Centurion-motoriste gewaarsku

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Die polisie het ʼn beroep op motoriste in Centurion gedoen om versigtig te wees vir kapings op die R55, veral naby Olievenhoutbosch.

“Die Gautengse polisie waarsku motoriste om paraat te wees en nie rylopers op te laai nie,” het konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

“Die waarskuwing volg nadat ʼn motoris in sy 40’s Sondag omstreeks 22:00 vir twee vroue stilgehou het wat gemaak het of hulle gestrand is. Hy is van sy wit Mercedes-Benz beroof waarna hy sy bewussyn verloor het.”

Die slagoffer het eers die volgende dag in die Akasia-hospitaal in die noorde van Pretoria sy bewussyn herwin. “Hy kan slegs onthou dat hy gestop het om die twee vroue op te laai.”

Die Olievenhoutbosch-polisie ondersoek ʼn saak van motorkaping. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Deon ·

Wie is nog so onnosel in vandag se tyd, behalwe miskien as dit iemand is wat gedink het hy kan ‘n dubbele gelukkie op die koop kry!!!

Elsa ·

Moenie motoriste waarsku as jul, Polisie, weet van kapings en swak plekke op paaie nie, waar is jul sigbaarheid?

ken benoni ·

Deon en Elsa: Ek stem met julle albei saam, pynlike en duur les!!

Hennie ·

Ja, noudat die polisie mense gewaarsku het om versigtig te wees het hulle ook hulle werk goed genoeg gedoen – vogens hulle. As hulle regtig hulle sout werd was, het hulle aksie geneem om die mense agter tralies te kry en te beveilig vir die publiek.

snoefie ·

noudat die sapd daarvan weet, kan hulle mos lokvalle stel en due probleme oplos.

riana ·

nee dit is nou werk vir hulle en julle almal weet hulle hou nie van werk nie.

James ·

REGTIG jy is ONVERANTWOORDELIK om rylopers op te laai. 99.9% van hulle is skelms en wil jou beroof of vermoor. ASB TOG MOENIE probeer Racheltjie de Beer speel nie, die tyd is verby daarvoor. Mense kaap, beroof en vermoor jou net as jy hulle oplaai, daar is taxis en busse en ander vervoermiddels wat hulle kan gebruik. Verstaan net nie hoe WAARSKU die polisie ons teen kapings anders as om nie rylopers op te laai nie, wat moet ek doen as ‘n ou met ‘n rewolwer teen my kop staan ? Paraat of te not, jy gaan of die kar of jou lewe moet opgee.

Johanna Botha ·

As die polisie weet van dit hoekom stel hulle nie n lokval nie …o ja dit seker teveel gevra om mense te vang tel eerder net stukke op

Johnny ·

Deon, Elsa ek stem saam. Snoefie ons polisie sal nie n lokval stel nie, hulle het dit nie in hulle nie. Jammer maar dit is so……..

Kevin ·

Sondag aand so 8 uur se kant ry ek by Jean Laan af in Centurion, toe ek stop by die Robot onder die highway by Jean Crossing Mall, toe sien ek ñ smash and grab plaasvind by ñ wit enkele vrou. Hulle lé op die wal bo en kyk van bo af in jou kar. Moet nie stop by Robot as die pad skoon is nie.

Nalatig ·

As jy nalatig is dan moet jy maar die gevolge dra. Hulle breek net voertuie waar alles in die kar rond le. Open invitation !!

anton ·

So ”Nalatig”………indirek vat jy die misdadigers se kant.
Dus is dit altyd die wetsgehoorsame burgers se eie skuld as hulle beroof word!!!! Ai Ai Ai dis tragies.

riana ·

nee dit is nou werk vir hulle hoe sal hulle dit nou wil doen, en dan kan hulle nie sit en slaap nie.

Bokkie. ·

James, jy is 100% reg. Ek dink egter terug aan n voorval n klompie jare gelede toe n vrou in P E se keel amper af gesny is. N verbygaande moteris het gestop om haar te help en sodoende haar lewe gered. Ek glo die man in die berig wou net help, jammer dit het hom so duur te staan gekom.

Marisa ·

Bokkie, in die PE-vrou se geval (Alison Botha – 1994) het haar weldoener haar dodelik gewond en bloeiend langs die pad gevind. Dit was DUIDELIK dat sy hulp dringend nodig gehad het. Maar hierdie twee vroue wat die man in ‘n lokval gelei het, was sekerlik nie in daardie toestand nie. So, dit is die verskil. Help waar hulp DUIDELIK benodig word. Die slagoffer moes eerder die polisie gebel het as om self ridder op die witperd te speel.

Ben. ·

Enige iemand wat al laataand op die pad of die een verby Diepsloot ry sal die “dames van die nag ” daar sien hul ware uitstal. Dames in “nood” is maar net nog ‘n manier om barmhartige samaritane te beroof. Hou verby en as jou gewete jou pla rapporteer dit aan die polisie dat hul gaan help.

Meraai ·

Mense, gebruik julle gesonde verstand. Daar is eintlik nie meer redes hoekom mense daardie tyd van die aand hoef te ryloop nie – ons het mos nou darem al in die eeu goedjies soos uber ens. Dink soos ‘n krimineel, behalwe as jy nou ander gedagtes het, maar ek dink dit raak ook al bietjie riskant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.