Hy vertel dat hy opgespring het en een van die aanvallers met die vuis bygedam het, wat hom op die grond laat val het. Dit het ʼn tweede aanvaller na sy vuurwapen laat gryp wat hy op Leon gerig het, maar hy het nie die sneller getrek nie. “Ek dink hulle wou nie skiet nie, want hulle wou nie te veel geraas maak nie. Hulle plan was om ons te vermoor en dan kon hulle rustig deur die huis gaan en kry wat hulle wou hê. Hy het vir my gesê, ‘Do you wanna die? You’ll die tonight’.”

Sy vrou is in ʼn struweling met die derde aanvaller sewe keer gesteek, onder meer ook in ʼn hoofslagaar in haar arm. Die aanvaller het haar só hard gesteek dat haar linkerarm gebreek het. Leon is ook verskeie kere met ʼn mes bygekom en die lem het ʼn gat in sy long gesteek.

Deurentyd het Leon seker gemaak dat hy tussen die aanvallers en sy seun bly sodat hulle hom nie kon bykom nie. Die egpaar se ander seun (8) het deur al die geraas in sy kamer bly slaap.

“Toe hulle sien ons gaan nie ophou baklei nie, het hulle uit die kamer gehardloop. Een van hulle het nog die vermetelheid gehad om eers deur my vrou se handsak te gaan wat op die eetkamertafel gelê het,” het hy gesê.

Leon het daarna met sy vrou na die Unitas-hospitaal gejaag omdat hy bang was sy sou doodbloei as hulle vir ʼn ambulans gewag het.

Die polisie het later gemerk dat die aanvallers die veiligheidshek na die huis en die hek na die slaapkamers met die moersleutel oopgebreek het. Dit is egter nie duidelik hoe hulle in die kompleks gekom het nie, aangesien daar geen teken is dat hulle oor die muur geklim het nie. Selfone, rekenaartablette en ʼn mes is tydens die aanval gesteel.

“Ons is net dankbaar ons lewe,” het Leon gesê. “Ons albei sterk goed aan en ek sal dalk vandag [Vrydag] kan huis toe gaan. Ek weet ek het waarskynlik my familie se lewe gered en ek is dankbaar dat almal oukei is.”

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Annie ·

Ons is baie dankbaar dat julle dit oorleef het. Ons bid tot ons Vader om julle te beskerm en deur hierdie moeilike tyd te help. Dit gaan nie maklik wees om in dieselfde huis te slaap nie, maar wees sterk. God is baie groot! Sterkte vir julle.

Geskok ·

Nou het jy tyd om seker te maak hul kan nie weer by dieselfde plek inkom nie. Koop sommer by die vlooimark sulke klein alarms wat jy aktiveer sodra jy sluit, dit maak ‘n groot lawaai en gee hul nie kans om jou onverhoeds te vang nie. Dit kos ‘n skamele R25+. Dit laat mens wonder hoekom kriminele in komplekse kan bly of dalk is die sekuriteit daarby betrokke hoe sal ons weet. Dankbaar jul het die aanval oorleef.

Mars ·

Sterkte aan jou en jou famielie.
Ons wit mense moet begin om ook die selfde aan hulle te doen en kyk hoe vinnig gaan Maleme, Zuma en die ANC optree . Hulle se altyd ons is rasisties maar ek wonder wie is die grootste rasiste. 25 jaar gelede was ons land a baie gesonde land en kyk vandag waar sit ons met al die inbrake,moorde,verkragtings,transsitorooftogte ens ens, nie eers om als te noem nie want daars te veel. Te danke aan die ANC en gevolg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Weereens gaan hulle net se daar is nie genoeg voerensies teen hulle nie en gaan vry loop soos to hulle my Pa koelbloedig dood gesiet het vir niks nie eers 2cent nie .

Des ·

Vir al wat die polisie weet bly die aanvallers dalk in die komplek.

Elna ·

Ons het onlangs ons sekuriteit laat opgradeer, en toe het die sekuriteitsmaatskappy ook bevestig dat komplekse meér insidente toon juis omdat die booswigte reeds daar woon.

