Centurion-krag: ‘Dit was sabotasie’; munisipale amptenare ook ondersoek

Die Kentron-substasie Foto: Brian Jacobs/Facebook

Die Kentron-substasie Foto: Brian Jacobs/Facebook

Kgosientso Ramakgopa, uitvoerende burgemeester, het aangekondig dat daar ‘n kriminele ondersoek gedoen gaan word na sabotasie by Centurion-substasies en dat munisipale amptenare deel sal vorm van die ondersoek.

Ramakgopa het aan verslaggewers in Pretoria gesê dat dit ‘n persoon sowat drie dae sal vat om die Brakfontein-substasie te stroop.

“Hierdie is iemand wat toegang het tot die substasie. Ons het rede om te glo dat ons met dié inligting wetstoepassers in die regte rigting kan stuur, insluitend ons eie werknemers en kontrakteurs.”

Ramakgopa sê daar was sedert April meer as 450 voorvalle van kabeldiefstal en vandalisme by substasies in Pretoria. Dit het die stad meer as R20 miljoen uit die sak gejaag.

“Daar was vanoggend weer ‘n poging om die ‘n substasie in Lyttelton te saboteer. Daar het ook ‘n soortgelyke voorval in Atteridgeville plaasgevind.”

Ramakgopa sê saboteurs teiken die stad se infrastruktuur en dat bykomende veiligheidsmaatreëls in plek gestel sal word.

Talle buurte in Centurion was sedert Sondagoggend sonder elektrisiteit weens vandalisme en kabeldiefstal by die Brakfontein-substasie. Nog woonbuurte is intussen steeds sonder elektrisiteit na ‘n brand by die Kentron-substasie.

Ramakgopa sê die elektrisiteitstoevoer na van die buurte is teen Dinsdagaand herstel. Hy sê van die buurte sal egter tot Vrydag sonder krag wees.

Lees ook:
Substasie in Centurion brand, kragonderbrekings verwag
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Kyk na die kontrakteurs, elkeen van hulle besit ‘n sleutel, al is hulle kontrakte NIE hernu nie, dus, enige persoon, ongeag Metropolisie, ens. kan daar verby ry, en dink daar word GEWERK, intussen word daar hard gewerk aan DIEFSTAL.

Frans ·

F.W. De Klerk het gese dit gaan ‘n beter land wees vir ons almal. Hierdie tiepe sabotasie het ons laas gesien in die Apartheids jare, nou sien ons dit weer, en dit is nie bietjie, dit is baie. Kan ook die Dep. Van Gesondheid se gebou in PTA ook insleep hierby wat vandag aan die brand gesteek was. F.W, jy het ‘n kultuur verwoes, ‘n taal verwoes, ‘n mooi land verwoes. Die issue was nooit Apartheid nie maar die mentaliteit van sommige Afrikane wat Afrika nasionalisme aanhang, al kos dit mense se lewens. Ek dink SA sou anyway op terrorisme afgestuur het of Apartheid nou aan die gang was of nie. Diverse land met n lot mense wat mekaar niks gun nie. Lyk vandag se myn stakings veel beter as die van die 1920’s wat n beduidende rol in ons Apartheid wette gespeel het? Nope!

Eie mening ·

Hierdie is die werk van Tswane en Eskom se eie werkers, wie weet beter as hulle hoe om ‘n substasie te plunder. Hulle het geweet hulle gaan staak en dat daar dan dalk niemand sal wees om die stasies te herstel nie. Het basies probeer wys wat kan gebeur as hulle nie hul sin kry nie. As ‘n lig buitewerking is word dit aan kabeldiefstal blameer. Volgens wat ek in die fotos sien is die kabels nog daar maar net uitmekaar geruk. Als word deesdae aan kabel diefstal toegeskryf as die probleme wat ons ondervind eintlik die onvermoe van die staat is om dinge in plek te hou. Waar is die fotos van die (work in progress) en die nuwe kastige kabels? Ek is self ‘n skroot handelaar en as die publiek net weet watse streng wette ons moet gehoorsaam sal hulle ook weet dat dit nie altyd kabel diefstal is nie. Ek se nie dat daar glad nie kabeldiefstal voorkom nie, maar beslis nie die magdom wat hulle die publiek wil laat glo nie. Met al die korupsie sal dit my nie verbaas as een van die parlementslede se broer die kontrak gekry het om R20 miljoen se kabels te herinstalleer wat eintlik net gediskonnekteer was nie. Ongeveer 4 jaar gelede toe die Brakfontein Substasie uitgebrand het was ek persoonlik daar terwyl hulle dit herstel, basies om die demolishing kontrak te bekom. Ek het gesien dat daar ten minste 400 mense besig was om te werk. Toe die krag nie betyds aangekom het volgens hul beplanning nie toe word dit ook aan kabeldiestal by die stasie toegeskryf en so aan die publiek oorgedra. Nou kom ek vra dan so, hoe in die lewe steel hulle ‘n swaar kabel onder die grond en uit die stasie uit terwyl al die nodige ongeveer 400 mense drukbesig is om dit te installeer? O ja ek het ook daai tyd in die gebied gebly wat nie krag gehad het vir meer as ‘n week nie.

Dis net my mening.

AmY ·

FW de Klerk was een van die grootste leuenaars van ons tyd gewees.

Ek is bly, dat so jonk as wat ek was, (20 jaar) was ek oopkop en het nooit ‘n woord geglo wat oor sy lippe gekom het nie.

Nou sit baie van die mense (en hulle kinders) wat hom geglo het vandag sonder werk, en hy lewe lekker met sy ‘neseiertjie’ wat hy gekry het van sy mede nobelpryswenner en ons kry swaar, baie swaar.

Maar ja, dit besorg hom sekerlik nie slaapelose nagte nie.

Hy het ook seker ‘n paar kragopwekkers by sy huis. Met my patetiese salaris (want ek is wit en bevordering is taboe vir my) kan ek nie eens ‘n kragopwekker bekostig nie.

En ja, die kans is goed dat my kommentaar dalk verwyder gaan word, al is hier niks seksisties of rassisties hier aan nie. Net die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.