Centurion-egpaar voor seun aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Centurion is Donderdagoggend omstreeks 01:30 by hul huis in Eldoraigne, Centurion aangeval.

Die Facebook-groep Centurion Concerned Citizens, het die slagoffers uitgeken as Leon en Alet Jones en hul twee seuns, onderskeidelik agt en 10 jaar oud.

“Die 40-jarige man het gesê hy het wakker geword en daar was vier mans in hul slaapkamer wat die kluis se sleutel eis,” het kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die man en sy 37-jarige vrou is verskeie kere met ʼn mes gesteek.” Sy het bevestig die aanval het in Frederikstraat plaasgevind.

Volgens die Facebook-groep het Leon wakker geword toe die slaapkamer se lig aangeskakel is, en toe hy wou opstaan, is hy met ʼn stuk gereedskap op sy kop geslaan. Alet het ook wakker geword en sy is met ʼn skerp voorwerp in haar arm gesteek.

Leon is glo twee keer in sy bors gesteek, een keer bo sy regteroog en ʼn paar keer in sy bene. Hy is ook nog twee keer met die gereedskapstuk oor die kop geslaan. Alet het vier steekwonde in haar linkerarm en drie in haar been.

Volgens Centurion Concerned Citizens was die 10-jarige seun by hulle in die kamer tydens die aanval. Die agtjarige het in die kamer langsaan geslaap.

Een van die aanvallers het glo ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en vir Leon gesê as hy nie gaan ophou baklei nie, gaan hulle doodgemaak word. Die aanvallers het glo nog vuurwapens geëis, maar Leon het gesê hulle het nie vuurwapens nie. Die mans het daarna glo die huis gaan deursoek.

Leon, Alet en hul seun het in die kamer gebly. Toe hulle hoor alles is stil in die huis, het die gesin in hul motor geklim en self na Unitas-hospitaal gery.

Huma het gesê niks is tydens die voorval gesteel nie. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord,” het sy gesê. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om die ondersoekbeampte te skakel by 082 335 2479.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

RSA ·

Wat noem ons so n geval?
Rassisme?
Rassehaat?
Volksmoord?

Daar word so groot issue gemaak met blankes se “rassistiese” facebook pos. Ons blankes word fisies aangeval in ons huise, aangerand,gemartel en vermoor, deur ander rasse.

Johann Marx ·

RSA? Jy “noem” dit niks. Die grootste tragedie van die “nuwe” Suid Afrika is dit: Ons verstaan mekaar se kulture nie. Ons verstaan nie wat in ander kulture aanvaarbare gedrag is, en wat nie. Ons ken net ons eie kultuur. Tydens die oorgangsonderhandelinge het FW vir die blanke minderheid ‘n utopia voorgehou van hoe wonderlik die nuwe Suid Afrika gaan wees. Die blankes het dit so verstaan: Alles vir almal. Jy kan bly waar jy wil, ry wat jy wil, werk waar jy wil, swem waar jy wil, eet waar jy wil, jouself bekwaam waar jy wil…..in kort, jy kon jou volle potensiaal bereik met alles wat vir almal beskikbaar sou wees. Geen diskriminasie teenoor enige iemand nie. Die res van die populasie het dit so verstaan: Ons is onderdruk vir 40 jaar. Gee vir my alles wat jy het, dan is ons gelyk. En toe dit nie gebeur nie, toe besluit hulle, dan VAT ons dit. So….dis nie rassisme nie, dis nie rassehaat nie, dis nie volksmoord nie….dis een groot misverstand van dag een af. Een klomp het gedink dit gaan wonderlik wees om alles met almal te deel, en ‘n ander klomp het gedink hulle gaan alles kry wat die ander groep oor 40 jaar versamel het. En toe bars die borrel…….