Ww ·

Die optrede deur die aanvallers op wit mense dra die goedkeuring van die ANC regering en sal nie ophou ons sal moet leer uit die voorvalle om letterlik alles in ons vermoë te doen soos alarmstelsel ens kan iemand wat baie kennis het met sulke stelsels vir vroeë waarskuwing ons lig asb

jakes ·

Raad? Sonsak kinders binne, honde buite en honger. Raak ook ontslae jou tuinwerker, huisoppasser/ kok. Ken jou bure en los jou foon uit terwyl uit kompleks ry, kyk rond!

Henri ·

Stem saam met jou Jakes, Ekself is deur die been geskiet , helder oordag, en beroof . Dit was gedurende ‘n desember-vakansie en die naaste buurman tuis 6 huise ver. Ek was alleen by die huis, Goddank, was vasgemaak en oral deur die huis gesleep en aangerand vir omtrent 2en 1/2 uur. Daar was 7 van hulle. Die roof was beplan deur ‘n werker wat 11 jaar in my diens was, die rowers het presies geweet waar als was, en toe ek aanhou se my famile is weg met die kluis-sleutel, het hulle die hele kluis uitgebreek en saamgevat. Slegs 3 is gevang, sukkel nou nog om te probeer uitvind wat aangaan, O ja, raak ook ontslae van die sekuritetswag, hulle is gewillig om baie pyn te verduur in ruil vir van die buit!!!!!!
Sterkte en gebede aan alle wittes, al het julle nog nie ‘n aanval beleef nie, Eendrag maak Mag. (net jammer ons wittes het nog ‘n probleem met die eendrag deel……..)

RSA ·

stem saam met jou. hierdie aanvalle word uitgevoer in opdrag van iemand daar buite,
en ons almal weet wie dit is.

Donker tye le voor vir ons in die land,maar ons sal weer n vry volk wees

jacques ·

Des, veral wat jy weet is dit dalk polisie wat in die kompleks bly .

Eddie ·

Ek dink die tyd het aangebreek dat die blankes ook maar begin shop by hulle huise. Glo my daar is baie wat meer bevooreg is as wat ons is. Sal sien hoe vinnig sal die ANC en Zuma dan optree.

Martinette ·

Ek Bid ver die familie se herstel. Dit is so siek van skurke OM so plunder. Here wees saam met die onskuldiges.

RSA ·

en so sal hulle kom in die nag, meer en meer, en ons stadig maar seker uitmoor,
met die wete van die regering natuurlik.

Hoe arogant kan hulle wees om die veiligheidshekke net af te breek.
Ons het ook n veiligheids hek in die gang om ons te skei vir die res van die huis.
*Ons slaap in een kamer,om seker te maak almal is naby in so geval
*Versterkte kamer deur
*Klein hondjies in die kamer om alarm te maak as hulle iets hoor
*Flits en pistool langs die bed
*GPF 2 rigting radio om hulp te ontbied

Dis hoe ons elke aand in ons huis onself beveilig. Dis nou met die alarm en elektriese heining ook nog. Dis hoe onveilig ek in my eie huis voel

johan ·

Lankal besluit swart of wit maak nie saak maar boeta as jy my eiendom betree om my of my gesin te beseer GAAN ek optree en boeta as ek jou moet doodmaak om ons te red dan SAL dit so wees. Tyd dat ons die elemente wys kom try jou luck maar weet maar kry jou testament in orde want dalk stap jy nie weer daar uit nie.

riana ·

Kan die aanvallers nie dalk verbind word met die Beetge gesin se Moord nie?

Yolande ·

Ons is bly dat julle familie ok is.
Ek kan net nie verstaan hoekom hulle nie net kan vat wat hulle wil he en dan loop nie. Hoekom MOET hulle altyd mense probeer dood maak. Hulle gaan ons uitroei, dit se ek julle!! Ons word nie meer net beroof nie. Ons word uit gemoor! bewaar net jou siel as jy in my huis in kom en my probeer dood maak. Jy sal sleg tweede kom!

HENNA ·

STERKTE aan hierdie familie.
Lees berig oor 4 boere van Parys – sonder borg sit tot Dinsdag ???
Hier is hoeveel geweldadige gevalle in Centurion vir die week op wittes ….

Renette ·

Ek hoop van hart dit is die skelms wat vir poging tot moord geondersoek worden nie die Jones egpaar nie

Louise ·

Ek stem saam met Mars – doen aan hulle wat hulle aan ons doen. Drie van ons mans gaan vannag in die oggend ure – REAKSIE môre oggend op al wat ‘n voorblad van ‘n koerant is, op al die radio stasies —– “Wittes is rassisties – die saak gaan ondersoek word, daar GAAN en SAL teen die skuldiges opgetree word !!!!! Wat mag ons sê ? — NIKS !! Want as ons ‘iets’ sê, sal julle wittes tereggestel word soos wat Hitler met die Jode gedoen het. En DIT is nie rassisme??????

