Centurion: Man kritiek ná botsing

‘n Foto van die toneel op die M18 in Irene (Foto: Verskaf)

ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat ʼn motor en ʼn minibustaxi reg van voor gebots het op die M18 in Irene in Centurion.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die bestuurder en passasier van die minibustaxi het langs die motorwrakke gestaan toe nooddienste op die toneel aankom. Die kritiek beseerde man was in die motor vasgekeer.

“Paramedici het die beseerdes ondersoek. Die bestuurder van die voertuig het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Die bestuurder en passasier van die minibustaxi was ongedeerd,” sê hy.

Meganiese toerusting is gebruik om die man uit die motorwrak te bevry deur die dak van die motor af te sny.

Die man is met lewensondersteunende middels behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Meer inligting oor die botsing is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kamera ·

Aanboord-kameras (dashcam) raak nou ‘n wetlike verpligting vir alle voertuie om vas te stel wat het gebeur. Daarvolgens kan dan straf uitgedeel word wat selfs MOORD sal kan insluit.

Johanna Botha ·

Die taxis volg mos geen reels nie …hulle kom net van voor in jou baan waar jy moet ry ! Verder ry hulle alles vrot betaal geen tolgelde of belasting nie

Theresa B ·

Ek stem Kamera. Hier by ons (Pretoria en veral Silverton) ry die Taxi’s oor die rooi ligte met spoed hoor. Jy kan onder GEEN omstandighede ry as die lig vir jou groen slaan nie. Dit is erg. Niemand wag meer geduldig by ‘n rooi verkeerslig nie. En ek sien al hoe meer voertuie begin dit ook na-doen. Dis erg. Geen padreels meer nie!!

thelsa ·

Daardie stuk pad vanaf die N1 /Botha Laan is ‘n nagmerrie vir enige beskaafde, opgevoede en wetsgehoorsame lid van die publiek. Die arrogansie en wettelossheid van die taxi’s is afgryslik. Waar is die wetstoepassers of is hulle weer besig om op die hoofweë te staan en vragmotors af te trek en ‘bribes’ te vra.

Oosie ·

Die Metro Polisie het oral beheer verloor. In Jhb middestad maak hulle sommer van ”n tweerigting ‘n eenrigting. Die taxis is in beheer, nie die Metro nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.