Centurion mesaanval: 3de verdagte in hof

Ruan van Heerden (Foto: Facebook)

Die derde verdagte wat betrek word by die aanval op  ʼn egpaar van Centurion, het Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die 22-jarige Colson William Phelps is Dinsdagoggend by sy werksplek in die The Grove Mall in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die aanval op Barnie en Magda van Heerden verlede Vrydag in hul huis in Pierre van Ryneveld.

Die egpaar se seun, Ruan van Heerden (18), het reeds Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die aanval op sy ouers.

Volgens Stiaan Bekker, woordvoerder van die familie, is Magda steeds in die intensiewesorgeenheid in die hospitaal. “Maar onder omstandighede gaan dit beter met albei van hulle.”

Soos vroeër berig is Ruan ure ná die voorval in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in hegtenis geneem waarna ’n tweede verdagte, ’n 17-jarige meisie, Maandagaand in Waterkloof, Pretoria, in hegtenis geneem is. Sy het Dinsdag in die hof verskyn.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat Ruan en die meisie na bewering die egpaar oorval en aangerand het. Die twee verdagtes het daarna glo in Barnie se voertuig op die vlug geslaan. Dié voertuig is ure later verlate naby Tembisa opgespoor.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, staan al drie die verdagtes tereg op poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal. Hulle gaan Maandag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Jy’s reg Alida. Maar toe dit in die parlement onder bespreking was dat langtermyn gevangenes hande-arbeid moet verrig, het die DA by monde van (wat’s daai witkop gewese advokaat vrou se naam?) daarteen kapsie gemaak deur te sê dit sal die prisoniers se ‘regte aantas’.

Neels ·

Nog n Griekwastad en De Zalze geval en hulle gaan ook orobeer om dit op n iemand anders te plaas. Ek verstaan nie hoe werk die jongmense se koppe nie. Kan nie wag vir hulle moontlike erfporsie nie. Om iets van jou ouers te erf is n voorreg en nie n reg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.