Johan 2 ·

Ek verstaan netnie hiekom iemand n 70 jarige sal gaan aangee omdat hy n vuurwapen het nie. Dit is soooo moeilik om n lisensie te kry en hoe moet jy jouself nou verdedig! Bly jul het weggekom maar jul is baie gelukkig. As ek nou so vinneg tel het ek ten minste 5 naby familie lede regoor die land (behalwe in die ou Kolonies) wat al met gewapende rowers aangeval is 2 van daai aanvalle vas vataal met niks gesteel nie, in twee van die ander 3 is die rowers geskiet (deur die slagoffers.

Mense kry jul wapens, dra die goed en oefen met dit, niks gaan beter word in SA nie, nie gou nie.

En aan “gunfree”, daar is genoeg onwettige wapens by kriminele los nou die wetsgehoorsame burgers uit met jul twak.

Jaco ·

Ek stem saam met jou. Die aanvalle brei uit na die voorstede soos dit vir my lyk en ons sal ons self moet verdedig. Al uitweg is om jou self te bewapen en mekaar op tapas. Niemand anders sal dit doen nie.

Simone ·

Dank die Here dat julle dit oorleef het. Ek se trek… as hulle eenkeer ingekom het … hulle gaan defnitief terugkom… as ek die eerste keer getrek het was ek nie vandag krippel en n weduwee van 25 nie!! Trek en cherish elke oomblik saam geliefdes!!

Avril - Pta Noord ·

Ste saam met alles watgese is. Maar raak betrokke by jou buurtwag stelsel. Los jou slapgat en ruggraatlose houdig. Offer tyd op in die aand en patrolleer jou buurt. Leer jou bure, wit en swart ken en KOMMUNIKEER, vinnig vinnig sal julle weet as daar ongewenste elemente in jou buurt is. As ons nie SELF iets doen nie, die korrupte regering en amptenare sal NIE.
Bid en dra jou gesin ELKE dag aan ons Hemelse Vader op, en vertrou op Hom alleen.

Rika van Rooyen ·

Die klomp dink hul kan net doen waarvoor hul lus het. Dis walglik. Sterkte aan d familie. Die ANC vier hul 100 ste Verjaarsdag vieringe, “party” die heeltyd, maar wat van die droogte wat heers waar diere dood gaan, daar geen voer vir die diere is nie, maar hul het geld om hul 100 ste verjaarsdag te geniet. Wat van die gesinne wat nie eens kos op hul tafels het nie, water het om hul daaglikse noodsaaklikhede te kan doen nie, nee “party” sal die ANC party.

moeg ·

Eks baie bly die gesin is ok en ek bid vir vinnige herstel…MAAR…hoe het die gesin van swart mense gepraat in die publiek? Hoe het hul opgetree teenoor n swart mens as hy op straat bly en vra vir bietjie water of n R2? Ek se die wit mense pluk n lat vir ons eie gat. Ja wat die swart mense doen is nie reg nie maar n mens kry slegte wit mense ook…jy kry goeie ordentlike swart mense ook. Wat jy saai sal jy maai. Almal moet mekaar lief he, so se die bybel. Ons almal gaan eendag na dieselfde hemel toe, die Here onderskei nie tussen wit en swart nie. Mens moet 2 keer dink voor jy net jou opinie lig. Almal is net menslik. En nee ek se nie die aanval was reg nie en ek hoop dat hulle gestraf sal word maar ons almal sal moet begin saam staan as 1 nasie. Daar gaan nog grooter dinge kom as swart wat eit dood maak en dan gaan swart en wit mense mekaar nodig he. Se maar net

George in Bloem ·

Dankie Vader die gesin is ok.Ek sal nie verbaas wees as hulle nou van aanranding of poging tot moord aangekla word nie want hulle was mos astrant genoeg om terug te baklei? Die toepassing deesdae van die land se wette op die huidige trant is so pateties en lagwekkend.

Lappies ·

Klomp lafharde, kan jou nie alleen aamvat nie, altyd ‘n klomp en dan nog gewapen. Hoop alles gaan goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.