ʼn 30-jarige man van Olievenhoutbosch in Centurion is Maandag na die hospitaal gehaas nadat hy glo verskeie kere tydens ʼn winkelrooftog geskiet is.
Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê omstanders het die man glo na ʼn nabygeleë polisiestasie in dié omgewing geneem sodat hy dringend hulp kan ontvang.
Vermaak sê polisiebeamptes het die man probeer help toe paramedici op die toneel aangekom het. Die man het volgens hom verskeie skietwonde gehad.
“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en hom toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling,” sê hy.
Meer inligting oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie. ʼn Polisieondersoek na die voorval is van stapel gestuur.
Was hy een van die rowers of n toeskouer of wat? Hoekom is hy geskiet? Die berig noem nerens waar hy inpas nie?