Centurion-leerders ernstig beseer in botsing

Kylan Kunzmann. Foto: Facebook

Twee leerders van Hoërskool Zwartkop is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle laat Vrydagaand in botsing op die Ou Johannesburg-pad betrokke was.

Antonio Hechter en Kylan Kunzmann was saam op ʼn motorfiets toe hulle gebots het met ʼn motor wat glo ʼn U-draai in die middel van die pad gemaak het. Albei kinders is van die motorfiets af geslinger.

Antonio is tans in matriek en Kylan in gr. 10 in Hoërskool Zwartkop.

Berna Seddon, ʼn Hoërskool Zwartkop-ouer wat as woordvoerder vir Antonio se familie optree, sê aan Maroela Media twee ander leerders was op motorfietse agter Hechter en Kunzmann, maar kon daarin slaag om die ongeluk te vermy. “Een van hulle het vertel Kylan het sommer meters ver deur die lug getrek. Sy was nog op die toneel by haar bewussyn, maar Antonio was bewusteloos,” sê Seddon.

Dit is nie bekend of die bestuurder van die motor beseer is nie.

Volgens ‘n vriendin van Antonio en Kylan wat die ongeluk sien gebeur het, het die botsing net na 22:00 plaasgevind.

Volgens Seddon is Kylan se bekken op twee plekke gekraak en is sy in die waakeenheid van ʼn private hospitaal opgeneem. Sy is Saterdagaand na die hoërsorgeenheid oorgeplaas.

Antonio het egter nie ʼn mediese fonds nie en is gevolglik in die Kalafong-staatshospitaal in Atteridgeville opgeneem. Volgens Seddon is al twee sy arms gebreek, ribbebene gebreek en het hy erge skade aan een been opgedoen. “Die dokters is baie bekommerd oor sy been in dié stadium,” sê Seddon.

Antonio Hechter. Foto: Facebook

Sy sê teen Saterdagaand was Antonio steeds in die noodgevalle-afdeling van die hospitaal.

Seddon het intussen ʼn fondsinsameling van stapel gestuur om Antonio se ouers te ondersteun en Antonio se mediese onkoste, veral nasorg-koste, te dek.

“Ons wil hom nie noodwendig na ʼn private hospitaal laat oorplaas nie, maar selfs in ʼn staatshospitaal is daar steeds koste wat gedek moet word. Sy ouers moet elke dag heen en weer ry hospitaal toe, daar is fakture wat betaal moet word en my bekommernis is veral oor Antonio se herstelproses wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Enige terapie of ander behandeling wat hy sal moet kry gaan betaal moet word,” sê Seddon.

Sy sê dit is moeilik om te beraam hoeveel dié onkoste sal beloop, maar sy hoop om minstens R30 000 in te samel om die Hechter-gesin mee by te staan.

Enige persoon wat tot die fondsinsameling kan bydra, word versoek om Seddon te kontak by 079 492 2916 of [email protected].

[Red] Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Mike1 ·

Hi Sanet – weet julle of die bestuurder vd ander voertuig in hegtenis geneem is of ten minste sy besonderhede het

Chris Ws ·

Mag hul albei spoedig en volkome herstel.Ek hoop die Mini word afgeskryf.Daar moet dadelik met ‘n derde party eis begin word vir albei beseerdes.

Ezzi ·

Die onverskillige bestuurder wat 1 uur in die oggend n u-draai gemaak het moet finansieel aanspreeklik gehou word vir alle kostes, al beteken dit hy/sy verloor hul motor en huis! Hierdie kinders kon hul lewens verloor en ouers hul kinders verloor het a.g.v. hierdie person se roekeloosheid.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek ry self motorfiets….Groot en vinnige motorfietse!!! ‘n Mens ry nie 11uur in die nag op ‘n pad waar daar nie straatligte is nie (lees ander kommentare)….en aanvaar almal kan jou sien nie. Jy ry stadiger as jy ‘n voertuig langs die pad sien staan, want jy weet nie of daardie bestuurder jou sien nie…. Soos ek gesê het, ek ry self motorfiets….vir meer as 30 jaar al…en was nog nooit in ‘n ongeluk nie. Omdat jy weet dat jy altyd die slegste daaraan toe is in ‘n ongeluk, moet jy ekstra versigtig wees…….Dis lekker om altyd die “ander bestuurder” verantwoordelik te hou, maar teen 120km/u op ‘n motorfiets….beweeg jy teen 33m/sekonde….en vandat jou oë ‘n probleem gewaar neem dit jou ledemate 1,6sekondes om te begin rem……Dink daaroor…en pas jou rygewoontes aan, en bly tog af van die paaie af in die nag? Dis alreeds uitdagend genoeg in helder daglig.

