Centurion-onnie in hegtenis ná ‘molestering’

Valhalla Primary School (Foto: Google Maps)

ʼn 55-jarige onderwyser is in hegtenis geneem ná bewerings van seksuele aanranding by Valhalla Primary School in Centurion.

Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die man word by Pretoria-Sentraal aangehou en sal na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn. “Hy is Donderdag in hegtenis geneem deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.”

Die inhegtenisneming volg ná bewerings dat hy tussen 2017 en 2018 kinders tussen 10 en 12 jaar oud seksueel aangerand het. Besorgde ouers het verklarings afgelê.

“Die polisie en die departement van onderwys is gesamentlik besig met die ondersoek oor die bewerings,” het Dlamini verduidelik. “Dit is in hierdie stadium nog nie duidelik hoeveel kinders hierdeur geraak word nie.”

Maroela Media het vroeër berig die onderwyser het vermoedelik 23 leerders seksueel aangerand. Die onderwyser is intussen reeds uit sy pos verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

As dit wel so is is dit net weereens n bewys dat ons in n siek samelewing is. Net pappa God kan hierdie nasie red.
Is glad nie lekker om teweet dat dit die mense is wat elke dag met ons kids vetrou word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.