Centurion-sinkgat: Pad meer as jaar later heropen

Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester van die Stad Tshwane, op die plek waar die sinkgat herstel is. Foto: Verskaf

Die dag waarop talle Centurion-motoriste al meer as ʼn jaar lank wag, het eindelik aangebreek.

Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester van die Stad Tshwane, sal vandag om 08:00 die gedeelte van Jeanlaan heropen wat al langer as ʼn jaar gesluit is nadat ʼn massiewe sinkgat onder dié pad gevorm het.

Die sinkgat, en gevolglike sluiting van die pad wat voorheen swaar verkeer moes dra, het erge verkeersontwrigting in dié gebied veroorsaak. Dit het die munisipaliteit R25 miljoen gekos om die sinkgat, wat aanvanklik so groot soos ʼn skoolsaal was, te herstel.

Msimanga, vergesel van verskeie top munisipale beamptes, was Dinsdag by die aansluiting van Jeanlaan en Gerhardstraat waar die sinkgat herstel is. Werkers was besig met die finale afrondingswerk, insluitend die aanbring van padmerke.

Solly Msimanga help die padbouspan om die laaste padmerke aan te bring voor die pad vandag (31 Oktober 2018) heropen sal word. Foto: Verskaf

“Ek het ʼn oorsigbesoek gedoen en gepraat met besigheidseienaars wat in ʼn groot mate  deur die Jeanlaan-sinkgat geraak is. Die sinkgat, wat massiewe ontwrigting aan besighede en die verkeervloei in Centurion veroorsaak het, is uiteindelik herstel – wat die weg baan vir die herstel van optimale sakebedrywighede in dié gebied,” het Msimanga gesê.

“Ek het die padbouspan gehelp om die laaste padmerke aan te bring en het verseker dat die pad gereed sal wees om Woensdagoggend heropen te word.”

Die sinkgat is in Mei verlede jaar deur kontrakteurs ontdek wat besig was met padwerke in dié gebied. By nadere ondersoek is gevind dat die sinkgat minstens 12 m diep en so groot soos ʼn skoolsaal was. Die dikte van die pad tussen die teer en die gat was slegs sowat 75 cm en die padoorgang is noodgedwonge vir die publiek en motoriste se veiligheid gesluit.

In Augustus is ʼn gedeelte van die aansluiting vir verkeer geopen nadat die eerste fase van die herstelwerk afgehandel is. Die gedeeltelike heropening van die pad het reeds die verkeervloei op Gerhardstraat aansienlik verbeter, aangesien voertuie wat vanaf ʼn noordelike of suidelike rigting gekom het, in ʼn oostelike rigting op Jeanlaan kon draai.

Die Stad Tshwane het R27,5 miljoen toegewys vir die herstel van vyf sinkgate in die 2017/2018-boekjaar. ʼn Bykomende R25 miljoen sal in die 2018/2019‑boekjaar vir die rehabilitasie van dié sinkgate beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

se maar net ·

ja ou Solly sal nou afshow want hy was NOOIT betrokke by die oplossing van die sinkgat nie .. die winkel eienaars moes eers hof toe voor daar iets gebeur het… nou wil ou Solly die eer en krediet hê WANT DIE VERKIESING IS MOS OM DIE DRAAI

Spark Plug ·

As daar nie vroegtydig herstelwerk gedoen word aan al die gate in die pad nie dan gaan nog n pad sy gat sien. Ek werk in centurion en die plek is vrot van die gate…mense is bang om snags of as dit reen te ry. Jou hele kar sal in die gat val en hulle sal jou nooit weer kry nie

Dina ·

Hoekom het dit so lank gevat? Dit wil voorkom of daar onnodige geld spandeer is aan mense wat die proses onnodig laat sloer het. N paar vragte grond sement en teer kan onmoontlik nie R25 miljoen kos nie.

Gemaskerde Sobeen ·

R25 miljoen? Nee wat….hulle kon maar net die gat oopgemaak het vir die mense wat bou-rommel die hele wêreld vol onwettig stort…….en daai gaatjie sou in ‘n week vol gewees het!!

Carl ·

Ek het vir `n rukkie in Oman in die midde-ooste gewerk. Daardie spul is so produktief en sou in alle waarskynlikheid die gat in een week herstel het. Dit was altyd interresant as jy van die werk af terug gekeer het huistoe, het hulle `n hele stuk pad klaar gebou.

Realis ·

@Carl – Moet nou nie lelik wees nie. In Oman word slegtigheid, luiheid en korrupsie nie geduld nie. Daar is iemand in beheer wat weet sy kop gaan waai (letterlik) as hy nie vinger trek nie. Hier het ons “honourable members” wat eers moet skep vóór hulle werk. Hier moet daar mos eers komissies en rade aangestel word net om seker te maak die gat is nie op een of ander manier die witman se skuld nie.

tokkie ·

Ons was verlede jaar in Australia waar hulle ‘n lang stuk pad herstel en oorgedoen het. Daar was seker 10 mense op site gewees en hulle het gewerk nie gepoer poer nie. Wonder hoeveel “werkers” was nodig vir die stukkie werk

riaan ·

solly het die werkers gehelp NET OM BROWNIE POINTS TE SCORE voor volgende jaar se verkiesing!

