Centurion-onnie van molestering aangekla

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn Saak van seksuele aanranding is teen ’n onderwyser van Centurion aanhangig gemaak ná bewerings aan die lig gekom het dat hy glo 23 leerders seksueel aangerand het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat ʼn klag van seksuele aanranding teen ʼn onderwyser van Valhalla Primary School in Centurion aanhangig gemaak is.

Volgens Dlamini neem die polisie tans verklarings by dié skool af om meer inligting oor die beweerde gebeure te bekom.

Intussen is die onderwyser uit sy pos verwyder. Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, is die departement deeglik bewus van die aantygings. Die departement het gevolglik  ʼn span afgevaardigdes vandag na die skool gestuur om ondersoek in te stel. Dit sluit beraders in.

Volgens Mabona duld die departement geen bewerings van seksuele wangedrag nie. “Indien die aantygings bewys kan word, sal die departement nie huiwer om beslissende stappe teen die beskuldigde te doen nie,” sê hy.

Die departement monitor tans die situasie.

Hoewel die polisie ʼn strafregtelike aanklag teen die onderwyser ondersoek, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

ZAAN ·

VALHALLA IS IN VALHALLA, EN NIE IN CENTURION NIE! EK BEHOORT TE WEET, HET DAAR GROOT GEWORD EN DAAR SKOOL GEGAAN!!!

Okey? ·

Valhalla is ‘n voorstad van Centurion, net soos Wierdapark en Rooihuiskraal. Dis mos nie sy eie stad nie. Kalmeer met die hoofletters!

VRAMANET ·

Maar as jy gaan google @ZAAN, dan val hy onder Centurion.

Sê maar net ·

Valhalla is ‘n voorstad van Centurion, net soos wat Eldoraigne, Amberfield, Pierre van Ryneveld, Raslouw en nog so 41 ander voorstede ‘n voorstad van Centurion is.

Sjoe ·

Sjoe ZAAN, jy raak darem maar opgewonde oor niks. MOET JY SO SKREE?????

Daan Erasmus ·

Zaan. Om in hoofletters te tik is SKREE. En hou dit stil. Netnou brei die grondeis uit na Valhalla, of is dit hoekom jy die plek onafhanklik verklaar

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê ZAAN,

Dankie vir jou kommentaar. Die adres op Valhalla Primêre Skool se webwerf dui aan dat die skool inderdaad in Centurion geleë is. Dit word ook aangedui op Google Maps dat Valhalla ‘n voorstad van Centurion is.

Groetnis
Maroela Media

walley ·

lag ek nou. Ek bly in valhalla en gelukkig val valhalla onder centurion se munisipaliteit. Jare terug het dit onder Pretoria geval. En ja daar is vhalliespark primary en is die ou afrikaans valhalla laerskool . Valhalla primary is die ou engelse laerskool en is by die skool waar die probleem nou le. Die enigste afrikaanse laerskool is laerskool Swartkop in valhalla. VERSTAAN ZAAN???

EF ·

Julle baklei oor in watter area dit is – REGTIG ??
Dit gaan hier oor kinders wat seksueel aangerand is – maak dit regtig saak in watter area dit is?
Die KLEM moet wees oor die siek mensdom!!

Matthys ·

Dankie EF. Het gewonder wanneer gaan iemand by die EINTLIKE PUNT VAN DIE BERIG uitkom!!

leser ·

dis nie valhalla wat veroordeel word nie, dis die onderwyser, het jy nou regtig gedink jy sal nie uitgevang word nie
onderwyser , jy is n groot mens tussen kinders, maar n kind tussen grootmense, min verstand vir n onderwyser

Anel ·

Daar bestaan nie so ‘n skool in Valhalla nie. Dis of Valhalla Primary of die oy Valhalla Laerskool wat nou Valhies Park Primary heet. So watter een is dit. Ek ken altwee die skole want ek woon ook in Valhalla en na regte val ons onder Pretoria en nie Centurion nie.

fish ·

Magtig anel. Die skool wat betrokke is, is Valhalla primary. Vhalliespark primary is die ou afrikaans skool wat nou dubble medium is. Plus Valhalla val onder Centurion. Kyk na jou water en ligte rekening.

legens ·

sjoe mense , en hier dink legens Valhalla is in Asgard . Maar EF is reg , dit gaan hier oor kindertjies .

