Centurion-ongeluk: Trok ry drie voetgangers dood

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Drie mense is Vrydagoggend dood nadat ʼn vragmotor in Centurion, Gauteng, vier voetgangers getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in die besige Lenchenrylaan plaasgevind. “Drie van die voetgangers was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die vierde voetganger het ernstige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê. Die bestuurder van die vragmotor het matige beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.