Centurion-lisensiekantoor gesluit ná voorval

centurion-lisensiekantoor

Lang rye by die Centurion-lisensiekantoor. Foto: AfriForum/Argieffoto.

Die lisensiekantore in Centurion is Woensdag gesluit ná ʼn rooftog Dinsdagaand.

Daar is verskeie rekenaars en kameras tydens die aanval gebuit.

Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê die kantore is gesluit om die SAPD toe te laat om hul ondersoek ongehinderd uit te voer.

Volgens die metropolisie en die munisipaliteit sal die kantore Donderdag weer oop wees, maar sal daar slegs beperkte dienste aangebied word.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat rekenaars, eNaTIS-skerms en ander rekenaartoerusting gesteel is.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die dienste wat Donderdag beskikbaar sal wees, sluit leerlinglisensies, praktiese toeste vir bestuurslisensies en die afhaal van nuwe lisensiekaarte in.

“Daar sal tot verdere kennisgewing geen lisensiehernuwingsversoeke verwerk word nie. Mense kan in die tussentyd Akasia en Bronkhorstspruit se lisensiekantore besoek vir dié diens,” het Mahamba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lourense ·

Nie asof hulle minder kan werk nie… our system is offline – it’s teatime – systém is offline – it’s lunchtime – systém is offline – teatime – closing time –

Elizabeth ·

Ooooeeee Lourense!! Gee jou sommer n soen!! Ha ha!! Jy’s soooooo reg!! Jy’t my dag gemaak!! xxx

Yolande ·

Daardie kantore is waaragtig nutteloos in elk geval. Diens is stadig, personeel wil ek nie eens van praat nie, korrup (en ek weet want ek is korrupte dienste aangebied, en dit geweier. Ons is oorgelaat aan onbevoegte stelsels en regering.

Rustenburg ·

Ai hoe interessant. Berig in vandag se Rustenburg Herhald vra dat mense asb die lisensie kantore van Koster, Swartruggens of Mogwase moet gebruik na die Rustenburg kantoor gesluit is as gevolg van inbraak op 9 JUNIE 2017 (LET WEL).. jy sien hierdie is aspris want nou sit almal by hul huise met vol salaris (en tien teen een hulself wat die inbraak orkesteer het.. ek laat my nie vertel hulle help by die ander kantore nie.. Selfde met die brande op een dag by twee premiers se kantore en wie is die “fools” … Jammer om te sê maar ons is die “fools”

marous ·

Om te roof moes daar iemand wees . Glo nie hulle werk in die aand nie…

Pieter ·

Korrek Marous, ek glo daar was dalk sekuriteits beamptes aan diens wat waarskynlik beroof was anders gewone inbraak en diefstal

Eugene ·

Ek poog al sedert April om my bestuurderslisensie te hernu. Cullinan kantoor is gesluit agv opknapping. Watloo en Akasia was ook gesluit weens die diefstal van toerusting. Midrand het my weggewys aangesien my fisiese adres in Pretoria is. Ek het Maandag oggend weer by Centurion om 5h30 in die tou begin staan. Was darem 11h00 klaar. VIVA ANC!!!

CHRISTA ·

Dalk is dit die taxi-verenigings wat vir hulle kliënte “wettige” lisensies wil uitreik!! HAHAH!!

Theresa ·

Daar is raakvat beskrywings vir hierdie tipe verval. Sal maar inhou want sal tannie wees waarvan niemand hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.