Miesies ·

VOLKSMOORD!!!
En niemand gaan help nie, ek bly in Europa, hier is almal te besig met vlugtelinge, maar, as ek dink aan die geskiedenis, ek was Nov nog in die voortrekker monument, boer maak plan, as Paul Kruger nou kon Sien wat alles gebeur, sou hy vir seker nie so slapgat agteroor gesit en wag het om uitgemoor te word nie!!! Ek het plan gemaak, ook maar eers gedink dis my land, my mense, maar as jou man vermoor is, en 15 jaar later jou oudste seun, dan weet jy met die 5 kinders wat nog oor is jy moet plan maak, MAAK PLAN!!! Hier is plek vir vlugtelinge , en as JULLE nie wil padgee nie, Sal JULLE moet ophou slapgat wees, en daadwerklik iets begin doen. Moenie wag vir ander nie, dit gaan te laat wees!!!!!

Nnn ·

Dis nie waar nie. Almal verstaan mekaar baie mooi. Dit is net deel van die weeklikheid in SA wat die meeste mense probeer igenoreer. As die werklikheid dan eendag jou kasteel beryk en jou bubbel bars is jy geskok en verstaan nie hoekom sulke goed gebeur nie. Ons bly in n geweldige arm land en daar is te veel werklose mense. Mense moet dan n manier uitdink om geld te maak. Omdat hulle nie werk kry nie, word hulle gedwing om te steel aan die begin so jonk as 8 jaar oud. Hul het nie veilige ouer huise nie. Almal haat hulle, behalwe hulle gang members, wat hulle familie word. As hul groot is gaan moor hulle wittes uit want al die haat wat hul opgebou het van kleins af word op wittes gefokus. Dit sal nooit verander totdat 90% swart kinders n stabiele ouer huis en toegang tot goeie skole het nie.

WIllempie ·

Ons blankes in SA is ‘n bedreigde spesie. Nie meer veilig in ons eie land nie..

Christo Visagie ·

Waar kry die vlugtelinge werk,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Miesies ·

Hulle kry werk, maar darem ook eers tyd om gewoond te raak aan alles hier, en €60-00 per dag, wat baie is, my inkopies vir 5 pers is €150 pw alles ingesluit, en hulle kry gratis mediese hulp, gratis skole ens, ek bly in Nederland,

Charne ·

Johann Marx ek weet nie in watter land jy leef nie, maar in SA noem ons dit volksmoord en nie n “misverstand” nie. As jou familie gemoor word en niks word gesteel nie, is dit ook n misverstand?

Johann Marx ·

Charné, jy’t nie mooi gelees wat ek skryf nie, het jy? Gaan lees weer. Jy kan dit volksmoord noem as jy wil, maar dit gaan jou nêrens bring nie…..want wat hier gebeur is NIE volksmoord nie. Net soveel swart mense as wit mense word vermoor in hierdie land…..Ons leef in ‘n geweldadige kultuur, wat ons NIE verstaan het voor die oorgang na sogenaamde demokrasie toe nie…en wat noem jy dit as jy jouself in ‘n situasie begewe wat jy nie voor die tyd mooi verstaan het nie? Misverstand, of volksmoord….?

Soo gesê ·

Charne, ek stem saam met jou ……dalk verduidelik Marx maar soos ……bietjie onduidelik

Oom Kallie ·

Johann Marx, wat jy probeer verduidelik is ongelukkig bo ‘n paar lesers se vuurmaakplek, maar heel in die kol.

anita ·

My kinders oppad canada toe, hul kry dadelik citizenship, maar jy koet geld he om jouself te onderhou..enige iemand kan oorgaan, ons is al in die 60 en ons kan ook oorgaan, mense verkoop jul huise, karre, meubels,, vat jul pension en waai, daar baie geleenthede vir mense daar..my seun het op n myn gewerk, hy gaan daar ook op n myn werk…my sus vermoor vir n handsak met bokerol in, en haar kar,, in middelburg was so ruk terug n vroutjie in haar garage in haar kar gegooi, met haar rond gery en hul het geld orals getrek,, hul haar lyk anderkant witbank gekry,, hul hou jou dop soos valke as jy geld trek,, en ons mense hou nie aan karre en besittings vas nie, ons besittings is ons famile! Wonder wat sal wereld se as al die blankes bymekaar kom en se ons wil vlug, sal hul ons help?

