Centurion-grondeis: ‘Los ons grond uit’

Burnie Nawn van die ReTHro-inwonersvereniging het ook tydens dié vergadering met inwoners gepraat. Foto: Verskaf.

Meer as 500 inwoners van Centurion het Dinsdagaand by Leriba Lodge vergader om aan AfriForum ʼn formele mandaat te gee om ʼn residensiële grondeis teen te staan, wat oor talle woonbuurt in dié voorstad van Pretoria strek.

Maroela Media het vroeër berig oor die grondeis wat in Junie 2018 in die Staatskoerant gepubliseer is, wat ongeveer 4 000 hektaar se eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek.

Die Grondeiskommissie het van die inwoners op ʼn vergadering in Desember laat weet dat 39 lede van die Mahlangu-familie ʼn eis in Desember 1998 ingestel het. Die eis is nagevors en 20 jaar later in Junie 2018 in die Staatskoerant gepubliseer.

Die betrokke grond is in dié tyd ontwikkel. Eiendomme in Rooihuiskraal-uitbreiding 9, 10, 17, 19 en 20, ʼn gedeelte van Olievenhoutbosch, The Reeds-uitbreiding 5, 10 en 49, Zwartkop-uitbreiding 8, Highveld-uitbreiding 68, Heuweloord-uitbreiding 2 en 6, Celtisdal en Midstream word deur die eis geraak.

Die grond waarop die Danie Joubert-deurpad gebou is, is ook by die grondeis ingesluit.

AfriForum het ʼn dertienpuntplan tydens die vergadering bekendgestel en sal verskeie ander aksies van stapel stuur om die gemeenskap te ondersteun in sy stryd om die grondeis teen te staan. Dit sluit ook in om regshulp in te win om hierdie eis te beveg.

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het ook die vergadering bygewoon. Hy het bevestig dat AfriForum en ReTHro nou gaan saamwerk om die grondeis teen te staan.

“Die sperdatum waarteen voorleggings teen die grondeis ingedien moes word, is nou tot 18 April uitgestel. AfriForum het antropoloë en geskiedkundiges aangestel om die meriete van die eis na te vors. Indien ons voel ons het steeds nie genoeg tyd om die nodige verslae saam te stel nie, sal ons vir ʼn verdere verlenging van die sperdatum vra. Volle en nadere besonderhede rakende die eis is ook versoek.”

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger van Hurter Spies Ing, het inwoners oor van die regsaspekte toegespreek. Foto: Verskaf.

Gina Britz, ondervoorsitter van ReTHro, die inwonersvereniging van The Reeds, Thatchfield en Rooihuiskraal, het gesê daar was ʼn gevoel van optimisme by die vergadering.

“Ek dink inwoners voel nou daar kan darem iets gedoen word en hulle is gereed om die werk te doen om die grondeis teen te staan.

“Daar hang egter steeds ʼn wolk oor die inwoners. Die grootste vraag op almal se lippe is hoe lank hierdie hele proses gaan neem.”

Britz het gesê ʼn handjievol van die inwoners het reeds ʼn e-pos van die kommissie gekry, met ʼn amptelike kennisgewing dat daar nou ʼn grondeis teen hul eiendom ingestel is.

“In die e-pos staan daar dat die eienaar nie die eiendom mag verkoop, uithuur of aanbou sonder om die kommissie skriftelik daarvan in kennis te stel nie.

“Dit maak my effens onrustig. Verder het ons gehoor as ʼn mens nie persoonlik die eis teenstaan nie, beskou die kommissie dit as instemming met betrekking tot die grondeis.”

Britz sê as die 1994-wetgewing alleenlik vir die grondeis gebruik word, behoort die eis net tussen die eisers en staat te wees.

“Dit het dan niks met die huiseienaars te doen nie, maar in die heersende politieke klimaat, is ons versigtig om beloftes te maak. Ons moet alles doen om die grondeis teen te staan.”

Britz sê die vereniging het hul kaarte verder verfyn om te bepaal watter inwoners word presies deur die grondeis geraak.