Karin ·

Gemaskerde sopbeen die punt is nie hoe laat dit is nie… Die punt is mense moet ophou u-turns maak. My vorige kar is af geskryf as gevolg daarvan… Mense doen dit teveel en dis wat meeste ongelukke veroorsaak deesdae.

Karin ·

Gemaskerde sopbeen nee…. Mense moet ophou u-turns maak… Dis die oorsaak van meeste ongelukke deesdae…

Spikkels ·

Ja nee stem saam, jy bly van pad af daai tyd van die aand, kuier en waag of veilig in jou huis.. then again jy word daar ook vermoor so seker nerens meer veilig

$ ·

Gemaskerde Sopbeen, onthou net – jy ry reeds 30 jaar + motorfiets en het jare se ondervinding, en weet dus goed wat om te doen en wat nie. Hierdie is kinders, en het nie die helfde kennis of ondervinding wat jy het met motorfietsry nie.

En dan is dit ook nie hulle skuld nie, maar die skuld lê by die motor wat ´n u-draai gemaak het in die nag …

Marinda ·

Sterkte aan die kinders, asook met die vonds in sameling vir Antonio se versorging. Moenie moed verloor nie. Bly positief. Where there’s a will, there’s a way.

Marius ·

Ek self motorfiets ryer het al geleer om te PROBEER om ten ALLE tye oplettend te wees van beweging van voertuie spesifiek by aansluitings en voertuie geparkeer langs ryvlak alle stetkte aan die beseerdes weet nie hoe motorfiets ryers so gereeld onsigbaar is nie het ook al so amper tweede gekom

Elsje ·

Ons ry elke dag daardie pad. U-draaie, stop sommer in linkerkantstebaan en laai af. Ry in die aankomende verkeer want hy gaan mos nou nou regs draai. Metro hou kamstig padblokades oorkant Lifestyle sentrum, maar die sonder lisensies stop op diebrug en wag vir Metro om op te pak. 500 meter voor dit staan hul in die “slipway” wat links op ou Jhb pad draai. Ek is so moedeloos en bid elke dag dat ons almal net veilig sal wees . Ek is so jammer vir daardie kinders en hul ouers. Geen wette in SA en hul ry soos hul wil en onskuldige mense kry seer.

Johanna Botha ·

Wonder of die straatligte gewerk het want die wat nie 24/7 brand is of heeltemal gebreek of die paal is reeds getref en skeef.

Ena Small ·

O Vader…die mensdom is besig om dol te raak…elke dag lees en hoor ons van al hierdie hartseer en intussen word ons gevoelens afgestomp…ons is sonder woorde.
Moord en doodslag oorheers die nuus…en ons kinders sterf op vroeer ouderdomme.
Ons kan net bid….

Ken ·

Ek se lankal die Ou Johannesburgpad moet belig word. Donker stuk pad en hoeveel ongelukke vind weekliks plaas. Beide motors en motorfietse jaag op en af, veral snags, en dit sal nie stop voor beter maatreels in plek gesit word nie. Sal in my lewe nooit snags op daai pad op ‘n motorfiets ry nie!!

Stella ·

Ja wel bly weg van donkerpaaie,veral as jy verantwoordellik is vir n ander se lewe,EN,jy weet geen medies nie,daai drommel wat die ongeluk veroorsaak het moet betaal,maar gaan hy?

zeno ·

Pad ongeluks fonds moet betaal as die bestuurder van motorfiets onskuldig is. Dien dadelik so `n eis in,dan kos dit die ouers nie `n sent nie.

Esme ·

Hoeveel ongelukke word veroorsaam deur U turns maak mens so kwaad wil net nie leer nie Bid vir almal en dat genoeg fond in gesamel sal word en spoedige herstel by God is niks onmoontlik nie

Jenny Nel ·

Daai pad is n groot gevaar my Dogter en haar Verloofde het in 2006 ook daar dood verongeluk .

hercules ·

ai maar jule kan kla, wens net die twee sterkte toe en gee jou bydeae

gou gesond word julle twee – hou konstant aan HeilegeGees vas, hy bring verligting en genesing ?shalom?

Inkz ·

Ons self het Donderdagoggend skerp moes stop op Old Jhb vir ń kar wat van links voor ons inswaai en toe stop om ń u-draai oor ń sper streep te maak voor aankomende verkeer. 4 karre het uigeswaai. Dink maar vir almal en alles op die pad, want nie alle bestuurders kan vooruit t dink nie.
Baie sterkte vir daai 2 gesinne en kinders. Mag jul spoedig herstel.

anton ·

Sekere mense hoort nou eenmaal nie agter n motor se stuurwiel nie want hulle kan nie afstand skat en 3 dimensioneel sien nie!!!
Daarom sal daar altyd en nog meer en meer ongelukke in S.A wees!!!

