Centurion-grondeis: ‘Minister paai belastingbetalers’

Honderde inwoners van Centurion daag by Leriba Lodge op vir ‘n vergadering oor ‘n grondeis wat in die voorstad van Pretoria ingestel is. Foto: Verskaf.

AfriForum het die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming daarvan beskuldig dat sy belastingbetalers paai deur te sê daar is geen rede tot paniek oor die Centurion-grondeis nie.

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê minister Maite Nkoana-Mashabane het nou vir die eerste keer op die kwessie gereageer nadat AfriForum en die inwonersvereniging ReTHro die kwessie opgeneem het.

“Haar reaksie kom ná verskeie aksies, vergaderings en skrywes en nou nadat hulle gehoor het AfriForum is betrokke. Die minister het nooit gesê daar sal alternatiewe grond of finansiële vergoeding wees vir die eisers nie.”

Volgens Kamfer beskou AfriForum die minister se reaksie as ʼn oorwinning vir eiendomsreg. Hy het egter gesê AfriForum sal voortgaan met sy aksies om die grondeis teen te staan.

Burnie Nawn van die ReTHro-inwonersvereniging, het ook tydens dié vergadering met inwoners gepraat. Foto: Verskaf.

“Die minister probeer nou belastingbetalers paai deur te sê ons gaan nie julle eiendom vat nie, maar wel julle geld om die eis te trakteer. Ons sal egter dié opsies ook teenstaan. Ons sal nie toelaat dat belastingbetalers se geld gemors word op opportunistiese eise nie.”

Die grondeis is in Desember 1998 deur 39 lede van die Mahlangu-familie ingestel. Eiendomme in Rooihuiskraal, ʼn gedeelte van Olievenhoutbosch, The Reeds, Zwartkop, Highveld, Heuweloord, Celtisdal, Doringkloof en Midstream word deur die eis geraak.

Nkoana-Mashabane het gesê die grondeisekommissie sal met die eisers in gesprek tree om alternatiewe grond of finansiële vergoeding of enige ander regstelling te ondersoek wat moontlik is onder die omstandighede en soos bepaal in die wet.

Volgens Nkoana-Mashabane is daar dus geen rede vir eienaars in die Centurion-gebiede wat geraak word om paniekerig te raak nie.

Die minister se uitsprake het gekom nadat meer as 500 inwoners van Centurion Dinsdagaand by Leriba Lodge vergader het om aan AfriForum ʼn formele mandaat te gee om die grondeis teen te staan. AfriForum en ReTHro, die inwonersvereniging van The Reeds, Thatchfield en Rooihuiskraal, werk saam om die eis teen te staan.

AfriForum gaan intussen steeds Maandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van die minister oorhandig, waarin die burgerregte-organisasie sy besware teen die grondeis uiteensit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Thinus ·

Moenie Mashabane vertrou nie. Sy is een van die onbevoegste ministers en lieg deur haar tande.

Hetta Scholtz ·

Dit staan in die wet en is ook tydens die vergadering van die kommissie in Desember genoem dat sosiale ontwrigting vermy moet word. Daar staan ook in die wet dat daar verskeie maniere van restitusie is. Onder andere ander grond of finansiële vergoeding, selfs ‘n kombinasie daarvan, asook ander maniere van restitusie is moontlik.

johanII ·

En met wie se geld geskiet daardie “restitusie” nogal. Daar is nie geld om krake in my pad reg te maak nie maar ONS geld kan uitgedeel word….skelms!…dink gou bietjie, my erfbelasting is >R750pm, ons is 1024 erwe in ons straat, dit is R778k per maand net uit een straat wat vir absoluut niks betaal word, ALLE ander dienste word nog bo-op dit betaal…eks so moeg vir die spul kommuniste, trek nuwe grense, ons kan die geld beter bestuur.

Alida ·

Hulle sal hul storie moet ken met ons blankes. Hulle onderskat ons vermoe om dinge te doen. Die eiendomme behoort aan baie verskillende mense en hulle sal verseker AfriForum steun. Daai vrou is onbevoeg om die kwessie by te le sy weet sweet blue all.

Piet ·

Ek wil nie te veel se nie, maar die hele land is alreeds in ten minste 10 dele opgedeel en die meeste daarvan is stedilke gebiede. Die gewilde broers van oorsee was daarby betrokke. Hier kom nog groot gevegte.

Koos de Meyer. ·

Dit lyk my die grondeis kry kleintjies, nou word Doringkloof ook by gevoeg. Môre Rietvlei, oormôre Pretoria en so sal hulle aanhou.

Thys ·

Mashabane =Dingaan!!! En ons weet wat daar gebeur het. Wakker slaap mense!!!!!

Veens ·

Sal veral interessant wees om te verneem presies waar dié eis vir die afgelope twintig jaar in iemand se keel vasgesteek het.

Peet J ·

Soos afgelei kan word is die minister se toespraak grootliks op ‘n klousule van die Grondwet nl. herstel van grondregte gebasseer. Volgens die voorgestelde wysiging om die wet op grondonteiening sonder vergoeding te laat realiseer was dit duidelik deur die ANC gemaak dat huidige en toekomstige grondeise ook deel van die wysiging sal uitmaak m.a.w. onteiening sonder vergoeding sal daarby ingesluit word. Enige ander regstellings wat gemaak word sal tot die eisers se voordeel moet strek, bv. finansiële vergoeding kan omgeskakel word om huurgeld van die inwoners te bekom, oprigting van huise , skuilings op onbenutte grond, beskikbaarstelling van onbewoonde eiendomme of gedeeltes daarvan sal deur die inwoners toegelaat moet word. ens.

christa ·

hulle sal aanhou paai tot na die verkiessing. Hulle wag net vir jou stem en dan slaan hulle toe. Hulle het niks en wil nie daarvoor werk nie. daarom al hulle ander se eiendom vat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.