“In die proses het die teenstrydighede in die inligting wat die kommissie aan ons verskaf het oor die eis, ook weer duidelik geword, maar in hierdie stadium sê ek vir inwoners of hul eiendom deur die eis geraak word – óf dit nou in die blokke op die lugkaartfoto’s verskyn óf op die lys van erwe genoem.”

Honderde inwoners van Centurion daag by Leriba Lodge op vir ‘n vergadering oor ‘n grondeis wat in die voorstad van Pretoria ingestel is. Foto: Verskaf.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dié organisasie het tot die saak toegetree omdat honderde eiendomseienaars, wat hard gewerk het vir wat hulle het, se eiendomsreg deur ʼn grondeis sonder meriete bedreig word.

“Politici het onrealistiese verwagtinge oor grond by hul ondersteuners geskep en AfriForum gaan beslis nie terugstaan en toekyk hoe wettige grondeienaars die prys hiervoor betaal nie. Ons sal hierdie ongegronde grondeis met alle meganismes tot ons beskikking teenstaan.”

Maroela Media het die Grondeiskommissie van Gauteng vir kommentaar genader, maar teen die plasing van die berig nog nie enige terugvoering op die navrae ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Skerpioen ·

Jip en so was daar mos ‘n klomp mense wat gedink het grond-onteining sonder vergoeding is net vir plase bedoel. Jou huisie (al is dit jou enigste huisie) in die dorp of stad is net so in gevaar soos elke boer se plaas. En dan is daar nogsteeds klomp blankes wat DA wil stem. Ek bid dat daar oë sal oopgaan.

Deon ·

Die ANC se volgende stap is ‘n Land Act. Dan gaan die poppe dans.

Se maar net. ·

Nou wat op dees aarde het die DA hiermee te doen?
Prosesse van grondeise is deur die ANC ingebring.
Die DA bestuur grondeise baie goed tot op hede.

JohanL ·

Ek hoop hierdie hele ding word gou uitgesorteer. Die stelling dat die eienaar nie sy huis mag verkoop sonder om die kommissie skriftelik in kennis te stel nie, is uiters kommerwekkend.

Wat van mense wat op die punt staan om op pensioen te gaan en planne het om te verhuis? Nou word hulle toekomsplanne in die wiele gery agv ‘n skynbaar ongegronde grond-eis. Net soos die beginsel veronderstel is om te geld dat ‘n verhoor vinnig moet plaasvind om geregtigheid te laat seevier, hoop ek dat hierdie storie vinnig uitgesorteer kan word.

Sterkte aan al die organisasies wat hierdie onbillike eis teenstaan.

Cherokee ·

”ongegronde-grondeis’ …. moes lag vir die ironika in die woordgebruik

Bad Ballie ·

Doen DNS toetse op die voorvaders en diè Mahlangu’s wat die grond eis. Beken lasbriewe vir al die eisers om DNS toetse te ondergaan, ek wed dat die helfte nie opgespoor sal word vir die uitreiking van die lasbriewe nie. Dus sal die saak sloer vir ewig of uitgegooi word.

Alida ·

Die ding gaan vir jare duur en intussen leef die mense in onsekerheid. Die Eisers moet tog stawende bewyse he om hul eis te bewys. Dit gaan nie naklik wees nie.

Cherokee ·

Alida, dit is eiendoms-eienaars teen die DA en die ANC En dan stem sommige eienaars van eiendomme nog boonop DA maw teen hulself.

TimJan ·

Hulle gaan nog ‘n tolhek ook beplan op die Danie Joubert deurpad!!
Wel residentieele doelwitte behoort hoog aangeskryf te wees vir onteiening. Die grond reeds bebou hulle sal maar tevrede moet wees met alternatiewe grond….. Dit gaan mos oor die grond, nie julle huise nie…….. AS hulle slaag.

