Centurion-seun in hof ná aanval op ouers

Ruan van Heerden (Foto: Facebook)

’n Tienerseun sou na verwagting Maandagoggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met ’n onlangse aanval op sy ouers in Centurion.

Dít volg nadat Barnie en Magda van Heerden, onderskeidelik 54 en 49 jaar oud, Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis in Pierre van Ryneveld oorval en met ’n skerp voorwerp aangerand is.

Maroela Media het Vrydag berig dat albei verskeie steekwonde tydens die voorval opgedoen het. Barnie kon daarin slaag om die egpaar se huishulp te roep, wat op haar beurt hulp ontbied het. Die egpaar is noodgedwonge na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die egpaar se 18-jarige seun Ruan is ure ná die voorval in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Stiaan Bekker, woordvoerder van die familie, het vanoggend aan Maroela Media gesê Magda het ernstige beserings in die voorval opgedoen en is in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal opgeneem.

“Albei sterk goed aan, maar emosioneel is dit vir hulle moeilik. Die polisie is besig met hul ondersoek en die proses moet sy loop neem,” sê Bekker. Bekker en Barnie is sakevennote by Veritas Eksekuteurskamers SA Edms. Bpk.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Ruan vanoggend in die hof sou verskyn.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte en ’n onbekende vrou na bewering die egpaar oorval en aangerand het.

Die twee verdagtes het daarna glo in Barnie se voertuig op die vlug geslaan. Dié voertuig is ure later verlate naby Tembisa opgespoor. Die polisie is steeds op die vroueverdagte se spoor en dit is onbekend wie sy is of hoe sy verwant is aan Ruan en sy ouers.

Maroela Media het op versoek van die familie besluit om nie ’n foto van Ruan se gesig te plaas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Mark ·

Die berig verwys na ‘n tienerseun maar is 18 dan nie volwasse in ons strafregstelsel nie. Vra maar net.

Elize ·

Die naam “tiener” kom van alle ouderdomme wat op “tien” eindig, Maw dertien tot negentien.

Hannetjie ·

So…nou is daar weer blaamverplasing…naamlik dwelms.Deesdae is dit of drank of dwelms wat die ‘aanvalwerk’ doen.Laat die reg sy loop neem.

Poplap ·

Wel in gister se Rapport word daar berig dat die seun in Desember uit n rehabilitasie sentrum in De Aar ontslaan is.

K Lange ·

Nee , dis n ander deuntjie . Rikke- tik , rikke-tik om die draai,. Rikke- tik , moenie by die deur uit waai . Uit ” oupa ry met sy ou Ford” . Maar skeinbaar n gegons soos by kaap Kenedy die volgende oggend

wielie ·

Wat gaan aan met die ” kinders ” van vandag??? Geen respek of waarde nie?

magda ·

Die kinders word vandag met handskoene hanteer – Goeie pak is uit en dit is wat gaan gebeur vorentoe – Goeie pakslae en minder ek, ek gaan, ek sal moet toegelaat word. My hart gaan uit na die ouers toe, maar hoop die seun kry die straf wat HY verdien.

Dewald ·

Magda, selfs volwassenes (veral jonger volwassenes) word met handskoene hanteer. Jy mag deesdae nie eens meer reguit kommentaar lewer nie. Alles moet ge “sugar coat” wees.

Hb ·

Hou op om te veralgemeen. My dogter het eendag langs n omie by die dokter gesit en hy het so begin met veralgemening van vandag se kinders is sis en so….. Wel sy wat so vriendelik is het later sy fortuin vir hom vertel. Ek wens ek kon dit hoor. Daar is maar net n paar vrot appels inni samelewing. As joune ni normaal is ni moenie dat jy ander so afkraak nie

M ·

Dankie HB! Hierdie keyboard warriors wat so veralgemeen het my meer warm onder die kraag as die seun in die berig.

Gaitsigubib ·

Korrek Dewald, as mens die waarheid praat beweeg jy op dun ys. Geen nuus is meer geloofwaardig nie.

Naomi Berger ·

Dink aan julle in hierdie baie moeilike tyd.
Kinders is jonk en vatbaar … wie weet wat se invloede op hom uitgevoer was .. nie dat dit ‘n verskoning is nie … maar kan die verduidelik sodat mens ksn verstaan.
Hoop julle herstel spoedig.
Hou vas aan julle geloof.
Mag Jesus julle deur dra.

Karl ·

Hy is n druggie, sy eie keuse. Niemand anders se skuld nie. Niemand het met n geweer teen sy kop gestaan en hom gedwing om drugs te vat nie.

Penellope Jones ·

Ai, mag hulle gou aansterk, fisies en emosioneel.

se net ·

En ons as ouers pluk die vrugte van die Staat se wet dat ons nie ons kinders mag tugtig nie. Jammer maar dit is nou die vrugte wat ons moet pluk. Die staat gaan mos teen die Bybel in. Nou is dit maar so.

Hannetjie ·

Glad nie nodig om lyfstraf vir ‘n kind te gee nie.Vat net al haar/sy se sakgeld..celfoon enige iets wat die persoon baie geniet..selfs ‘uitgaantye’ met pelle…weg vir ‘n tyd en hou daarby vir die tyd besluit.

Vra net ·

Se nie hy is onskuldig nie maar hoekom word sy naam, van en foto geplaas voordat hy gepleit het. Lees altyd v 3 verdagtes by plaas aanval maar geen name totdat hulle pleit.

JJS ·

Strafreg verbied identifisering van verdagtes voor verskyning en vir seksuele misdrywe voor pleit. Weet nie of die man al verskyn het nie.