Jeanette Visser ·

Sjoe ja dit klink belowend sal ook baie graag daarheen wil gaan. Hoe gaan mens te werk en waar begin jy? Regtig hier in SA is niks meer oor vir witmense nie, en dit is net so dit gaan nie beter word nie net baie erger hoe vinniger mens gee pad hoe beter. Baklei gaan nie help nie want ongelukkig kan ons nie saam staan nie elke ou lewe maar net in sy comfort zone en alles word met grappies afgemaak.

Riaan ·

Ek en my vrou ook genoeg gehad, opgepak en bly nou in New Zealand. Dit was moeilik om familie agter te laat maar dit was die moeite werd. As jy eers in n land is waar jy sien hoe wonderlik dinge kan wees besef jy eers hoe erg dit werklik in SA gaan. En ek is bevrees dit gaan nie beter raak nie. Die REGERING kry en doen net wat hulle wil en die witmense word erger as diere behandel.

Eddie ·

Dit steek diep in my krop om hierdie barbaarse goed te lees waar blankes so vermoor en gemartel word. Dan kom die vraag by my op oor wat is die regte motief agter al hierdie sinnelose marteling wat plaasvind. En die enigste antwoord wat ek mee kan opkom is dat die terroriste in hierdie land van ons nie gaan ophou om die blankes te moor tot ons opstaan en begin terug veg vir wat ook ons toekom. Die haatspraak van die ANC en al hulle narre wat elke dag teen ons as blankes gespreuk word wat verwag hulle dat daar meer rassiste is as voor 94. As jy iewers in die media lees is dit een of ander EFF of ANC knaap wat sy groot mond oopmaak en se Kill the boer. So nou vra ek waar le die werklike problem by die blanke of by die ander kleur. Ek is eerlik as ek se hierdie land van ons is n tydbom wat op sy laaste paar sekondes is voor hy gaan ontplof.

neelsie ·

Alles klink so maklik om te se, gaan oorsee. Reeds in jou sestigs en kinders wat gevestig is in RSA, met kleinkinders wat jy moet agterlaat, sien ons nie daarvoor kans nie.
Doen die nodige om jouself te beskerm .
God is getrou , lewe volgens Sy wil en dra die vrug van die Heilige Gees.
Vertrou Hom ten volle , nie net vir sekere goed nie.

H&M4J! ·

Ek stem saam met jou oom Neelsie. Al hierdie dinge is goed wat moet gebeur dis deel van die geboortepyne wat ons nader aan God se koms vat. Jy kan maar vlug dis reg maar ander lande sit met net soveel probleme waarvan jy net nie hoor nie. Die gras is nie groener Aan die ander kant nie, oral sal daar sulke goed gebeur. Bid net…Jesus waak oor Sy kinders, oor die wat Hom met als in hulle volg. Sterkte vir die gesin wat seer gemaak is ons bid vir julle

Oom Kallie ·

Dit moet verskriklik wees om wakker te skrik in die nagmerrie werklikheid van ‘n rillerfliek. Psycho is ‘n piekniek teen wat daagliks in SA afspeel. Wanneer is dit ons beurt? Spoedige herstel en baie sterkte word die slagoffers toegebid.

Peet J ·

Hierdie toenemende misdaad nl. moorde, dwelms, diefstal, verkragtings, mishandelings, afgodery e.d.m. kan ook toegeskryf word
aan gebrek van veredeling beskawing aan die kant van die meerderheids regering demokrasie. Die vorige regering (de Klerk ) moes hierdie tekortkominge in ag geneem het alvorens besluite geneem was maar dit is duidelik dat hy met sy gatkant vorentoe beweeg het en nie aan die
komplikasies wat dit kon veroorsaak het gedink het nie .

HENNA ·

ALMAL wat roep BID – Vertrou – Jesus waak – Heilige Gees waar was die
Hy ten tye van gebeure ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.