Thinus ·

Die voorlopige ses beginsels vir ‘n Demokrasie soos vervat in Immanuel Kant se Perpetual Peace (Federale Republiek) is deur die Internasionale Gemeenskap op Suid-Afrika afgedwing, as maatstaf vir Onderhandelinge met die Terroriste Organisasies! En was dan ook die basis vir Onderhandelinge met Mandela. Eerstens” No secret treaty of peace shall be held valid in which there is tacitly reserved matter for a future war” Tweedens:”No independent states,large or small, shall come under the dominion of another state by inheritance, exchange, purchase or donation” Derdens:” Standing armies shall in time be totally abolished” Vierdens: “National Debt shall not be contracted with a view to the external frictions of states” Vyfdens :”No state shall be force interfere with the constitution or government of another state” En ten laaste:”No state shall during war, permit such acts of hostility which would make mutual confidence in the subsequent peace impossible; such are the employment of assassins(percussores) , poisoners(venefici), breach of capitulation, and incitement to treason(perduellio) in the opposing state” Dink Suid-Afrika werklik dat ons net hierdie beginsels oorboord gegooi het en nie vir ons n Uitklim klousule in die huidige Grondwet in gevolge van Art 33 van die Grondwet inskryf nie? Waarom is die Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal reeds in 2014 gestig en het die regering, alles in hul vermoë gedoen om die Tribunaal te vernietig, glo my hulle grondeise gaan nêrens kom nie, al hulle administratiewe handelings is en word hersien. 40 jaar se werk is in 2014 vernietig 5 jaar is min .

Lynette ·

Toe hulle op die grond gewoon het was daar niks gewees nie, so wat se vergoeding gaan hulle kry? Soos in daai tyd 19 — of nou 2019 met geboue op? Die vergoeding moet wees soos toe hulle daaop gebly het?

D B ·

In hierdie saak is dit BAIE BELANGRIK om te onthou dat die eisers die “slimste” is wat ons gemeenskap het!

Die eisers beweer hulle grootouers het vir 2 tot 3 maande op die plaas gewerk / bly en is toe “verwyder”. Kom ons voer aan hulle was vir 3 maande 24 uur per dag op die plaas, dus ongeveer 2,160 uur in die gegewe 3 maande. Ek werk nou al meer as 10 jaar by my hydige werk, 8 uur + ‘n dag, 5 dae ‘n week, so ongeveer 20,800 uur in 10 jaar. Wel, dan volgens hierdie “slim” mense “besit” ek, en al my kolegas, plus al die ander miljoene mense wat werk, ons werke se grond. Mooi man, “good luck” met daai redenasie!

Dan kom ons by die eintlike rede vir die eis. 60% Van die eisers sal “tevrede” wees met geld, slegs 4% soek die grond. Kom nou “slimkoppe”, julle soek nie grond nie, julle soek verniet geld, want julle wil nie werk nie. So gaan julle maatjies ook aandring by die regering om “grond”, net om dit te verkoop, want enige “plan” om nie te werk vir geld nie!

Marga ·

D B ,,,, ek stem , dis nou mooi gestel want dis wat gaan gebeur. Daars ‘n youtube video waar daar met swart mense gepraat is waaronder Malema sit in die gehoor en oud President Thabi Mbeki het aan hulle gevra hoekom wanneer grond beskikbaar gestel word aan die mense , kom gee hulle dit op vir geld. NIEMAND kon hom antwoord !!!!!

Diefie ·

Wel hulle moet waag om my huis te vat, daar gaan dinges spat ne dit sal nie myne wees nie.

Wonder ·

Daar is nie ‘n enkele stawende bewys dat die eisers se voorouers daar gewoon of werk het nie. Alles berus op die weergawes vd eisers. Wat verstommend is, is dat hulle presies tot op 4 desimale uitwys op hulle kaarte waar hulle voorouers gebly het, waar hulle beeste gewei het, waar hulle gesaai het, waar hulle huise was. En sommiges wys tot presiese liggings uit waar grafte is. Ek slaan my hande saam – waar kry hulle daardie inligting? Uit watter rekords? Daar bestaan nie sulke rekords nie. So die grondeise kommissie het in voertuie saam die eisers rondgery en die het na willekeur stukke uitgewys in die woongebiede. Toe gaan plot die grondeisekommissie die stukke grond noukeurig op lugfotos en kaarte. Afriforum moet asb die ontstaan en noukeurigheid vd kaarte aanval en betwis. Daar is geen manier dat die eisers dit kon uitwys nie, hulle is ge’spoon feed’ deur die grondkomissie. Dis maklik om te beweer hulle het vir mnr so en so gewerk, want enige een met toegang tot die Aktestelsel (Windeed) of aktekantoor kan die inligting in die hande kry en dan stories daar rondom bou. Die eisers reken dat hulle voorouers in Winterveld/ Mabopane grond gekry het. So waarvoor soek hulle nou nog grond? Dis ‘n absolute versinsel hierdie.

