Centurion: Man ernstig gewond ná ‘mislukte kaping’

Argieffoto

ʼn 32-jarige man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy gewond is tydens ʼn beweerde mislukte kaping in Monavoni in Centurion.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo Vrydagaand naby die R55 plaasgevind.

“Met ER24-paramedici se aankoms by die toneel omstreeks 22:30 het die man sowat 400 m weg van sy motor gelê,” sê sy. “Hy is twee keer in die bors geskiet en vir dié skietwonde behandel.”

Van Huyssteen sê die man het op die toneel beweer dat verdagtes sy voertuig probeer kaap het.

“Die man is met lewensondersteunende middels behandel voordat hy na ʼn hospitaal vervoer is. Hy is ernstig gewond,” sê sy.

Die presiese gebeure rakende die voorval is nie duidelik nie.

Die polisie kon nie Saterdagoggend bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elvira ·

Wanneer gaan hierdie regering werk skep sodat die kriminele kan ophou OM ANDER MENSE SE EIENDOM TE WIL HE. SO SIEK EN SAT VIR DIE ARROGANSIE IN HIERDIE LAND.

Selfbeskikking ·

Na 24 jaar van geen aksie is dit naief om te hoop daar gaan nog teen kapers of enige ander misdadigers opgetree word. Dit gaan nie, ons moet self onderhandel vir ons eie land waar ons wet en orde kan handhaaf. Dis al hoop.

NETSOGAVOL ·

Dit gaan nie stop nie, al word werk geskep vir elke mens in die land. Werke betaal net ‘n gewone salaris met kapings kry hulle duisende per keer. You do the math. Dit maak mens siek om so hard vir jou goed te werk en hulle vat net wat hulle soek

Pierre ·

Elvira , dit is vir die regering n tipe van n bron van inkomste, dit is hoekom hulle so min daar omtrent doen. Nog n klomp monde wat hulle nie hoef te voed nie. En die regstelsel is hulle Union wat vir hulle opkom en beskerm

Antiestabliesment ·

Werk skep? die regering? Waarom moet die regering werk skep? Dit is die plig van die formele besigheids sektor om werk te skep. Die regering is net veronderstel om die land te bestuur. Hulle moet geleenthede skep vir besigheid om te floreer sodat werk geskep kan word.
Maar ja, aan die ander kant. Sodra werk geskep word en misdaad afneem, gaan daar n ander GROOT groep mense hulle werk verloor. Die privaat sekuriteitsbedryf verskaf werk aan nagenoeg 490000 mense en is die 4de grootste privaat sekuriteits bedryf in die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.