Centurion-gemeenskap staan saam in krag-krisis

kersTe midde van die wydverspreide kragonderbrekings in Centurion ná die beskadiging van twee substasies, het mense hul huise en hul harte vir ander oopgemaak.

Op die Facebook-groep People who live in Centurion het talle barmhartiges hulp aangebied vir diegene wat sonder krag sit. Een dame sê indien enigiemand ‘n warm bad of ‘n koppie koffie benodig, is hul welkom om haar te kontak.

Nog ‘n persoon het laat weet dat haar man gratis sop gaan uitdeel by ‘n vulstasie in die omgewing. Ander mense bied weer aan om hul yskaste beskikbaar te stel vir mense om seker maak hul kos bederf nie. Talle ander het ook hul huise oopgemaak vir diegene wat dalk wil kos maak of hul selfone wil laai.

Talle woonbuurte in Centurion is sedert Sondagoggend sonder elektrisiteit nadat vandale miljoene rande se skade by die Brakfontein-substasie aangerig het. Intussen sit nog talle buurte sedert vanmiddag sonder krag na ‘n brand by die Kentron-substasie uitgebreek het.

Ina Stirjdom, DA-raadslid, sê intussen dat die brand by die Kentron-substasie ook die gevolg van diefstal en vandalisme was. Sy sê daar is meer skade by dié substasie aangerig as by die Brakfontein-substasie.

Volgens Strijdom sal die woonbuurte wat geraak word deur die beskadiging van die Brakfontein-substasie, glo teen Dinsdagaand om middernag weer elektrisiteit hê. Sy sê dit is egter nog nie duidelik wanneer die buurte wat deur brand by die Kentron-substasie geraak word, se kragtoevoer herstel sal wees nie.

Lees ook:
Substasie in Centurion brand, kragonderbrekings verwag
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monique Blom ·

Die haarsalon by die Rooihuiskraal sentrum in Hofsanger straat langs Sasol bied gratis koffie aan vir dames wat hulle eie hare wil kom droogmaak tussen 6-9. Hoe nice is dit?

Gideon Erasmus ·

Dit is maar net begin van baie sulke voorvalle, jammer maar my krag was verlede jaar vir 25 dae af, en ek wag nou nog vir my eise om uit te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.