As die sinkgat in Mamelodi of Atteridgeville of Garankuwa, ens. was was dit binne dae opgevul want solly koop mos die swart stemme met belastingbetalers se geld en ons weet mos nou al hoe sekere mense “toi-toi” as hulle nie kry wat hulle “demand” nie?
DA in Pretoria is pateties!

SjN ·

Die bedrag klink vir my hopeloos te veel, as elke persoon wat staatstoelae ontvang net n sakkie grond daar ingooi in ruil vir die geld aan hul uitbetaal, was die sinkgat alreeds gevul, waarde van geld word nie besef nie.

Eksê ·

Het in Duitsland gebly en gesien hoe selfs vroue padwerke doen. Minimum mense aan diens groot produktiwiteit. N woonstelblok word beveilig , afgebreek en heropgebou in minimum tyd. Wat n produktiewe klomp mense

B-man ·

As ‘n padmaker kan ek sê dat die publiek altyd hulle mes inhet vir die die ouens op terrein en padeienaars (Gautrans, SANRAL, TRAC ens.), maar wanneer die werk klaas is is almal verheug oor die nuwe mooi pad wat so lekker ry. Hierdie is ‘n eerste vir my dat mense na die tyd ook kla. Hoeveel kommentators hier pendel oor hierdie deel? Laat hulle maar eerder kommentaar lewer. Wees bly dat die munisipaliteit geld beskikbaar stel vir instandhouding op sinkgate, want Centurion is gebou op dolemiet en sinkgate sal aanhou vorm. Wees eerder kwaad oor die swak dreinering of ondergrondse lek wat die probleem veroorsaak het (dalk een van daardie besigheidseienaars wat ‘n onwettige stormwatersloot/pyp – soos by ‘n karwas, bv. – aangebring het)!

se maar net ·

@B-MAN jy verstaan nie die woord instandhouding nie so weet jy skoenmaker hou jou by jou lees

riaan ·

B-man

Is jy nou solly se nuwe pom-pom girl?

Bly by die feite. Mense bevraagteken die tydsduur van die projek en die astronomiese kostes.

Ek is van Centurion en ek is ten volle bewus van die dolomiet gevaar. (Ek moes bv. drie toetsgate laat boor voor ek kon bou) Ek is egter oortuig dat solly en sy administrasie nie van die dolomiet gevaar weet nie en/ of dit maar net ignoreer veral as mens sien hoeveel nuwe ontwikkeling spring orals op TEN SPYTE VAN DIE DOLOMIET GEVAAR.

Nog ‘n ding, is die Munisipaliteit nie verantwoordelik vir dreinering en lekkasies nie?

Jy is obviously nie van Centurion nie en was ook nog nooit by die kruising nie anders sou jy nie sulke snert kwyd raak nie. Die karwas is amper 100 meter van waar die sinkgat ingeval het. Dink jy regtig die garage eienaar kon ‘n 100 meter onwettige pyp onder deur sy garage vloer (teer) aanle! I think not!

Anoniem ·

In eerstewêreld lande word die werk so koste effektief en produktief as moontlik gedoen. Onthou in SA is daar BEE en my oompie en sy “ancestors”, asook die korrupte amptenaar wat moet geldmaak.

keelvol ·

kan Solly Msimanga asb vir Ina Strydom van wyk 66 vra om die inwoners van haar wyk behulpsaam te wees aangesien sy die lede blok op haar selfoon wat deur die kiesers betaal word .. sy is onbehulpsaam en onproduktief maar die belastingbetaler betaal haar n salaris sy doen dit nie verniet nie, hierdie is die DA vir jou hoor

riaan ·

keelvol

Dit is nie net Strydom nie. Hierdie soort gedrag is van heel bo (solly homself). DA raadslede ken ons net as hulle stemme soek.

Gert Visser in PvR/ Irene is maar net so pateties. Antwoord nie sy e-posse nie en het hom nog nooit weer na die vorige verkiesing gesien nie.

Stripes ·

My Voorsate het nie skoene gahad om oor die klipperige berge te loop nie so ek sit nogsteeds in die Kaap Provinsie maar probeer jaarliks in julle area kom om vir familie te kuier. Ek kan die mense se frustrasie verstaan en veral oor dit so lank geneem het. Hou asb net in gedagte dat in sulke gevalle moet die korrekte grond in die gat ingery word, vanwaar dit ookal beskikbaar is. Die voertuie moet ook deur die verkeer aanploeter en weer terug. Kompaktering moet van onderaf gedoen word en gereelde kompaksie toetse/voginhoud moet gedoen word. Ek sou reken dat meer spanne/mense gebruik kon word om die werk vinniger af te handel. Skofte kon gewerk word om 24uur dekking te gee. Wat die kostes van R25 mil aanbetref, ek weet nie of daar verwys word na ‘n plaasskool se saal of wat nie en dit is wat my so bietjie verras. Hulle weet presies hoe diep die gat was en hoeveel grond tussen die pad en die gat was maar nie die omtrek van die gat nie. As hulle nou al die e-tol strukture afgebreek het en in die gat gegooi het sou dit vinnig vol gewees het en baie goedkoper. Na alles is ek bly dat die verkeer weer glad kan vloei en padwoede so bietjie minder kan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.