Hendrik ·

Ek is so bly dit gebeur nou ook in die stede. Ons boere is al 20 jaar daarmee besig. Wat van die res van die land? Dink julle julle is vrygestel van grondeise net omdat daar ‘n afsny datum was. Almal met eiendom in SA moet saam hierdie ding veg. Of jy ‘n huidige eis teen jou eiendom het of nie. GAAN VRA WAAR KAN JY HELP. Moenie net sit nie.
Ons boere het al miljoene spandeer om dit te beveg. Ons het mekaar nou meer as ooit nodig. Ons gaan nerens!!!

Hermann Frankfurth ·

Afgesien van die nuus moet enige deel daarvan nie verkeerd wees nie. Centurion en Pretoria en ander stede en dorpe is wel deel van Tshwane metro. Centurion was nog altyd Stad op sy eie naby Pretoria. Kyk na enige landkaart en plaaz die regte inligting.

Bekommerd ·

Dit maak vir my sin – slegs 33% van alle grond in SA word deur privaat individue besit. Die res word deur die regering, kerke en ander instellings besit. Die regering is besig om so uit te brei wat behuising aan betref in Centurion. Daar is oral Hostels en woonstelle besig om op te spring in alle areas. Mens kan net na die verkeers probleme kyk om te weet hoeveel ekstra mense elke jaar in elke gebied toetree. Hierdie behuising behoort aan die staat en word vir baie goedkoop verhuur aan individue. Hulle het nie ‘n opsie om te koop nie – kan slegs huur. Dit wil voorkom asof hier ‘n onderliggende plan is om die res van die grond wat nog deur privaat mense besit word in die hande te kry. Vir wat hulle agenda ookal is. Hoe stop mens hierdie verwoestende dorsmasjien wat oor alles in ons land loop en niks behalwe verwoesting agterlaat nie? En die ergste – slegs ‘n handjie vol mense besef dit – die ander is te besig om vir goedkoop deur die lewe te gaan – so hoekom moet hulle kla?

Paaries ·

Bekommerd. die beginsel waarvolgens die regering die enigste eienaar van grond en behuising is wat teen goedkoop pryse of kosteloos aan die people gebruiksreg gee is niks ander as om te verseker dat hulle aan bewind bly. Stem vir my of sit sonder n blyplek. “Sijns brood ik breekt syjns woord ik spreekt. ”

Die Metro sal ook nie sommer dat julle huise en grond oorgeneem word nie, dit verklein hulle belasting basis. Hulle weet maar alte goed dat die grondeisers NIE gaan betaal vir dienste nie.

Wil ook weet ·

Ek wil ook net weet of as die regering hierdie mense uitbetaal vir die grond – want soos hulle alreeds aangedui het soek hulle geld nie grond nie, besit die regering dan die grond of wat gebeur dan? Is dit hoe die regering hulle grond bekom het? Want sekerlik moet ons ‘n keuse hê in daardie uitbetaling of nie? Ek weet dis hoekom ons dit beveg maar hoeveel grondeise is wel toegestaan? En hoeveel daarvan het die regering die mense uitbetaal? En hoeveel van daardie grondeise wat uitbetaal is se grond besig die regering nou?

Hetta Scholtz ·

Vir meer inligting oor die eise besoek gerus rethro.org.za, en kliek op die Centurion land claims skakel.

KrokodilBotha ·

Onthou julle die whatsapp video oor grondoneinig waar die man mooi in Afrikaans gese het daar sal bebloede verminktes rond dwaal.

Hanna Hoekom ·

Vreemd dat grondeise ALTYD op beboude / produktiewe grond van toepassing is. Niemand het nog ooit in die Karoo grond gevra nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.