Centurion-man sterf in Mosambiek

Johan Westervelt. Foto: Instagram

Johan Westervelt. Foto: Instagram

Johan Westervelt, ʼn 30-jarige sakeman en kranige sportman van Centurion, is op Nuwejaarsdag in Mosambiek dood.

Thea Westervelt, Johan se ma, het aan Maroela Media gesê haar seun het by vriende in Mosambiek gekuier toe hy Vrydagmiddag op pad terug na Suid-Afrika in ʼn motorfietsongeluk betrokke was naby Xai Xai. “Hy het alleen gery en ons weet nie presies wat gebeur het nie.”

Volgens Westervelt is haar seun se liggaam steeds in Mosambiek. “Ons hoop dat Johan teen vroeg volgende week terug in Suid-Afrika sal wees. Dit is ook hoekom ons nog nie begrafnisreëlings kan tref nie.” Johan, ʼn skokbokswêreldkampioen wat ook provinsiaal fiets gery en waterpolo gespeel het, het saam met sy ma en broer ʼn sagtewareontwikkelingsmaatskappy bedryf.

“Hy was ʼn ontsettende talentvolle en liefdevolle mens. Niks was te veel moeite vir sy gesin, vriende of medemens nie. Hy was ʼn briljante man gewees, ʼn mens wat vir almal en alles omgegee het.”

Sy familie en vriende is dit almal eens dat hy in sy 30 jaar meer as ʼn “enkellewe” geleef het. Johan laat ook sy pa, broer en suster agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Mag God met sy Gees julle ryklik vertroos en reëls verder glad sal verloor.

Gesiggie ·

Baie Hartseer .. Mag God jul dra En vertroos in die moeilikke tyd… Mag jul vertroosting vind.

Francie van Rensburg ·

Ai, die motorfietse tog! Elke ongeluk is ‘n tragedie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.