Centurion-sinkgat: Só lank gaan herstelwerk duur

Die kruising waar die sinkgat ondergronds gevorm het. Foto: Google Earth

Dit gaan nog nagenoeg nege maande en minstens R25 miljoen kos om die sinkgat in Jeanlaan in Centurion op te vul en die pad te herstel.

Cilliers Brink, burgemeesterskomiteelid vir streek 4 waar die sinkgat ingeval het, het Vrydag gesê hoewel dit na raming nege maande lank gaan neem om dit te herstel, word onvoorsiene vertragings nie met dié tydperk bygereken nie.

“Die herstelwerk begin tydens die reënseisoen. Daar kan vertragings wees weens reënval en nat grondtoestande, sowel as die beskikbaarheid van gespesialiseerde toerusting en die beskikbaarheid van kontrakteurs in Desember,” het Brink gesê.

Die sinkgat het reeds grootskaalse ontwrigting vir verkeersvloei en die omliggende sakeondernemings veroorsaak nadat dit in Mei vanjaar by die kruising van Jeanlaan en Gerhardstraat gevorm het.

Maroela Media het vroeër berig kontrakteurs wat opknappingswerk in die omgewing gedoen het, het op die sinkgat afgekom voor dit heeltemal ingeval het. Dit is minstens 12 m diep en so groot soos ʼn skoolsaal. Die paddikte tussen die teer en die gat is slegs sowat 75 cm en die kruising is noodgedwonge vir die publiek en motoriste se veiligheid gesluit.

“Groot dele van Centurion en Laudium is op dolomiet gebou wat vatbaar is om in te val as dit met ʼn groot konsentrasie suurwater in aanraking kom,” het Brink bygevoeg.

Brink het gesê daar is tans 24 sinkgate in Pretoria, waarvan 23 in Centurion is. “Oor die afgelope jare [onder ANC-beheer] het die stadsraad nie voldoende begroot om sinkgate te herstel nie. Om al die stad se sinkgate dadelik te herstel sal nagenoeg R60 miljoen kos, en ons het onderneem om die probleem oor die volgende finansiële jaar aan te spreek. Intussen word plekbepaling, geologiese ondersoeke en periodieke monitering van die sinkgate gedoen.”

Die sinkgat in Jeanlaan geniet hoë prioriteit. Dié aansluiting is een van die hoofroetes in Centurion wat nagenoeg 40 000 voertuie per dag hanteer het. Al hierdie voertuie moet nou van alternatiewe roetes gebruik maak.

Die ander twee sinkgate wat ook so gou as moontlik herstel gaan word, is in Clubview, wat sowat R3 miljoen gaan kos en nagenoeg 900 huishoudings raak, en in 2de Laan in Claudius, wat sowat R15 miljoen gaan kos.

Die ingang na die sinkgat. Foto: Via Edward Bromfield / Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Dis die verskil tussen AFRIKA en JAPAN ñ baie groter sinkgat het 24 uur gevat toe is tot die strepe op die pad al geverf

Toppie ·

Hier word die strepe oor die sinkgat geverf nog voor dit herstel is.

Johanna Botha ·

Ek onthou die sinkgat in Japam wat in die syad ingeval het ….dit was groot en oornag herstel …hoekom vat dit so lank hier ….onkunde of iemand steel weer geld !

Hendrik van George ·

Nou bietjie lugtig om in Centurion rond te ry….. hoeveel keer is ek nie oor daai einste kruising nie?

Eddy ·

Ja nee veskriklik net nie dit nie. Jou rok sal vuil word as jy in daai gat moet val, o jinnne

Vannessa ·

9 maande om die gat te vul ? Genade, gaan n enkele werker dit met n teelepel doen?

Daan ·

Dis werkskepping.Die sinkgat kon al voor die reenseisoen herstel gewees het en al die bourommel in die omgewing kon dit opgevul het.

Chris Beets ·

Ai mense moet ophou myn onder die grond, ek dink ons het genoeg diamante nou – nou le ons daar waar die diamante vandaan kom.

Johan ·

Baie jare terug in die 70’s tydens die verbreding van Cantonments laan, het daar ook ‘n massiewe sinkgat in die pad oppervlak ingeval. Die destydse stadsraad het binne ‘n tydperk van ‘n week, met die beperkte mansjienerie van daai tyd, orals grond en klip bymekaar gemaak en die gat opgevul. Die verskil was toe was daar nog dienende raadslede met ‘n missie, raadslede sonder ‘n salaris. In die dag het hulle ander werk gedoen en vanaand raadsaal toe gegaan. Lyttelton was toe nog ‘n spogplek. Daar was nie ‘n begroting daarvoor nie maar dit was net gedoen. Hoekom gaan dit nou 9 maande vat om dit te doen? Is daar ander “belangriker” prioriteite soos salarisse en bonusse?

Johannes van Staden ·

9 MAANDE ? Hoor of lees ek reg …asb Centurion wat gaan daar aan ….julle is n joke !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.