Centurion-onnie in hof oor ‘molestering’

Valhalla Primary School (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

ʼn 55-jarige onderwyser van Valhalla Primary School, wat daarvan beskuldig word dat hy leerders seksueel mishandel het, het Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Hy word daarvan beskuldig dat hy 23 skoliere, in graad 5, 6 en 7, sedert Junie verlede jaar onbehoorlik aangeraak het. Die leerlinge het klagtes ingedien ná ʼn bewusmakingsveldtog deur die Tshwane-metropolisie.

Die hof het Woensdag gehoor die getal slagoffers het tot 24 toegeneem en die ondersoek duur voort.

Ondersoekbeampte kapt. Johannes Mkhondo het die aansoek om borgtog teengestaan en gesê die slagoffers sal nie veilig wees nie, omdat die man se beweerde gedrag voortgeduur het self ná die skoolhoof hom aangespreek het.

Mkhondo voer aan die man hou ʼn gevaar vir die gemeenskap in en moet nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die beskuldigde se regspan het egter aan die hof gesê kapt. Mkhondo het glo gepoog om omkoopgeld van R10 000 by die man se vrou te kry om die saak “te laat verdwyn”. Mkhondo het dit ten sterkste ontken en het albei sy selfone vir die hof aangebied om te bepaal of hy inderdaad ʼn SMS gestuur het waar die R10 000 geëis word.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Juffrou ·

Ek het sowat 10 jr gelede n soortgelyke onsmaaklike ervaring beleef. Die verskil is die aangeklaagde was inderdaad onskuldig – dit was n “set up” omdat daardie man van Zimbabwe. Van die kinders het dit later erken…

Avra ·

Wat verkondig jy, eerlikheid of leuns. Dit kan n lewe vernietig

AFrikaans ·

Kyk ek het nie tyd vir ENIGE kinder abuser nie maar die wragtie weet toe hulle moes oor die radio noem dit is ‘n AFRIKAANSE onderwysers het ek amper die piep gekry. Vreemd dat jy GEEN ander taal en GEEN ander RAS so mag uitsonder nie .. maar omdat hy AFRIKAAANS is mag dit genoem word … Die media is te bang om moordenaars by hulle kleur of taal te noem maar o hel as daar ‘n AFrikaanse ou is (van watter kleur ookal) mag hy reggesien word. Persoonlik hoop ek hy sit vir ewig in die tronk vir wat hy aan die kinders gedoen het maak nie saak WAT sy taal is nie.

Elizma ·

Wel daar is 4mans onderwysers by die skool…net 1 is wit en is beslis nie 55jr oud soos daar genoem word nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.