Arnót ·

Ek self ry motorfiets, dit is tragies as mens hoor van die ongelukke. Wil eintlik reageer oo die sopbeen se kommentaar wat klomp van jul nie ordentlik verstaan of dalK nie die intelek het nie. Hy gee nie die Kinders die skuld nie, Hy verduidelik in eenvoudige woorde wat n motorfiets ryer IN GEDAGTE MOET HOU OM NIE IN N ONGELUK BETROKKE TE RAAK NIE. Dus Indien jy n motorfiets ry moet jy plekke en omstandighede vermy WAT JOU KANSE VIR N ONGELUK VERMINDER. It moet altyd voorbereid weeks vir die idiote se optrede op die pad.

blomie ·

Ek stel voor jy sit jou kommentaar/opninie op ‘n site waar die moterfietsryers dit kan sien. Want ELKE liewe dag staan jy in verkeer en laat jy net nie pad maak vir hulle om in die middel verby te kom nie dan ref hulle hier in jou ore of vloek jou,asof hulle die pad besit en asof jy MOET pad maak vir hulle! En ek praat nie noodwendig van almal nie maar ek sien dit elke dag. Die storie is baie hartseer hoopenlik het daai kinders nie gejaag of was onverantwoordelik op die pad nie.

Ramkat ·

Klink leerlinge of skoliere nie beter as leerders nie? Sterkte vir hulle.

Stem saam ·

Die Ou-Jhb pad behoort aan die Nasionale Paaie Dept. Daar word al jare lank gepoog om dit te verbreed/te belig. Daar is orals ongelyke teer oppervlakke en veral met donkermaan ‘n nagmerrie om daar te ry. My grootste vrees is gewoonlik dat ek nie ‘n donkergeklede voetganger betyds gaan raaksien nie. En ry jy effe stadiger om “versigtig” te wees, is daar altyd een of ande Slim Piet wat van agter op jou afstorm en selfs ligte flikker – net omdat jy meer as gewoonlik versigtigheid aan die dag lê. Hou ook maar dop: na die reënseisoen is die pad weer ‘n slaggat-paradys soos min! Sterkte aan die beseerdes en mag die hofproses die skuldiges uitwys en aan die pen laat ry. Ongelukkig minimaliseer dit nie die skade, pyn en ongerief nie.

Brutus ·

Jammer dat onskuldigge padverbruikers altyd moet 2de kom. Ons land en paaie word deur n wettelose kultuur beheer en sal net erger word………

Alta ·

Die ongeluk het net na 10h10 gebeur…..my dogter se eerste oproep na my was 10h14….sy was ook agter hulle op pad huis toe sy het gesien wat gebeur het …. Ons was by hulle ongeveer teen 10h23 en die kinders gehelp tot die Ambulans gekom het.

Elna ·

Alta. Baie sterkte aan julle almal en veral die kinders wat so ernstig beseer is vir hulle ouers ook.Mag hulle volkome herstel en mag daar familie wees wat julle ondersteun en bystaan in hierdie moeilike tyd. Julle is in ons gebede.?

Outyds ·

Ek oordeel gladnie, baie sterkte aan die families.

Ek weet my ouers sou dit nooit goedgekeur het dat ek motorfiets ry daardie tyd van die nag as Graad 10 meisiekind nie, en vandag is ek dankbaar ek is beskermend en streng grootgemaak. Ek hoop my kinders se ook eendag vir my dankie.

Tragies ·

Ek stem; ek oordeel nie en dit wat gebeur het is hartverskeurend, maar wat maak ‘n graad 10 meisie en matriek seun daai tyd van die aand uit, wat nog te sê op ‘n slegte Johannesburgse pad op ‘n motorfiets? Tye het seker verander, maar ek wat 2006 matriek geskryf het is daai tyd nog met ‘n valkoog dopgehou, en dit op ‘n plattelandse dorpie. Baie sterkte aan die ouers. Ek bid vir vinnige en volkome herstel.

Leeutjie ·

Ek stem saam Outyds en Tragies. Die kinders is nog baie jonk. Ek hoop regtig die seun het ‘n motorfiets lisensie gehad anders is daar geen eis nie… Sterkte met die 2 kinders! Hoop hulle herstel heeltemal!

Wilma ·

Gisteraand hier op Calitzdorp n idioot ook besetene aangegaan. Hoort ini tronk.

Chris ·

En as die ouers dit nie kan bekostig nie? Ek weet julle gaan nou sê maar die kind het dan ‘n motorfiets, maar hy kon dalk sy sakgeld gespaar het of loswerkies gedoen het vir geld om sy eie motorfiets te kan koop!

Schalk ·

Ai julle ek is jammer vir julle en bid vir julle vir spoedige herstel.Ons lewe in n tyd van onverantwoordelikheid ek vra verskoning namens my mede afrikaners wat nog rondloop met harte van klip. en dan nog slim praatjies maak,sterkte vir julle en jul families.