Ekke ·

Lyk my die nuutste om nou se dae te sê is: “die situasie word gemonitor”…nou die dag toe die arme Kameelperk alleen op ‘n eiland dood gegaan het, was sy situasie ook gemonitor… wat probeer hul eintlik sê….. Net ‘n vraag….. word Selfstandige naamwoorde nie meer met ‘n hoofletter gespel nie… soos byvoorbeeld Departement, Polisie, Onderwyser, Beraders en talle ander in die berig. Hoe lyk dit maroela media ?? … pas net nie nê

Francois le Cochon ·

Die regte spelling is Walhella. Glo my, ek het daar standert vyf gedop!

GM ·

Julle laat my nou aan my een vriendin dink wat altyd ‘n ‘grand’ plek naby haar huis gekies het as verwysingsraamwerk as iemand vir haar vra waar sy bly. ‘Ek bly op die grens van … – in plaas van om die minder gegoede (nogsteeds gegoede buurt, maar nou nie dié buurt nie) se naam te noem. Pretoria, Centurion, wat maak dit tog saak. Dit gaan oor kinders wat gemolesteer is.

Elvira ·

Nee kyk, dat mense so onder mekaar tekere gaan oor Valhalla/Centurion laat my lag.

Piet Pompies ·

Die berig gaan oor ‘n beweerde molesteerder en ‘n geveg onstaan oor in watter area die skool is.
Gaan dit dalk oor die bo-dorp en onder-dorp, bo die matras of onder die matras, dalk ‘n sleutelbord oorlog met vingers wat bloei en ego’s wat seerkry.

teresa griesel ·

aantygings — aantuigings? verkeerde spelling in seksuele aanranding saak storie

Mariné Lourens ·

Dagsê Teresa Griesel

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die HAT (6de uitgawe) is aantyging inderdaad die korrekte spelling. “Aantyging (s.nw): kwaadwillige beskuldiging” (bladsy 12).

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Flintstone ·

Die onderwyseres in die kaap se naam word genoem.Wie is hierdie onderwyser?Of moet ons maar tussen die lyne raai?

Cherokee ·

Mense, kry jul feite op datum asseblief. Valhalla is in Verwoerdburg.

Herman ·

Ek het dit ook dat Valhalla in Verwoerdburg is. Ek is oorspronklik soontoe opgeroep vir Diensplig, maar het toe gelukkig daardie trein verpas en beland toe by 1SAI. Ek kan ook onthou dat ek later vir Verwoerdburg rugby gespeel het. Die nuwe gegons is vir my vreemd. Tog snaaks dat daar so min ophef van hierdie beweerde seksuele aanranding gemaak word. Vergelyk dit met die vorige debakel waar laatkommers eers eenkant moes sit, dan kan ons maar net raai wat hier aan die gang is… O ja, die situasie word gemonitor… hahaha…

Jannie ·

Ek dink maroela media moet volgende keer nie melding maak van waar ń voorval plaasgevind het nie, miskien sal dit help dat die mense kommentaar lewer oor die voorval en nie oor waar ń sekere plek geleë is nie.
Dis belangrik om te weet dat ń onderwyser ń aantal kinders in ń spesifieke skool gemolesteer het. Dis nuuswaardig en kommerwekend.

Schalk ·

As afrikaner,tipies raak so vasgevang dat die saak waaroor berig word ter syde gestel word.Ek is nuuskierig hoe lank julle nog begrafnis gaan hou oor name en waar.Ek glo die saak waaroor dit gaan verdien hoofletters,wees net versigtig wag maar vir die uitslag van die ondersoek of die monitor ek weet wragtig nie watter tor dit is. nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.