Centurion-matriekseun aan ventilator gekoppel

Antonio Hechter. Foto: Facebook

Antonio Hechter is aan ʼn ventilator gekoppel nadat dokters Dinsdag vasgestel het sy regterlong is ernstig beseer en het begin platval.

Antonio word in die hoësorgeenheid van die Kalafong-staatshospitaal behandel nadat hy Vrydagaand in ʼn ernstige motorfietsongeluk betrokke was. Albei sy arms en ʼn paar ribbebene is gebreek, en hy het erge beserings aan een been opgedoen. Hy het ook ʼn haarlynfraktuur in sy bekken.

Berna Seddon, ʼn Hoërskool Zwartkop-ouer wat as woordvoerder vir Antonio se familie optree, sê Antonio se ouers het gehoop dat hul seun Dinsdag opereer sou word, maar dit is uitgestel omdat sy bloeddruk te laag was. X-strale en skanderings van sy longe het die skade aan die regterlong getoon en hy is aanvanklik met ʼn stoommasjien behandel.

“Teen gistermiddag het dokters egter besluit om Antonio op ʼn asemhalingsmasjien te plaas aangesien hy te vinnig asem haal en dit sy spiere moeg maak,” verduidelik Seddon. “Hy is nou op die ventilator en onder sedasie.”

Teen vanoggend was die vog op Antonio se long minder. “Die dokter sê hy is siek, maar hy toon wel vordering. Die dokter wil hom eers nog onder verdowing hou. Hy sal die verdowing stelselmatig verminder en kyk hoe Antonio reageer. Hy wil nie hê Antonio moet angstig wees as hy wakker word en voel daar is ʼn pyp in sy keel nie.”

Sy sê hoewel Antonio se ouers swaarkry om hul seun so te sien, word hulle bemoedig deur mense se omgee en boodskappe van ondersteuning.

“Antonio se ouers wil ook graag dankie sê aan elkeen wat hul harte oopgemaak het en tot sy mediese onkoste bygedra het. Teen vanoggend was daar R16 895 geskenk. Ons is so dankbaar, baie dankie.”

Maroela Media het vroeër berig Seddon het ʼn fondsinsameling van stapel gestuur om Antonio se mediese onkoste, veral nasorg-koste, te dek. Die geld help ook om sy ouers te ondersteun wat daagliks heen en weer hospitaal toe moet ry om by hul seun te waak.

Enigiemand wat tot die fonds kan bydra word versoek om Seddon te bel by 079 492 2916 of e-pos te stuur na [email protected].

Lees alle vorige berigte oor Antonio Hechter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elsabie ·

Ek hou julle in my gebede! God is Groot! Sterkte seuna! Mamma en pappa, hou net aan bid!

Mens ·

Al wat ek nou kon sien was sy foto toe ek MM oopmaak en my eerste gedagte was aggenee nie nog een nie maar hy lewe en daai gevoel om dit te hoor is onbeskryflik, soos Naka en ek ken hom nie eers nie. Waar daar lewe is, is daar hoop. En ek hoop en ek glo hy gaan ok wees. Ek het gevra dat die Here hom beskerm. Glo hoop en bid vir julle.

Ilze ·

Al wat ek kan doen is julle almal in gebed opdra. Ek glo hy sal herstel. Sterkte ma en pa julle is die wat hom nou moet staande hou

LH ·

Ons bid vir jou my kind! Mag God sy hand van genesing oor jou hou! Aan sy gesin, vriende, familie en Kaylan, baie sterkte! Ons dien n Almagtige God. . .

Sandy ·

Voorspoed en liefde en gebede gaan uit na Antonio en sy ouers in die tyd van julle beproewing.

Gewese Zwarrie ouer ·

Seuna, Zwarrie-land bid baie hard vir jou en ons harte is seer dat nog n Zwarrie op n motirfiets seergekry het. Jy moet asb gou gesond word

Johan H. ·

Jongman staan sterk,aan sy ouers maak asb. Seker die personel wat aan hom werk was eers hul hande asb. Paar van my vriende en kennise is oorlede aan sepsisme, asb.hoekom ek jul pyn voel is amdat ek n seun ook sy ouderdom het!

Zwarrieman ·

Kan Maroela dalk asb die fonds se bankbesonderhede publiseer?

Blom ·

Zwarrieman, daar is ‘n e-pos adres onderaan die berig waar jy kan navraag doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.