Andrea van Vuren ·

Hierdie seun het opgeboude en onderdrukte woede in hom rondgedra. Hoe weet ons wat agter toe deure gebeur, dalk vir jare lank…

jaco ·

Dis nie polities korrek vir die SAPD om die ware aanranders van wit mense te vang nie. Amper altyd word ‘n wit familielid verdink en blameer.

J ·

Jaaaa Jaco, soos Oscar? Soos Breda? Soos die laaitjie van griekwa??

Diertjie ·

Dis vriende van my en hulle was wonderlike ouers vir Ruan gewees!! Hy is n aangenome kind. Weet hy het hulle baie moeilikheid gegee Maar deur dit als was hulle goeie ouers.

jakes ·

As n kind sy eie ouers aanval dan moet die knap onstabiel wees. Dit kan agv verskeie redes wees oa dwelms, geen respek vir sy ouers en die lewe nie of n uiters swak waardestelsel. Die beste medisyne vir so n meneer is die tronk waar bendes hom maniere kan leer.

charmaine ·

Op FB is sy gesig wys. Skandelik om jou ouers aan te rand het hy dalk gedink die testament sou hom ryk maak indien hulle sou sterf?

Andrea van Vuren ·

Nee Toy, ek glo daar is vele redes vir sy gedrag Moenie te gou oordeel nie.

Respek ·

Laat die sielkundiges praat met die ongelukkige seuntjie, dan sal hy mos luister en nooit weer so optree nie!

Niklaas ·

Was daai Don Steenkamp van Griekwastad nie ook ‘n aangenome kind nie ? Ander kleur misdadigers se identiteite word beskerm . Hierdie kêreltjie se foto was amper geplaas , maar dis toe weerhou deur die familie . Ek dink sy verweer gaan dwelms wees.

Blabla ·

Dankie dat jul die ouers se versoek, respekteer. Dit moet moeilik wees vir hulle.

Monique ·

Julle plaas nie ‘n foto van sy gesig nie maar wel sy naam – mense gaan mos nou op sosiale media gaan kyk wie hy is… maak nie sin nie….

Sharon venter ·

Dit is die tye waarin ons leef – toe ons jonk was het ons glad nie die blootstelling aan sekeredinge gehad wat vandag se kinders het nie. Vandag is dit dwelms , drank, aborsies, vrye toegang tot internet……en dissipline word nie toegelaat nie. Dit gese , ontneem ‘n kind van vooregte is ook ‘n vorm van dissipline. – dit moet net toegepas word.

Celine ·

Dit is in alle opsigte so hartseer. Gelukkig is die ouers nie oorlede nie. Pleks die regering doodstraf vir dwelmvervaardiging en handel instel, want op die ou einde is dit waar dit eindig; in misdaad, of selfvernietiging. Dit is uiterste hel vir ouers as hulle kinders dwelms of drank misbruik.

KG ·

Ek kry hierdie ouers grwrldig jammer en wens hulle ‘n spoedige herstel toe, alhoewel ek glo emosioneel sal dit moeilik gaan.

Dis baie moeilik om te sê presies wat die oorsaak is. Dis onregverdig om die ouers te wil blameer, veral as jy nie die feite het en/of die omstandighede ken nie. Nietemin bly dit ‘n hartseer situasie.

Gerda ·

Goed, laat ek sien…. dagga word gewettig,lyfstraf word onwettig verklaar en dan wonder ons hoekom ruk als hand uit.

Denise ·

Dit is vir my n baie hartseer sterkte aan die ouers!!! Respek vir jouself en jouself lief he so belangrik !!!

Annelize ·

Jip, hierdie arme ouers se lewe het in miljuisende stukkies versplinter. Vir al wat ons weet het hierdie ouerpaar die bes moontlike opvoeding vir hulle kind gegee, en die beste gedoen vir hom wat hulle kon.

Ongelukkig kan jy ‘n kind na die beste van jou vermoee grootmaak, as hy of sy besluit het om jou opvoeding by die deur uit te smyt en te maak en breek soos dit hom of haar pas, is dit so. Die feit dat hy reeds in ‘n Reabilitasie sentrum was, se vir my dat sy ouers genoeg omgegee het om hom nie aan sy eie lot oor te laat nie, maar helaas, dit blyk alles tevergeefs te wees.

Wielspore ·

Dit is hoe ‘n dwelm verslaafde optree, hy sal tot sy eie ouers vermoor om sy dwelm gewoontes te onderhou.

Lillu ·

Ek dink dis onnodig om hier uit te basuin dat hy ‘n aanneemkind is, dis sensitiewe inligting, wat beteken: net omdat jy dit weet, beteken beslis nie jy moet dit rondvertel nie.
Ek stem saam met vorige kommentaar: Dit bly jou kind.

wonder ·

DIS OMDAT DIE KINDERS NIE MEER PAKSLAE MAG KRY NIE!!!!!! ONS MOET DIE GOVERMENT BLAMEER VIR DIT…….. GEEN DESIPLIENE NIE!!!!!!!!!!!

GERHARD ·

Wonder, ek wonder hoe op aarde kom jy tot die gevolgtrekking?

Anoniem ·

Ek kan nie verstaan hoe ‘n kind teenoor sy eie ouers in opstand kom nie?? Hoe was sy opvoeding??

Mathys ·

Dis soos die Kayalami mense se voorval, almal is baie tevrede dat hulle lewenslange suspisie, dat geld nie klas kan koop nie, bevestig is, is hierdie weer ‘n gellendheid om allerande, tieners respekteer nie meer hulle ouers-gelowe te voed nie. Hou net op Afrikaner, vra jouself, wie is ek, wat is ons, wat gaan van ons word? Steriotiepe bevestiging, help niemand, behalwe die vyhand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.