Natascha ·

Hul moet n wet maak dat alle ongelukke privaat hospitaal behandelig moet kry. Die staat betaal vir alle ander ekstras, hoekom dit nie verpligtend maak nie, veral as dit nie jou skuld was nie.
Hoop die kinders strek gou aan, Ons bid vir jul spoedige herstel.

Blaarman ·

Baie sterkte vir die twee kinders, hulle familie en vriende. Ek wens julle ‘n spoedige herstel toe!

Byt vas!

zeno ·

Gemaskerde sopbeen – Jy is net gelukkig om `n ongeluk vry te spring, prys maar jou eie stert. Die motorfiets ryer het net soveel reg om die pad soos die persoon wat `n motor bestuur.

Masker ·

Enige ongeluk is tragies en gaan gewoonlik gepaard met seer, hartseer en blywende letsels.

Jammer om kennis te neem van die twee jong mense se ongeluk. Hoop julle sterk mooi aan en dink aan die naasbestaandes en vriende.

As ek goeie raad aan die ouers van Antonio kan gee; probeer om hom liewer na Steve Biko oor te laat plaas. Kalafong is na my beskeie mening laaste laaste hospitaal waar ek in Pretoria wil le.

My skoonouers is ‘n paar jaar gelede daar opgeneem en altwee is daar dood.

Swak diens, vuil sale en higiene is maar enkele redes waarom ‘n groot gros mense saam met my sal stem. Ek swyg maar oor res!

Sterkte!

chris ·

Maker ek stem saam, my seun het sy linkerhand se vingers vergruis en dit het amper 6 dae geneem voor hy die eerste keer in is teater toe geneem voor hulle hom.. die plek is vieslik vuil.hy moes 7 sewe weke daar spandeer na ons hoeveel keer moes baklei en bel net dat iets moet gebeur.
kry daai kind so gou as moontlik daar uit en by n ander hosptiaal.

Nika ·

Gaan Maroela Media die berug se tyd verander? want 01:00 die oggend en 11 uur die aand is nogals n verskil?

Hoop die twee herstel vinnig, my man was in n motorfiets ongeluk en jy is nooit weer dieselfde nie, begin nou al met die 3de party eis want dit vat so +- 5 jaar voor hulle uit betaal.

Dries Moolman ·

Met elke tweede kommentaar gebeur die ongeluk al hoe vroeer, netnou netnou het hulle seker helder oordag in die kar vasgejaag.

Blaarman ·

Onsinnige en ongevoelige stelling, Dries Moolman.

Dit is geheel-en-al moontlik dat die joernalis nie al die korrekte inligting tot haar beskikking gehad het toe die artikel geskryf is nie.

Tensy jy vir ‘n feit weet dat die ooggetuies wat hier kommentaar lewer nie die waarheid praat nie, stel ek voor dat jy liefs jou opinie vir jouself hou.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers,

Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig, en die botsing net inderdaad na 22:00 plaasgevind.

Groetnis
Anja nms Maroela Media

Wat as... ·

Ek het nou almal se kommentare gelees en wil iets se. Wat as MM nie gese het dit was nie ‘n motorfiets en motor wat in die ongeluk betrokke nie en het verwys het na die bestuurders sou julle ook so klippe gegooi het. Dit maak nie saak wie wat bestuur het nie, iemand het ‘n U-draai gemaak en dit het ‘n ongeluk veroorsaak. Bid eerder vir hierdie kinders en hulle families. My kind was verpletterd toe sy hoor haar vriende was in hierdie ongeluk betrokke. Baie sterkte aan almal wat by hierdie tragedie betrokke was. Ons wens julle ‘n spoedige herstel toe.

madelein ·

Kalafong ek sal my nie verbaas as hy nog steeds by ongevalle le nie, my skoonsuster het 4 dae daar gele DR’S is baie goed maar die personeel sleg veby daar is nie eers n kussing in daai hospital nie wat nog van kos is soos n tronk daai want jy le saam die bandiete in die hosp.

Danie ·

Wel hier word dit net weer bewys in plaas van saam staan en ń bydrae te maak word daar klippe heen en weer gegooi ja ń u draai is gemaak en of die leerder vinnig of stadig gery het weet net hy alleen….Spoedige herstel vir albei leerders

Jepetto ·

Het die jong man a bestuurdes lisensie gehaad dis middel Febrearie gewoonlik is jy graad 12 is jy 18 kom ons vind dit eers uit en watse fiets.dit was

Speedguard ·

Kyk asb na verwysde sake, ‘n ongelisensieerde persoon is nie noodwendig nalatig nie , ek se nie die seun het nie ‘n lisensie gehad nie maar is dit in die geval om te ewe! Mnr Jepetto!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.